|
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |

Nadat Josef en Maria Yahushua in die Tempel voorgestel het, word ons vertel dat die kindtjie gegroei en sterk geword en in wysheid toegeneem het:
Lukas 2:40 En die Kindjie [Yahushua] het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van Yahuwah was op Hom.
“En die Kindjie [Yahushua] het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van Yahuwah was op Hom.” (Lukas 2:40)
|
Toe Yahushua twaalf jaar oud was, het hy met sy gesin na Jerusalem gereis vir die Paasfees. Op hul terugtog na Jerusalem, het sy ouers besef dat hy nie onder hulle was nie. Hulle het na hom gesoek en hom in die Tempel gevind, te midde van die leraars:
Lukas 2:46-47 En ná drie dae het hulle hom in die tempel gevind, terwyl Hy in die midde van die leraars sit en na hulle luister en hulle uitvra. 47 En almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy verstand en sy antwoorde.
Lukas sluit hierdie storie in omtrent die Messias-in-wording deur weereens te sê, dat Yahushua toegeneem het in statuur en wysheid:
Lukas 2:52 En Yahushua het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by Yahuwah en die mens.
As Yahushua Yahuwah is, nes ortodoksie aanspraak op maak, stel hierdie verse `n groot probleem voor. Hoe kan Wysheid-oneindig voortdurend toeneem in wysheid? As Yahuwah, sou hy natuurlik hierdie karaktertrek besit het. Boonop skryf Lukas dat Yahushua ook nog Yahuwah se genade en guns ontvang het in toenemende mate. Indien Yahushua Yahuwah is, waarom sou Yahuwah behoefte het aan genade en guns van Yahuwah? Hierdie is self-kontrasterende stellings.
Sommige mag dalk teëspreek dat net Yahushua se menslike natuur in wysheid toegeneem het, terwyl sy goddelike natuur ewig besit was. Maar die teorie van Christus se tweeledige-nature, ook bekend as die hipostatiese eenheid, is nêrens in die Skrifte te vinde nie:
Daar is geen direkte besprekings in die Nuwe Testament aangaande die tweeledige nature van die Persoon van Christus as beide goddelik en menslik nie, en sedert die vroeë tye van Christelikheid, het teoloë verskeie sieninge gedebateer oor die insig van hierdie nature, wat by tye ekumeniese raadsittings, en skeurings tot gevolg gehad het.10
Die konsep van Christus se tweeledige nature het oor `n aansienlike periode ontwikkel. Dit was nie tot en met die Raadsbesluit van Chalcedon in 451 AD dat die leerstelling amptelike Kerk dogma geword het nie.
|
Baptiste teoloog, Millard Erickson skryf inderdaad:
[Yahushua se tweeledige nature] is een van die moeilikste teologiese probleme, binne die Drie-eenheid…Die kwessie word verder gekompliseer deur die relatiewe gebrek aan Bybelse materiaal waarmee gewerk word. Ons het geen direkte stelling in die Bybel omtrent die verhouding van die twee nature nie.11
Addisioneel, erken Bybel geleerde en professor, Charles Feinberg, dat die leerstelling van Yahushua se tweeledige nature nie in die Skrifte gevind kan word nie:
Wanneer ons soek na insig in die hipostatiese eenheid in haar implikasies, daardie kenmerke en faktore daarin betrokke, is dit nie lank voordat ons vind dat die Nuwe Testament geen sistematiese of formele uitleg van die leerstelling van die twee nature in die Persoon van Christus bevat nie.12
Dit is omdat die konsep van Christus se tweeledige nature ontwikkel het oor `n aansienlike periode. Dit was nie tot en met die Raadsbesluit van Chalcedon in 451 AD dat die leerstelling amptelike Kerk dogma geword het nie. Die kompleksiteite en teenstrydighede van hierdie spekulatiewe leerstelling moet nog bevredigend opgelos word. Maar wat duidelik is, is dat Yahushua in wysheid toegeneem het.
Christus, die Wysheid van Yahuwah
Die Jode het geglo dat Yahuwah deur Sy wonderwerkende mag bekend gestel was; daarom, het hulle vir tekens gevra.12 Aan die ander kant, het die Grieke na God gesoek deur filosofie (die liefde, ondersoek, of studie van sophia, o.a., wysheid). Maar Yahuwah het gesê dat die wêreld nie tot kennis van Hom sal kom deur hul wysheid nie.14 Hoe, dan kom die mens tot wysheid van Yahuwah? Deur die Christus wat Hy gestuur het:
1 Korinthiërs 1:23-24 maar ons verkondig Christus wat gekruisig is, `n struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke; 24 maar vir die wat geroep is, Jode sowel as Grieke: Christus, die krag van Yahuwah en die wysheid van Yahuwah.
