Die Hedendaagse Sewe Dae Week: Die Ondersoek na die Geskiedenis van ʼn Leuen.
Christene wat aanbid op Sondae se gebruike is gegrond volgens die geloof dat Christus verrys het uit graf op Sondag. Jode en Christene aanbid op Saterdag omdat dit die sewende dag van die week is. Beide partye grond hulle geloof, en sodoende ook hulle gebruike, volgens ʼn veronderstelling. Die veronderstelling is dat die verloop van dae nie verander was gedurende die tyd toe die Juliaanse kalender oorgegaan het na die Gregoriaanse kalender, en dat die hedendaagse week identies is volgens die Bybelse week is. Vir die rede is die “logiese gevolgtrekking,” dat Saterdag inderdaad die Bybelse Sabbat is, en dat Sondag inderdaad die dag is waarop Christus herrys het vanuit die graf. Alhoewel, die feit is dat die Juliaanse kalender self hierdie veronderstelling as vals bewys het.
ʼn Baie bekende spreukwoord is dat diegene wat die geskiedenis vergeet het, verdoem is om die foute van die geskiedenis te herhaal. Soortgelyks, is diegene wat nooit die feite oor die geskiedenis van die kalender geleer het, en hulle volle geloof opgerig het op ʼn foutiewe fondament: die veronderstelling dat die weke se siklus aaneenlopend is, en sonder onderbreking sedert die Skepping. Dit is van wesenlike belangrikheid vir almal, ongeag van hulle godsdiens, om die geskiedenis van die Juliaanse kalender te bestudeer. Deur die samevoeging van al die ontbrekende historiese feite om die legkaart te voltooi wat bekend maak wanneer die aaneenlopende weeklikse siklus van sewe dae die standaard geword het vir die meting van tyd – en was dit nie gedurende die Skepping.
Juliaanse Kalender Tot Stand Gebring
Die kalender van die Romeinse Republiek was gegrond volgens die maan se fases. Heidense Romeinse priesters wat die naam van pous gehad het, was verantwoordelik vir die regulering van die kalender. Omdat die pouse ook politieke ampte kon beklee, het dit voorsien aan die geleenthede vir misbruik. Deur die byvoeging1 van ʼn bykomende maand, en kon die gunsteling politici langer hulle amp beklee, terwyl as daar nie die nodige byvoeging was, sou dit die termyn van die politieke opponente verkort.
Gedurende die tyd van Julius Caesar, was die maande heeltemal uit lyn met die seisoene. Julius Caesar het sy reg2 uitgeoefen as pontifex maximus3(hoëpriester) om die kalender te hervorm, en was dit ʼn omslagtige en onakkurate kalender.4
Gedurende die middel van die 1ste eeu v.C. het Julius Caesar, Sosigenes ʼn Alexandriese astroloog genooi om hom te adviseur oor die hervorming van die kalender, en het Sosigenes besluit dat die enigste praktiese stap was om die geheel en al van die maan kalender afstand te doen. Maande was gerangskik volgens grondslag volgens die seisoene, en ʼn tropiese (son) jaar is in gebruik geneem, volgens die Egiptiese kalender.....5
Let wel dat deur Sosigenes se groort nuwigheid daar afstand gedoen is van die kalandering volgens die maan:
Die groot probleem wat enige [kalender] hervormer in die gesig staar is dat daar blyk te wees geen manier van verandering wat steeds toelaat, dat die maande inpas is met die fases van die Maan, en die jaar volgens die seisoene. Benodig dit om ‘n wesentlike breek te maak met die tradisionele hulpmiddel vir die berekening van ʼn doeltreffende kalender volgens die seisoene.6
Om die nuwe kalender in harmonie met die seisoene te bring benodig dit om ʼn bykomende 90 dae by te tel tot die jaar. Dit het plaasgevind gedurende 45v.C., en het dit ʼn jaar 455 dae geskep. “Hierdie jaar van 455 dae is in algemeen deur chronoloë genoem die jaar van verwarring, en baie gepas deur Marcrobius genoem die laaste jaar van verwarring.”7 Die eerste stukkie van die legkaart vir die vasstelling van die waarheid van die kalender, is om te besef dat die Juliaanse week van 45v.C., nie gelyk het soos die Juliaanse week toe Pous Gregorius XIII dit verander het, en sodoende nie lyk soos die hedendaagse Gregoriaanse week van vandag. Dit is die eerste veronderstelling wat deur beide die Jode en Christene gemaak word, ongeag die dag waarop hulle aanbid.8
Die Juliaanse kalender, soortgelyk as die calender van die Republiek tevore, het bestaan uit ʼn agt dae siklus.
