66 A.D. Jerusalem Christene vlug na Pella en die Dekapolis Area
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC se huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC af kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah, maar ons raai ons lesers nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkg moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige WLC inhoud [artikels/episodes] hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester die waarheid meer as die lewe self en volg dit waar dit ook al gevind mag word. |
Die Ruïnes van die Antieke Stad van Pella, in Jordanië1
Jerusalem was vernietig in 70 A.D. deur die gekombineerde pogings van verskeie Romeinse Legioene wie `n uitgerekte belëering bedryf het. Yahuwah het nie Sy uitverkore volk beskerm nie, nie eens die Heilige Tempel deur hulle vir Hom gebou nie. Die Joodse boosheid van daardie tyd het té groot afmetings aangeneem, en hulle het Sy seun, Yahushua gekruisig, die seun wie Hy gestuur het as die langverwagte Messias en Heiland. Die Jode het Yahushua verwerp nes Yahushua, tydens Sy 3 1/2 jaar van onderrig en bediening, mondelings die gedrag van die leiers van die Joodse volk verwerp het.
Die Jode het Yahushua verwerp nes Yahushua, tydens Sy 3 1/2 jaar van onderrig en bediening, mondelings die gedrag van die leiers van die Joodse volk verwerp het.
|
Yahushua het die Priesters en Wetsgeleerdes se gedrag boos, self-dienend en vér van hulle Vader en Maker se intensies vir hulle ingesien. Hy het hulle luidkeels en in die openbaar daarop tereggewys terwyl ongelooflike wonderwerke reg voor hul oë gedoen was sodat hulle weet wie hulle tereggewys het.
Instede daarvan om te bekeer, het hulle saamgestaan om Yahushua te vermoor, en toe hulle hul plot uitvoer, het Yahushua hom geonderwerp tot hierdie euwel. Voor die Romeinse Goewerneur Pontius Pilatus, het `n skare Joodse gepeupel – opgesweep in `n waansin deur hul Priesters en waarskynlik demone ook, - uitgeskree dat Rome Yahushua moet kruisig.
Terwyl `n goed gemartelde en geslane Yahushua Sy swaar kruis na die plek genaamd Golgotha (plek van die skedel), op `n heuwel bekend as Plek van die Skedel, gesleep het, het mense geglo dat dit `n buitestaander was, nie `n mede Jood van Jerusalem of daar naby, wie hom gehelp dra het toe hy te moeg geraak het nie. Hierdie man was Simon en was van die Noord Afrika nasie Siréne. Hy het tot die Christendom bekeer weens sy ondervinding en het met sy seuns `n pilaar en leier van die Christen kerk in Antïochië geword. Dít was die eerste kerk waar die volgelinge van Yahushua ‘Christene’ genoem was.
Daar in Antiochië, sou Simon liefderyk rofweg bekend wees deur `n koggelnaam wat gewoonweg ‘Blackie’ beteken weens sy donkerder gelaatskleur, verklaar sommige ou geskrifte. As die swart Christen gemeenskappe wel trots is op Barack Obama as President, is dit goed. Maar ek hoop hulle is selfs meer trotser op hierdie man, Simon, wie die hoogste sport bereik het as die enigste mens wie fisies vir die Here gehelp het in sy moeilikste uur. Vir hulle wie die Here drankies gegee het met verskeie vloeistowwe toe Hy aan die kruis hang, het dit gehelp om die lewe te verleng of te verkort van een wie sterf op `n kruis? Dalk kan hulle getel word as helpers, of dalk nie.
Ja, Jerusalem het sy lot beslis in daardie dae en ure. Hulle het dikwels die profete in daardie dae wie deur Yahuwah gestuur was in die dae van ouds, vermoor, wie nie wou hoor dat hul dade boos was nie, wie nie wil verander selfs as Yahuwah hulle gewaarsku het om so te doen nie. Nou het hulle Yahuwah se Seun vermoor nadat hulle hom geslaan en bespot het.
Terwyl steeds lewend, het Yahushua die uitermate toekomstige vernietiging van Jerusalem voorspel. Hy het die mense vertel van wie hy gepraat dat op daardie dag sal hulle generasie nie verbygaan totdat alles vervul is nie.
|
Terwyl steeds lewend, het Yahushua die uitermate toekomstige vernietiging van Jerusalem voorspel. Hy het die mense vertel van wie hy gepraat dat op daardie dag sal hulle generasie nie verbygaan totdat alles vervul is nie. Die meeste van sy volgelinge sou dan op aftree ouderdom gewees het (60-80 jaar oud) toe die vernietiging sou plaas vind. Hulle sou bejaardes wees, maar baie sou steeds lewe.
