5 Kognitiewe Vooroordele Wat Ons Teologie Kan Affekteer
|
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |

Dit kan frustrerend wees om jou geloof te deel met jou “ortodokse” vriende en familie net dat hulle jou oortuiginge verwerp. Baie klou verbete vas aan hul interpretasies tenspyte van Bybelse bewyse inteenstelling daarmee. Waarom is sommige mense so traag om hul teologie te verander? Dit mag wees dat kognitiewe vooroordele hulle verhoed om die informasie objektiewelik te verwerk.
Vooroordele help ons breins werk deur die besluit-nemings proses te laat stroomlyn.1 Maar, kognitiewe vooroordele kan veroorsaak dat ons foutiewe in plaas van ingeligte besluite maak. Skrywer en opvoeder Kendra Cherry beskryf kognitiewe vooroordele as “`n tipe dwaal in denke wat kan plaasvind wanneer mense informasie in die wêreld rondom hulle verwerk en interpreteer.”2 Volgens Psychology Today, kan hierdie vorm van “herhaalde denk patrone” lei tot “onakkurate of onredelike gevolgtrekkings”3 Meer as 180 kognitiewe vooroordele “kan tussenbeide kom met hoe ons data verwerk, krities dink, en realiteit verstaan.”4
In hedendaagse polities gedrewe omgewing, is dit redelik maklik om sulke vooroordele onder ander mense te sien werk. Maar befaamde skrywer C.S. Lewis het opgemerk dat Christene nie vrygestel is van hierdie partydigheid nie:
Meeste van ons gaan nie werklik na die onderwerp om uit te vind wat Christelikheid sê nie; ons benader dit in die hoop om steun van die Christendom te vind vir die sienings van ons eie party.5
Yahuwah, wie harte ondersoek, waarsku ons terdeë oor hoe bedorwe die mensehart is:
Jeremia 17:9 Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit, wie kan dit ken?
Nes hedendaagse politiek, is ons teologie ook onderhewig aan sabotasie deur kognitiewe vooroordele. Anders as politiek, kan dit moeiliker wees om ons teologiese vooroordele te erken of hulle te sien as `n hindernis om Bybelse waarheid te besef omdat ons vooroordele dikwels sluimer agter godsdienstige tradisie. Nes Professor Jackson Wu uitwys:
Verder, laat die traagheid van tradisie ons meesleur. Ons filter sekere tekse en teologiese slotsomme uit, of dalk sal ons idees oorbeklemtoon wat ons buite die Skrifte vind. In werklikheid skep ons tradisies en "Christelike" subkulture vooroordele en lê betekenis of betekenis aan 'n gedeelte op.6
In hierdie pos, sal ons vyf kognitiewe vooroordele ondersoek wat ons rasionele eksegesis kan verhinder en ons gewilligheid belemmer om interpretasies te oorweeg wat verskil van ons eie objektiwiteit.
Bevestiging van Vooroordeel
Vooroordeel bevestiging, dalk word die mees algemene kognitiewe vooroordeel, beskryf in die Encyclopedia of Human Behavior as “Die neiging om selektiewelik te soek vir of informasie te interpreteer in `n wyse wat mens se prekonsepsies of hipotesis bevestig.”7 Inligting wat vooroordeel uitdaag is meer geneig om geïgnoreer of kwansuis verwerp te word. Bevestigings vooroordeel is oorheersend in teologiese kringe waar die geleerdes en die leke die Skrifte ondersoek vir `n gedeelte om `n alreeds gevestigde oortuiging te ondersteun. Dikwels, sal iemand met hierdie vooroordeel voel asof hulle omsigtigheid voel wanneer, in realiteit, die doel van hul Skriftelike ondersoek was, nie om die waarheid te bevestig nie maar om hul weergawe te bevestig. Joernalis, Jason Zweig beskryf dit as `n interne “ja mens” wat `n persoon se posisie na-aap.8

Teksvers bewys is die brood en bottter van hierdie kognitiewe vooroordeel. Ongelukkig, vind eisegesis plaas instede van exegesis9 omdat die Bybel tekse afgewit was met die interpreteerder se pre-konsepsie. Wanneer bewyse aangebied word wat die interpretasie weerlê, sal iemand met kognitiewe vooroordeel aan hul dwaling vasklou, en dikwels iets so eenvoudig soos die tekstuele konteks ignoreer, in plaas daarvan om die fout te erken.
Professor Aaron Chalmers verduidelik hoe bevestigings vooroordeel dit moeilik kan maak om mens se Bybelse interpretasies te verduidelik:
Navorsers het gewys dat die effek van bevestigings vooroordeel meer substansief vir emosioneel opgewekte gevalle en diep gewortelde oortuiginge is. In albei gevalle, is mense meer geneigd om weerstandig te wees vir verandering. Daarom, sal ons verwag dat die vooroordeel `n merkwaardige faktor in bybelse interpretasie is, wat dikwels handel met sake wat emosioneel merkwaardig en—en vir diegene met `n belydende agtergrond—dikwels diep onderhoude oortuiginge insluit.10
Sulke opreg onderhoude oortuiginge kan veroorsaak dat ons enigiets rasionaliseer wat ons siening ondersteun. Een organisasie wat toegewy is aan bevordering van kritiese denke verduidelik:
Indien `n slotsom jou bestaande oortuiginge ondersteun, sal jy enigiets wat dit ondersteun rasionaliseer. Dit is moeilik vir ons om ons bestaande oortuiginge opsy te sit om die ware meriete van `n argument te oordink. In praktyk, beteken dat ons idees ondeurdringbaar raak vir kritisisme en vir ewig versterk word…Ons neig om outomaties ons idees te verdedig sonder om dit werklik te bevraaagteken.11
Daarom, wanneer selfs Skrifte voorgestel word wat hul interpretasie teëspreek, sal die bevooroordeelde gelowige die data verwerp en hul geloof verdedig deur “dieper te delf” Hierdie verskynsel word die agteruitvuur effek genoem.
Agteruitvuur Effek
Wanneer ons hoof oortuiginge uitgedaag word deur teenstrydige inligting, kan dit ons laat dubbel vou om ons posisie te beskerm en te versterk. Selfs as ons gekonfronteer word met konkrete bewyse wat ons geloof ondermyn, weier ons om ons opinie te verander. Hierdie kognitiewe vooroordeel is bekend as die agteruitvuur effek.12