Die Romeinse agt dae week was bekend as die internundinum tempus of “die tydperk tussen die negende dag aangeleenthede.” (Hierdie term moet verstaan word in die konteks van die antieke Romeinse wiskundige gebruike van ingeslote telling, waardeur die eerste dag van die siklus ook getel word as die laaste dag van die voorafgaande siklus.9) Die “negende dag aangeleentheid” rondom waarom hierdie week gedraai het, was die nundinae, ʼn wedekerende mark dag wat gereeld gehou was elke agt dae.10
Die vroeë Juliaanse kalenders was nie saamgestel in roosters soos die hedendaagse kalenders, maar was die datums gelys in kolomme, waar die dae van die week aangewys is deur die letters van A tot H.11 As voorbeeld, het Januarie begin met dag “A” en het dit verder deur beweeg tot die agtste dae van die week, met die laaste dag van die maand as dag “E.” Verskillend van die Hebreeuse kalender, het die Romeinse kalender ʼn aaneenlopende weeklikse siklus gehad. Omdat Januarie geëindig het op dag “E,” het Februarie begin op dag “F.” Soortgelyk, het Februarie geëindig op dag “A,” en het Maart begin op “B”:
A k12 Jan F k Feb B k Mar B G C C H D D A E E, ens. B, ens. F, ens.
Die volgende is ʼn herkostruksie13 van die Fasti Antiates, die enigste bekende voor Juliaanse kalender wat bestaan,14 en terug dateer tot die 60 jaar v.C., wat gevind is op die terrein van Nero se Villa te Antium.
Die Fasti Antiates – se herkonstruksie is die enigste voor Julaiaanse kalender wat bestaan.
Hierdie kalender was geverf op gips met die letter A wat in rooi geverf is om die begin van die week aan te dui. Die maande is gerangskik in 13 kolomme. Januarie op die linkerkant, begin op dag “A” en eindig op dag “E.” Aan die onderkant van elke kolom is groot Romeinse nommers wat wys op die aantal dae in daardie maand. Die verre regterkant se kolom is die 13de bygevoegde maand. Daar is bykomende te sien is naas die letter van die week. Dit het aangedui watter soort van besigheid kon gedoen kon word op daardie dag.
Al die voorbeelde van die Juliaanse fasti, of kalenders dateer vanaf Augustus 15 (63 v.C. tot 14n.C.) tot die tyd van Tiberius (42 v.C. tot 37 n.C.) As die veronderstelling reg is dat Saterdag die Bybelse Sabbat is omdat die weeklikse siklus nie onderbreek is, met die kalender verandering vanaf die Juliaanse kalender na die Gregoriaanse, kan dit maklik bewys word deur die vroeë kalenders wat nog steeds bestaan. ʼn Voorbeeld van die Juliaanse fasti is op hierdie klip gedeeltes van klip bewaar, en voorsien dit aan die bevestiging van die tweede bewys vir die legkaart, en vir die vasstelling van waarheid oor die kalender geskiedenis. Die agt dae week is duidelik waarneembaar op hulle en bevestig dit dat die agt dae week was steeds ingebruik deur die Romeine gedurende, en die onmiddelike opvolg van die lewe van Christus.
Dit is belangrik om te onthou dat die Bybelse week as ʼn individuele eenheid van tyd omskryf word in Genesis 1, en bestaan dit net uit sewe dae: ses werksdae wat opgevolg word deur ʼn Sabbatsrus op die laaste dag van die week. Die agt dae weeklikse siklus volgens die Juliaanse was in gebruik gedurende die tyd van Christus. Alhoewel die Israeliete nie die sewende dag Sabbat sou onderhou het volgens die die agt dae weeklikse siklus van die Juliaanse kalender.. Dit sou vir hulle afgode diens gewees het. Self die toe die Juliaanse week verkort is tot sewe dae ʼn week, het dit nie ooreengestem met die siklus van die Bybelse week, en ook het dit ooreengekom met die hedendaagse week wat ingebruik is vandag.