Rondom 29 A.D., tydens Sy bediening, het Yahushua weereens baie demone uit `n duiwelbesete man gedryf. Die Besetene van die Gadareners, soos die man genoem was. Hy was `n lokale welbekende besete man daar in daardie geweste van die Gadareense volk. Sy mag was so bonatuurlik dat hy die kettings gebreek het! Dit het gelyk of hy nie eens gebind kon word nie – mense het al probeer. Hy het `n wilde lewe tussen die grafte gehad, blykbaar baie mal, en soms het hy sy eie vlees seergemaak totdat dit bloei. Hy was soos `n proto-tipe Viking beserker. `n Man soos díe sou goed-bekend en gewild wees oor `n baie wye area.
Die Gadaréners wie deur die Skrifte beskryf word as vark boere, het waarskynlik nie baie belydende Jode onder hulle gehad nie. Hulle was, miskien, `n heidense volk. Terug in die dae van die Assiriese oorwinning en deportasie van die Noordelike tien stamme, rondom 720 B.C., was baie vreemdelinge laat inkom in die area waar die oorwinnende Assirië die stamme van Reuben, Gad en die halwe stam van Mannasse uitverdryf het. Hierdie area was oos van die Jordaan Rivier en die See van Galiléa. Hierdie land was eens tuiste vir die reuse koning Og, en deel daarvan was Sihon se land. Maar in die antieke tye was Joshua die veroweraar daarvan. Dalk was hierdie mense sommige van daardie Assiriese indringers sedert Og en Sihon se volke heeltemal uitgewis was.
‘Gadareners’ impliseer moontlik verbintenis met die stam van ‘Gad,’ omdat Gad eens op `n tyd in daardie gebied gewoon het. Was dit slegs geografies of was hierdie mense afvallige Israeliete wie nie langer die Joodse dieëtkundige wette gehou het nie?
Toe Yahushua en die Apostels uit hul boot geklim het met die aankoms op die oewer van die Gadareense volk, het hierdie duiwelbesete man na Yahushua en die Apostels geharloop.
Yahushua het die duiwelse gees gevra om homself te identifiseer, en homself ‘Legio’ genoem, wat sê dat hulle baie geeste is, en nie net een nie, wat in die man woon.
Yahushua het hulle beveel om uit te gaan. Hulle het Hom gesmeek om toegelaat te word om in die trop van duisende varke in te vaar eerder om verdryf te word in die oopte, waar hulle (volgens ou oortuiginge) moet soek na `n gasheer of omkom.
Yahushua het hulle toegelaat om die trop varke binne te gaan, maar die trop het die krans afgestort en in die see versuip. Duisende dooie varke het in die see gedryf – die boere se fortuin! - maar die man wat deur hulle besete gemaak is, het nou by sy volle positiewe aan Yahushua se voete gesit.
En die plaaslike mense, wie gehaas het om self te sien wat die vark oppassers hulle vertel het, het duidelik die omvang van wat Yahushua gedoen het gesien. Die see moes oortrek gewees het met dooie varke. Die duiwel-besete man, eens so vreesaanjaend vir hulle, het nou in stilte aan die besoeker se voete gesit.
Toe Yahushua later weer `n besoek aan hierdie land gemaak het, het hulle ywerig bymekaar gekom om Sy leerstelling aan te hoor as gevolg van daardie dag se gebeure. Maar nou, het hulle Hom versoek om hul land te verlaat oor die ramp wat Hy veroorsaak het. Was elke vark gelykstaande aan 100,00 tot $300,00 Amerikaanse Dollar? Indien wel, dan het Yahushua hul land byna `n miljoen dollar gekos. Maar hulle was nie van plan om Yahushua te beseer nie!! Nie na dit wat Hy gedoen het nie. Dit was duidelik aan almal dat hierdie een groot mag het soos nooit te vore gesien nie.
Yahushua het gegaan toe hulle Hom die versoek rig. Die voormalige Demoniese man het gevra of hy saammet sy Verlosser kan gaan. Maar Yahushua het aan hom gesê:
‘Nee. Maar hy moet liewers uit gaan en die mense vertel wat gebeur het – wat vir hom gedoen is.’
Yahushua het weggegaan en hierdie man het sy opdrag uitgevoer omdat hy dankbaar was vir wat Yahushua vir hom gedoen het. Hy het in die gebied Oos van die Jordaan Rivier. `n area bekend as Peréa, vir `n tydperk lank net rondom hulle gewandel. In hierdie gebied, was daar tien groot stede, wat, as `n groep, as ‘die Dekapolis’ (die 10 Stede) bekend was. Hy het mense in hierdie stede vertel omtrent Yahushua en wat Yahushua vir hom gedoen het. En hulle sou hierdie verhaal aangehoor het bevestig deur vele uit daardie area waar dit gebeur het as hulle eers begin navraag doen het of dit waar is.