Sommige interpreteer dat om te beteken dat Yahushua Yahuwah is sedert van hom gesê word om Yahuwah se mag en wysheid te wees. Maar, die Skrifte getuig dat Yahuwah het beide Sy mag en Sy wysheid deur die mens, Yahushua gemanifesteer of bekend gemaak. Ongelukkig, blyk dit`n struikelblok vir sommige te wees:
Petrus het gesê dat toe Yahushua wonderwerke gedoen het, was dit Yahuwah wat deur hom gewerk het.
|
Matthéüs 13:54-57 En Hy het in Sy vaderstad gekom en hulle geleer in hul sinagoge, sodat hulle verslae was en gesê het: Waar kry Hy hierdie wysheid en kragte vandaan? 55 “Is Hy nie die seun van die timmerman nie? Is die naam van sy moeder nie Maria en dié van sy broers Jakobus en Joses en Simon en Judas nie? 56 “En sy susters, is hulle nie almal by ons nie? Waar kry Hy dan al hierdie dinge vandaan? 57 En hulle het aanstoot aan Hom geneem. Maar Yahushua sê vir hulle: “`n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en in sy huis.”
Waar het Hy al hierdie wysheid en kragte vandaan gekry? Volgens die Skrifte, van Yahuwah? Petrus het gesê dat toe Yahushua wonderwerke gedoen het, was dit Yahuwah wat deur hom gewerk het:
Handelinge 2:22 “Israeliete, luister na hierdie woorde! Yahushua, die Nasaréner, `n man wat deur Yahuwah vir julle aangewys met kragte en wonders en tekens wat Yahuwah deur Hom onder julle gedoen het, soos julle ook weet -15
Yahushua is nie die Almagtige God nie maar die middel waardeur Yahuwah Sy magte vertoon het. Aangaande Christus wat goddelike wysheid besit, het die profeet Jesaja hiervan getuig toe hy omtrent die komende Messias (Christus) geskryf het.
Jesaja 11:2 en op Hom sal die Gees van Yahuwah rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van Yahuwah.
Die Messias sal die gees van Yahuwah gegee word en, veral, die gees van wysheid. Nie dat hy Yahuwah is nie, maar dat hy sal optree in Yahuwah se wysheid, bemagtig deur Yahuwah se Gees. Net so, het Paulus gebid dat die God van Yahushua gelowiges in Efese dieselfde gees van wysheid sou gee:
Efesiërs 1:17 dat die God van onse Here Yahushua Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee.16
Yahushua het aan ons geword wysheid van Yahuwah
Paulus se brief aan die Korinthiërs voorsien ons met steeds meer insig aangaande Yahushua wat die wysheid van Yahuwah is:
Maar deur Hom [Yahuwah] is julle in Christus Yahushua, wat vir ons geword het wysheid uit Yahuwah en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.
"Maar deur Hom [Yahuwah] is julle in Christus Yahushua, wat vir ons geword het wysheid uit Yahuwah en geregtigheid en heiligmaking en verlossing. (1 Kor. 1:30)
|
Die konteks van hierdie vers bespreek hoe Yahuwah, in Sy wysheid, vas stel dat die kruis van Christus die middel van verlossing sou wees. Sommige beskou die boodskap as dwaasheid, maar vir die verlostes, is dit die mag van Yahuwah.17 Daarom het Yahushua die wysheid van Yahuwah gemanifesteer en vervul aan diegene wie geglo het. Hierdie wysheid het nie sy oorsprong met Yahushua gehad nie maar het van Yahuwah gekom, nes die gedeelte sê.
Addisioneel, verwoord Paulus sy verlange vir die kerk in Kolosse om `n ware kennis van Yahuwah se verborgenheid te hê, dit is, Christus, die hoop van verlossing vir die Jode en ook vir die Heiden:18
Kollosense 2:2-3 dat hulle harte vertroos mag word, deurdat hulle saamgevoeg word in die liefde en tot alle rykdom van die volle versekerdheid van insig, om die verborgenheid te leer ken van Yahuwah en die Vader en van Christus, in wie al die skatte van wysheid en kennis verborge is.
Paulus sê nie hier dat Christus die God van wysheid en kennis is nie, maar dat Christus is hoe ons dit kan verkry. The Good News Translation stel dit so:
Op hierdie manier sal hulle God se verborgenheid ken, Christus homself. Hy is die sleutel wat al die verborge skatte van God se wysheid en kennis ontsluit.