Sewe – dae week volgens die Planete
Die aftakeling van die agtdae Romeinse week was veroorsaak deur twee omstandighede: A) die uitbreiding van die Romeinse Ryk16 wat die Romeine blootgestel het aan ander godsdienste en op sy beurt, daartoe gelei het dat tot B) die opkoms van die kultus van Mithra.17 Die rol wat Mithraïsme gespeel het in die herstrukturering van die Juliaanse week is van betekenis dat dit in sterk mededinger was van die vroeë Christendom.18
Dit blyk of daar ʼn soort van geestelike genie beheer gehad het oor die heidense wêreld, en dit so bestel het dat die heidense planetêre week ingestel moes word net op die regte tyd, vir die mees gewilde Son kultus van alle eeue om saam te gaan om die dag van die son te verhef bo en meer heilig as al die ander dae. Dit was veseker nie sonder toeval.19
Deur hierdie twee feite, het die Juliaanse kalender begin met die eeue lange evolusionêre proses wat geëindig het in die soos ons dit vandag ken. Die oorspronklike sewe dae planetêre week is die derde, en laaste gedeelte van die legkaart, en is dit die bewys dat Saterdag nie die Bybelse Sabbat is, en ook nie dat Sondag die eerste dag is van die Bybelse week. Hierdie verandering het ʼn paar honderd jaar geneem. Franz Cumont, wat groot en deels gesien word as ʼn groot gesag oor Mithraïsme, verbind die aanvaarding van die sewe dae week deur die Europeërs aan die aan die gewildheid wat Mithraïsme gehad in heidense Rome:
Dit moet nie betwyfel word dat die verspreiding van die Iranse [Persiese] geheimenisse dit ʼn aansienlike aandeel gehad het vir die heidene se algemene aanvaarding van, die week met Sondag as ʼn heilige dag. Die name wat ons gebruik, en onbewus is van die ander ses dae, is in gebruik geneem op dieselfde tyd toe Mithraïsme sy volgelinge gewen het in die provinsies van die Weste, en dat ons nie haastig moet wees die vasstelling van die verband van sy oorwinning, en die verskynsel van die gepaardgaande omstandighede.20
Deur Astrologie en Godsdiens Onder die Grieke en Romeine, benadruk Cumont verder die invloed van hulle heidense oorsprong, en die onlangse aanvaarding van die sewe dae week met Sondag as sy heilige dag:
“Die voorrang wat gegee is aan die dies Solis [die dag van die Son] het verseker daartoe bygedra vir vir die algemene erkenning van Sondag as ʼn vakansiedag. Dit word verbind met die meer belangrike feit, naamlik die aanvaarding van die week deur al die Europese nasies.21
Die geweldige betekenis oor hierdie aangeleentheid vir Christene word gevind in die feit dat Sondag nie die dag kan wees waarop Christus verrys het uit die dood, omdat Sondag nie bestaan het volgens die Juliaanse kalender gedurende die dae van Christus. Ook kan Saterdag ook nie die Bybelse sewende - dag Sabbat wees omdat die die heidense week volgens die planete oorspronklik begin het op Saterdag.
Die volgende tekening van ʼn stok kalender word gevind by die Baddens van Titus ( wat opgerig is gedurende 79 tot 81 n.C.) en voorsien dit aan ʼn verdere bewys dat nie een van beide die Bybelse Sabbat of die dag van Christus se opstanding kan ooit gevind word deur die gebruik van die Juliaanse kalender. Die sirkel in die middel bevat die 12 tekens van die diereriem wat ooreenkom met die 12 maande van die jaar. Die Romeinse nommers in die linker en regte kolomme dui die dae van die maand aan. Regoor die die boonste gedeelte van die stok kalender verskyn die sewe gode van die heidense Romeine volgens die planete.