Die Besetene het die nuus so deeglik versprei dat die volgende keer toe Yahushua teruggekeer het na die area, skares mense gekom het en ywerig geluister het na Sy leerstellings. Dit het vrugbare grond geword.
Omtrent veertig jaar later, sou dit in `n groot mate baie beteken vir hierdie gebied om Yahushua te ontmoet, wie geleer het om Hom te respek en te vrees, en Hom met ope arms ontvang. Daar was tien stede in die Dekapolis. Een van hulle was bekend as Pella. En toe die Romeine gekom het om Jerusalem in 66 A.D. te vernietig, onder aanvoering van Gaius Cestius Gallus, was dit in hierdie gebied van die Dekapolis en na die Stad van Pella waarheen die Christene gevlug het!
Dit was 66 A.D.
`n Romeinse Generaal bekend as Cestius het die stad Jerusalem omsingel met `n enorme menigte Romeinse troepe. Die Jode was weereens in rebellie teen Rome, en die Romeine was tot die dood toe sat van hulle. Die Romeine het kat en muis met die Jode gespeel. Binne-in Jerusalem was reuse getalle mense, wie skuiling binne-in die stad gesoek het teen die Romeine. Dit was weens die ongelooflike veiligheid en sterk-geskanste mure. Tweedens was dit volgepak omdat Cestius se troepemag verskyn het tydens die verpligte Joodse feestye wanneer almal na Jerusalem gekom het om by die Heilige Tempel te wees.
Vir byna 150 jaar, het die Romeine oor die duidelike hardnekkige en moeilike Joodse volk regeer. Hulle het baie klein rebellies en sommige groteres verduur, en was maar net sat daarvan. Hulle het besluit om `n finale volskaalse oorlog teen die Jode te voer om hulle eens en vir altyd te verneder.
Binne in die mure, het die volk gemengde gedagtes gehad. Sommige het gedink dat Yahuwah hulle sou red deur `n groot verlossingswerk, nes Hy soms gedoen het in antieke tye. Andere het gedink dat Yahuwah hulle vele tekens gestuur het dat Hy ontevrede met hulle was in onlangse jare, en hulle het nie geglo dat Yahuwah hulle weer teen die Romeine sou help nie.
Maar nadat Cestius die stad omsingel het, ter voorbereiding om dit in beleg te neem, het hy skielik almal verras deur die blokkade op te hef en wegmarsjeer. Ek het nog steeds te leer wat sy bedoeling was. Opinies lyk of dit verskil, en dit lyk of hulle verkies om te sê dat hy uiterste skande wou verhoed teen `n goed-verskanse stad waar ander oorloë gevoer was in meer direkte wyse, veldslae wat buit en glorie gebied het!
Aan die Joodse soldate binne-in die mure van Israel, kom dit voor asof Yahushua weereens vrees in die harte van die vyand ingeboesem het. Hulle was ekstaties toe hulle lank genoeg gewag het om seker te maak dat dit nie `n lokval was om hulle uit te lok nie. Hulle was vasbeslote om die situasie uit te buit, en hulle weermag het die stad verlaat en die ‘bevreesde’ Romeine agternagesit, en hulle verslaan.
Die Jode het hierdie Romeinse mag naby Bethoron (Beth Horon) vernietig. Omtrent 5,300 Romeinse soldate en 480 kavaliere het gesneuwel toe Eleazar Ben Simons sy Joodse troepe teen Cestius in stryd aanvoer. Hulle het selfs die Legioene se ‘arend vleuel,’ `n Legioen se eiesoortige oorlogsembleem, op `n lang paal, gesteel. Dit was `n massiewe belediging aan die Romeinse mag en `n groot skande vir die spesifieke Legioen wat dit verloor het.
Maar, in daardie tyd, in 66 A.D., binne in Jerusalem was daar `n populasie van Christene wat geen deel aan oorlog of geweld vir `n rede gehad het nie. En hulle was goddelik gewaarsku om die stad te verlaat omdat dit vernietig sal word – en hulle sal vernietig word as hulle sou bly.
|
So `n oorwinning oor die goed-opgeleide Romeine was `n merkwaardige prestasie maar dit het die Joodse selfvertroue opgewek tot op `n punt waar hulle gedink het hulle kon die bevreesde en geroemde Romeine enige plek, enige tyd verslaan, wat eintlik tot hulle vernietiging gelei het.