Net `n paar verse verder, waarsku Paulus die kerk teen pogings om wysheid en kennis te verkry deur een of ander middel anders as Christus:
Kolossense 2:8 Pas op dat niemand julle as buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietig misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.
Nadat Yahuwah Yahushua uit die dood opgewek het was die Christus waardig geag om selfs meer wysheid te ontvang...
|
Yahushua Waardig Geag om Wysheid te Ontvang
Nadat Yahuwah Yahushua uit die dood opgewek het en hom verhoog het om aan Sy regterhand te sit, was die Christus waardig geag om selfs meer wysheid te ontvang, onder ander heerlike dinge:
Openbaring 5:12 en met `n groot stem het hulle gesê, “Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof.
Indien Yahushua die wyse, alwetende God is, sal dit geen sin maak nie omdat hy aangebore en ewig hierdie dinge besit het. Maar die konteks help ons om te verstaan dat Yahushua waardig geag is om hierdie wonderlike gawes van Yahuwah te ontvang omdat hy Yahuwah gehoorsaam was, sefs tot die dood toe.
Komplekse, post- Bybelse Redenasie of die Geïnspireerde Tekste?
Die hersiende tekse openbaar kritiese foute in die post-Bybelse teorie dat Yahushua `n godheid is.
As voorbeeld, as Yahushua Yahuwah is…
- Waarom moet hy met die Heilige Gees vervul word?
- En, waarom benodig hy die gees van wysheid as hy Wysheid is?
- Hoe sou Wysheid-oneinig wysheid word? Waarom sou Yahushua Yahuwah vrees as hy Yahuwah is?
Daar is geen rasionele, Bybelse antwoord op hierdie vrae nie. Maar, as Yahushua die mens is wie deur Yahuwah verhoog is om oor die wêreld te heers onder Sy outoriteit,19 sou hy goddelike wysheid benodig het, selfs meer as Salomo. En sou hy die vrees van Yahuwah benodig, want die Skrifte leer dat dit die begin van wysheid is.20
Instede daarvan om na komplekse, post-Bybelse redenasies te gaan, soos die hipostatiese eenheid, om te verstaan hoe Yahushua in kennis toegeneem het, moet ons steun op die antwoorde voorsien deur die geïnspireerde tekse. Wanneer ons onsself in lyn bring met Yahuwah se woord en aanvaar dat Yahushua die menslike Messias is, verstaan ons sy behoefte aan Yahuwah se wysheid, genade, en guns.
Bron: https://onegodworship.com/jesus-the-wisdom-of-god/
1 Strong’s Exhaustive Concordance of the Bible; Thayer’s Greek Lexicon.
2“Wisdom,” Dictionary.com, accessed 10-8-19.
3 “Wisdom,” American Heritage Dictionary of the English Language, Fifth Edition, (Houghton Mifflin Harcourt Publishing Company 2016), accessed online 11-13-19. https://www.ahdictionary.com/word/search.html?q=wisdom
4 1 Korinthiërs 3:19.
5 Jakobus 3:15-16.
6 Jakobus 3:13-18.
7 Sien ook: Spreuke 2:6; Psalm 51:8 (HCSB).
8 “Wisdom,” Unger’s Bible Dictionary, (Chicago, IL: Moody Press, 1966), p. 1170.
9 1 Konings 3:12; 4:29-31, 34; 10:4-10, 24.
10 Christology, Wikipedia, toegang verkry 11-11-19.
11 Millard J. Erickson, Introducing Christian Doctrine, (Grand Rapids, MI: Baker Book House, 2001), p. 234.
12 Charles Lee Feinberg, “The Hypostatic Union,” Bibliotheca sacra 92, no. 368 (1935): 412.
13 Johannes 2:18; 6:30; Matthéüs12:38-39; 16:1-4; Markus 8:11; Luke 11:16, 29; 23:8.
14 1 Korinthiërs 1:18-22.
15 SIen ook Handelinge 10:38; Johannes 10:32; 14:10, ens.
16 Die definitiewe artikel “a” is nie teenwoordig in die Grieks nie. Dus kan “`n gees van wysheid” ook regmatig vertaal word as “die gees van wysheid”
17 1 Korinthiërs 1:18-31.
18 Die verborgenheid is dat Yahuwah verlossing aan die Heidene ook beskikbaar gestel het. Sien Kollosense 1:25-29 en Efesiërs 3:3-13.
19 1 Korinthiërs 15:15-28.
20 Spreuke 9:10, Psalm 111:10.
Hierdie is `n nie-WLC artikel Bron: https://oneGodworship.com/Jesus-the-wisdom-of-God/
Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verderaan, het ons uit die Skrifte aangehaal al die name van die Vader en Seun, vervang soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is – WLC Span