Romeinse Stok Kalender |
Saterdag, (of dies Saturni – die dag van Saturnus) was die besonderse eerste dag van die week, en nie die sewende. Soos die god van die landbou kan hy gesien word in die geskikte posisie van belangrikheid geplaas, met die hou van ‘n sekel as simbool. Volgende, op die tweede dag van die heidense week volgens die planete, word die songod gesien met die strale van lig wat uitstraal van sy hoof. Sondag was oorspronklik die tweede dag van die week volgens die planete en was dit bekend as dies Solis. Die derde van die week was dies Lunae (dag van die Maan – Maandag). Die maan godin word gewys met die dra van ʼn horing sekelmaan as kroon op haar hoof. Die oorblywende gode volg in orde: dies Martis (dag van Mars); dies Merurii (dag van Merkurius); dies Jovis (dag van Jupiter); en dies Veneris( dag van Venus), die sewende dag van die week.22
Toe die gebruik van die Juliaanse kalender met sy onlangse aangenome heidense week volgens die planete versprei het in die Noorde van Europa is die name van die dae, dies Martis regdeur tot dies Veneris vervang deur die Teutoonse gode.23 Die Dag van Mars het Tiw`s Dag geword (Dinsdag); Dag van Merkurius, het Woden`s Dag geword (Woensdag); Dag van Jupiter het Thor`s Dag geword (Donderdag); en die Dag van Venus het Friga`s Dag geword (Vrydag).24 Die invloed van die heidense astrologiese dag name word steeds vandag gesien. Tale wat gegrondves is op Latyn, soos Spaans, behou die astrologiese name vir Maandag regdeur tot Vrydag, en met die Christen invloed wat gesien word in hulle woorde vir Sondag (Domingo, of dag van die Here) en Saterdag (Sabado, of Sabbat).
Volgens Rabanus Maurus (776 tot 856 n.C.), die aartsbiskop van Mainz, Duitsland, het Pous Sylvester 1 probeer om die dae van die week volgens die planete te verander om dit in ooreenstemming te bring met die name van die Bybelse week: Eerste Dag (eerste feria), Tweede Dag (tweede feria), ens.25 Bede, die “Agbare,” (672 tot 735 n.C.) die beroemde Engelse monnik en geleerde, het ook verslag gedoen oor Sylvester se pogings om die heidense name te verander van die dae van die week. In die De Temporibus, verklaar hy: “ Dat die heilige Sylvester beveel het dat hulle die genoemde feria verander, na die benaming as die eerste dag van die “Here,” sodat dit die Hebreeuse name navolg wat [hulle] as die eerste dag van die week, en die tweede dag van die week noem, en so ook al die ander noem.26Ahoewel, die astrologiese name diep ingewortel is. Terwyl dit deur die amptelike termologie van die Roomse Katolieke Kerk dit die Dag van die Here sou bly, en as die Tweede Dag, Derde Dag, ens., het die meeste lande bly vaskleef aan al die name of gedeelte van die planetêre name vir die dae.
Die astrologiese invloed is selfs meer duidelik benadruk onder die hand van die Romeinse Ryk, waar die Christendom veel later versprei het. Die Engelse, Hollanders, Britte, Walliesers, en die Skotte was die enigste Europese tale wat die oorspronklike name van die sewedae planetêre week bewaar het, en in gebiede waarvan gepraat is as vry van enige Christen invloed gedurende die eerste eeue van ons tydperk, toe die astrologiese week versprei is regdeur die Ryk.27
“Die kerklike manier van die benaming van die weeksdae was aangeneem by geen ander nasie, as alleenlik met die uitsondering die Portugese wat alleenlik die name van Segunda Feria (tweede weeksdag) gebruik het ens.”28
Die feit is dat beide die Juliaanse kalender en die week volgens die planete aanvaar is vir gebruik deur die Christene, en openbaar dit die samesmelting van die Christendom met heidenisme waaroor die apostel Paulus waarsku toe hy geskrywe het:
Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou29, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtighede openbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,hy wie se koms is volgens die werking van Satan met alerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen,en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle vdie liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal Yahuwah hulle die krag van dwaling stuur, om die leuen te glo.sodat almal geoordeel30 kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.31
Die planetêre week, soos die Juliaanse kalender wat dit aangeneem het, is onherstelbaar heidens. Historiese feite openbaar dat nie een, die Bybelse Sabbat of die Bybelse se Eerste Dag kan gevind word deur die gebruik van die hedendaagse kalender. As dit belangrik is om om op ʼn bepaalde dag te aanbid, dan is dit ook belangrik om te weet watter kalender om te gebruik vir daardie bepaalde dag, dan is dit ook belangrik om te weet watter kalender om te gebruik, en openbaar dit wie aanbid word: die Eloah van die Skepping, of die god van hierdie wêreld wat die leier is van rebellie teen die Skepper. Elke Godheid/godheid het SY/sy eie kalender waardeur daar aanbid kan word. Beide Saterdag en Sondag (sowel as Vrydag) is heidense aanbidding dae.