Maar, in daardie tyd, in 66 A.D., binne in Jerusalem was daar `n populasie van Christene wat geen deel aan oorlog of geweld vir `n rede gehad het nie. En hulle was goddelik gewaarsku om die stad te verlaat omdat dit vernietig sal word – en hulle sal vernietig word as hulle sou bly.
So, toe die Jode verdwyn oor die horison om die terugvallende Romeine, te vang, het hulle hulle goue kans gehad—hulle uitkomkans. Die meer patriotiese en militante manne onder die Joodse plattelanders was weg, die vyand agterna. En niemand in die platteland sou hulle verhinder nie omdat daar niemand was nie. Almal het geskuil in watter verskanste stad hulle gedink het was die naaste en die veiligste.
Die Christene het deur die poorte van Jerusalem gegaan en het noord beweeg, omtrent 50 myl. Toe het hulle ooswaarts beweeg na die Jordaan Rivier en dit oorgesteek na Pella toe, waar hulle skuiling gevind het vir `n geruime tyd. Dit was omtrent `n sewentig myl roete deur die voetpaadjies wat hulle gewoonlik gevolg het (volgens die kaarte wat ek gevind het van hulle vlugroete, wat klaarblyklik net moontlikhede is.)
En dis hoe dit gekom het dat, so ver as wat verkeie ou skrywers, geweet het waarom daar nie enige Christene binne-in die mure van Jerusalem gesterf het nie `n paar jaar later toe die Romeinse soldate, kwaad oor die vernietiging van byna `n hele Legioen van hulle broeders, `n lang en bittere beleg teen Jerusalem gelê het, uiteindelik die mure afgebreek het, en honderde duisende Jode gedood het, hul huise vernietig het, Yahuwah se tempel tot op die grond afgebrand het, selfs die steenmure oopgebreek het op soek na gesmelte goud.
Maar Yahuwah het dit nie net toegelaat nie, Hy het dit teweeggebring.
Nes Titus, die general in bevel van die beleg (en eindelik die Keiser van Rome), gesê het: ‘Dit is nie `n groot doelwit om `n volk te verslaan wie deur hul god verlaat is nie.’
Daar is geen veiliger volk wanneer gehoorsame mense in geloof wag in tye van groot behoefte, wie staat maak op Yahuwah en Yahushua om hul redding. Wie kan Yahuwah se volk uit Sy hand wegruk? Niemand neem een skaap van Yahushua tensy dit deel is van een of ander plan wat Yahuwah se koninkryk meer van waarde sal wees as die oorlewing van daardie skaap. En Yahushua se volgelinge was gewaarsku, selfs belowe, dat hulle vele probleme en beproewinge sal hê aan hierdie kant van hul dood maar ewige lewe aan die ander kant.
Nes Yahushua homselwers gesê het, dat hy die enigste weg is wat verlossing aan die mens bied. Maar net om te weet wie Hy is, is nie genoeg om jou te red nie.
|
Nes Yahushua homselwers gesê het, dat hy die enigste weg is wat verlossing aan die mens bied. Maar net om te weet wie Hy is, is nie genoeg om jou te red nie. Yahushua se vyande verstaan wie Hy is.
Om `n gewilde ou te wees of `n perfekte dame sal jou nie red nie. Jy is baie geliefd onder die mense, maar die mens kan jou nie red nie. Net Yahushua kan. En Yahushua vereis dat jy Sy onderwysinge glo, bekeer van jou sondes, gedoop word in Sy naam, en die res van jou wêreldse lewe totaal en al vir Hom te gee sodat Hy jou kan gebruik om andere te bereik sodat jy in Sy offerande kan deel deur jouself te gee vir die welsyn van jou medemens nes Yahushua Homself vir jou gegee het. Volhou daarin, en met geloof, word ons vertel dat ons verlossing kan verkry tenspyte van ons onbevoegdheid ooit om die standaarde van optrede wat ons sal kwalifiseer om te lewe in die reinheid vereis deur Yahuwah.
Gryp jou geleentheid aan. Glo dat die Seun van Yahuwah aan jou gestuur, die afvallige sondaar! Wy jou lewe toe aan Yahushua. Hy en die Vader het jou liefgehad sedert die begin van alle tye, maar só `n kosbare gawe is aan jou gegee om jou te red dat daar groot toorn sal wees as jy daardie geskenk verwerp.
Dit is `n nie-WLC artikel deur Daniel Curry
1 Beeld van alextravel.world/jordanië-se-antieke-stad-van-pella
Ons het al die paganistiese name en titles van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die naam van die Vader en Seun in die Skrif herstel, soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is – WLC Span