Watter kalender sal jy gebruik vir die bevestiging van jou aanbidding dag?
_________________________________________________
Verwante Artikels:
1.Byvoeging: deur die byvoeging van bykomende dae of maande, en om die korter jaar volgens die maan in lyn met die son jaar bring. Omdat daar geglo is dat byvoeging “ongeluk” veroorsaak, het die priesters gehuiwer om gedurende die Puniese Oorlog (218 tot 201 v.C.) enige veranderings te maak, en sodoende die kalenders effens vanaf die seisoene gedwing.
2.Julius Caesar was gekies as pontfex maximus gedurende 63 v.C. (James Evans, "Calendars and Time Reckoning", The History and Practice of Ancient Astronomy, Oxford University Press, 1998, p. 165.)
3.“Pontifex Maximus” is die titel wat uitsluitelik vir die pous voorbehou word. Hierdie is ʼn baie gepaste naam soos die Gregoriaanse kalender wat nou in gebruik is, en dit beide heidens en pouslike kalenders is, wat gegrondves is volgens die heidense Juliaanse kalender, en gewysig is deur, en ook vernoem is na ʼn pous.
4.Vir die orde om ʼn byvoeging te verklaar, moes die pontifex maximus in Rome wees gedurende Februarie. Omdat Julius Caesar betrokke was in verskeie oorloë, kon daar net een byvoeging verklaar word sedert hy sy amp bekleë het. In ʼn brief aan Atticus, gedateer 13 Februarie, 50 v.C., het Cicero gekla dat hy tot nog nie weet of daar ʼn byvoeging sal wees later in die maand.
5."The Juliaanse Kalender," Encyclopædia Britannica.
6.Ibid., nadruk voorsien
7. .ʼn Woordeboek van die Griekse en Romeinse Antieke Tyd deur: William Smith LL.D., William Wayte, M.A., George E. Marindin, M.A., eds., London, William Clowes and Sons, Ltd., 1890, Vol. I, p. 344. Digitized by Google.
8.Hierdie veronderstelling word nie deur geleerdes gedeel. Die Jode erken dat die rabbynse kalender wat nou in gebruik is, nie die kalender van Moses is, en Christen geleerdes erken dat die Bybelse kalender verskillend werk. Sommige erken ook wanneer die sewende – dag Sabbat bereken word volgens die Bybelse kalender, dat die sal ooreenstem met Saterdag as die Sabbat.
9.J. P. V. D. Balsdon, Life and Leisure in Ancient Rome, (New York: McGraw-Hill, 1969) p. 59; P. Huvelin, Essai Historique sur le Droit des Marcheés et des Foires (Paris: Aruthur Rousseau, 1897), p. 87; Ovid, Fasti (Cambridge, MA: Harvard University Press, 1951), p. 6; Alan E. Samuel, Greek and Roman Chronology (Munich: C. H. Beck'sche Verlagbuchhandlung, 1972), p. 154.
10.Eviatar Zerubavel, The Seven Day Circle: The History and Meaning of the Week, (University of Chicago Press, 1985), p. 45.
11.Zerubavel, op.cit.,158; Balsdon, op.cit., p. 60; Francis H. Colson, The Week, (Cambridge, England: Cambridge University Press, 1926), p. 4; W. Warde Fowler,The Roman Festivals of the Period of the Republic (Port Washington, New York: Kennikat Press, 1969), p. 8; P. Huvelin, op.cit., p. 88; Alan E. Samuel, op.cit., pp. 153-154; Ovid, op.cit.; Hutton Webster, Rest Days, (New York: MacMillan) p. 123; W. E. van Wijk, Le Nombre d'Or (The Hague: Martinus Nijhoff, 1935), pp. 24-25.
12.Kalendæ: die eerste dag van die maand.
13.Palazzo Massimo Alle Terme, ed. Adriano La Regina, 1998.
14.Vir bykomende inligting, Lees die: “The Calendar of the Roman Republic by A. K. Michels (Princeton, 1957).”
15.Augustus Caesar was die eerste Romeinse Keiser, en word hy vermeld in die Bybel. Sy opkommandering vir belasting doeleindes, het Maria en Josef na Bethlehem gelei net op tyd vir die geboorte van Christus. ( Lees Lukas 2 vers 1. ) Omdat die Romeinse metode van telling inklusief is, was is skrikkeljare aanvanklik bygevoeg elke drie jaar. Om bykomende tyd in ooreenstemming te bring, het Augustus ʼn dekreet uitgevaardig dat geen jare bygevoeg moet word vanaf 8 v.C. tot 8 n.C. Die agste maand is na hom vernoem tot sy verering.
16.Zerubavel, op.cit., p. 46; Huvelin, op.cit., pp. 97-98.
17.R. L. Odom, Sunday in Roman Paganism, (TEACH Services, Inc., 2003; original copyright: Review and Herald Publishing Association, 1944), p. 157.
18.Baie van die mees belangrike beginsels van die Christendom het ʼn teëbeeld in Mithraism, die Christendom word genoem die navolging van Mithraism. Diegene wat daarna soek om die Christendom in ʼn swak lig te stel verwys dikwels na die ooreenkomste tussen die twee godsdienste.
19.Odom, op.cit.
20.Franz Cumont, Textes et Monumnets Figures Relatifs aux Mysteres de Mithra, Vol. I, p. 112, as quoted in ibid, p. 156.
21.Page 163
22“Astrologie, is verheidense astronomie, wat toegewys is aan elkeen van die 24 ure van ʼn dag aan ʼn planetêre god in die orde van sy veronderstelde posisie bo die aarde......Voortaan, as Saturnus heerskappy besit oor die eerste uur van die dag, word dit die dag van Saturnus genoem....Omdat die laaste uur van die die dag van Saturnus is, en dit toegewys aan Mars, die eerste uur van die volgende dag behoort aan die Son, die volgende god in die rangorde. Dit veroorsaak dat die Son die heerskappy besit van daardie dag, so dat dit genoem word, “die dag van die Son (Sondag).” R. L. Odom, How Did Sunday Get Its Name? (Nashville, Tennessee: Southern Publishing Assoc., 1972), p. 10 & 11. Ibid., p. 5.
23.Ibid., p. 5.
24.J. Bosworth and T. N. Toller, "Frig-dæg", An Anglo-Saxon Dictionary, 1898, p. 337, beskikbaar gestel deur die: Germanic Lexicon Project; Odom, How Did Sunday Get Its Name? op.cit. See also "Friday" in Webster's New Universal Unabridged Dictionary, 2nd edition, 1983.
25.Lees Rabanus Maurus, De Clericorum Institratione, Book 2, ch. 46, in J. P. Migne, Patrologia Latina.
26. Lees Bede, Patrologia Latina, Vol. 90, op. cit.
27.Zerubavel, op.cit., p. 24.
28. "Feria", Catholic Encyclopedia, see Vol. 6 p. 43, or www.newadvent.org.
29“Teëhou:” #2722 – om vas te hou, besit of om besit te neem; Hierdie woord se betekenis is “om stewig vas te hou”..... deur sondige mense wat die verspreiding van die waarheid beteuel deur hulle ongeregtigheid.” (The New Strong's Expanded Dictionary, Thomas Nelson Publ. 2001.) Dit is ʼn gepaste woord om te beskryf wat was gedoen met die samevoeging van heidenisme met die Christendom.
30.(#2929): Om te verdeel of om te af te skei, om te onderskei tussen, of om vonnis te vel oor. “ Om oordeel aan te kondig” (ibid.)
31II Thessalonicense 2: verse 7 tot 11.