Een rede waarin mense passievol weer tot hul foutiewe geloof hertoewy is vrees. Byvoorbeeld, vrees van verkeerd wees of om dwaalleer te erken kan ons magtig motiveer om teenstrydige oortuiginge te weerstaan selfs, Bybel ondersteund. Soos ons sien in die oorblywende vooroordele, ander vrese kan ons laat veroorsaak om teologiese verandering te vermy.
Sink Koste Valsheid
Hoof geloof oortuiginge ontwikkel oor `n tyd en betrek `n mate van insetkoste. Die sink koste valsheid geskied wanneer iemand kleef aan iets waarin hulle belê het eenvoudig net omdat dit te veel pyn veroorsaak om dit te laat gaan. 13 Hierdie valsheid geskied dikwels in die finansiële wêreld 14 maar kan ook manifesteer in die teologiese ryk. Die sink koste valsheid mag plaasvind in mense wie se indiensneming afhanklik is aan hul teologie of wie tyd, finansies, en emosie belê het in hul posisie of bediening. Vir baie is die vrees vir die verlies van hul “belegging” wat dit vreeslik moeilik kan maak om weg te stap. Sommige mag dit minder pynlik ag om vas te hou aan `n verkeerde oortuiging as om hul repetasie te verloor deur hul teologie te verander. Ongelukkig, word die spreekwoord “Moenie vashou aan `n fout net omdat jy baie tyd daaraan gespandeer het nie” dikwels geïgnoreer. Sommige beskou die koste om weg te beweeg van hul belegging te hoog en vind dit is te veel om te dra.15
Dis moontlik dat Saulus van Tarsis (Paulus) die sink koste valsheid ondervind het:
Galásiërs 1:13-14 Want julle het gehoor van my lewenswandel vroeër in die Jodedom, dat ek die gemeente van Yahuwah uitermate vervolg en dit verwoes het; 14 en dat ek in die Jodedom vooruitgegaan het bo baie van my leeftyd onder my stamgenote, terwyl ek veral `n yweraar was vir die oorleweringe van my voorvaders.
Alhoewel hy ywerig vir Yahuwah was,16 het sy sterk ywer vir sy voorvader tradisies hom verhoed om Yahushua as die beloofde Messias te erken. Sy vooroordeel het hom verblind vir die waarheid en hom gelei om die Christene te vervolg. Vir Paulus om sy opkomende ster status te verlaat sou baie moeilik moes gewees het, indien nie ondenkbaar nie. Gelukkig, toe Saulus (Paulus) Christus op die Damaskus pad raakgeloop het, het hy sy siening verander, maar dit het hom alles gekos waarvoor hy so hard gewerk het. Later, het die apostel die belangrikheid erken om die regte kennis en ywer vir Yahuwah te hê.17
Fillipense 3:8 Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Yahushua, my Here, terwille van wie ek alles prys gegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry.
Ongelukkig maak nie almal hierdie keuse nie, aangesien `n godsdienstige tradisie in die blindelingse lojaliteit, ten minste tydelik, die waarheid troef.
In-Groep Vooroordeel
In-groep vooroordeel, ook bekend as die stam effek, is die neiging om onsself te sien as onpartydig.Maar, in werklikheid, ons wys partydigheid aan diegene wie aan dieselfde groep as ons behoort.18 In die teologiese ryk, kan dit gesien word as om groter gewig te gee aan die opinies van diegene met wie ons identifiseer of wie aan dieselfde denominasie of beweging behoort. Familie, vriende, pastore, dienaar leiers, en geleerdes word as betrouenswaardig en “reg” beskou omdat hulle hoort aan ons “sirkel.” Maar, tog besef ons nie, dat vooroordeel net so algemeen voorkom onder akademici en geleerdes ambagslui soos hulle onder die leke is. Net omdat iemand partydig moet wees in hul ondersoek van die Skrifte beteken nie dat hulle is nie.

Vrees van verwerping deur die groep kan dien as `n soliede motiveerder in die groep se teologie, selfs as dit verkeerd is. Ons sien dit gedemonstreer deur die ouers van die man wie blind gebore was. Toe Yahushua hom genees het, het hulle onkunde voorgehou uit vrees dat hulle uit die sinagoge verban sou word:
Johannes 9:20-22 Sy ouers antwoord hulle en sê, “Ons weet dat hy ons seun is en dat hy blind gebore is; 21 maar hoe hy nou sien, weet ons nie; of wie sy oë geopen het, weet ons nie. Hy is self oud genoeg, vra hom; hy sal vir homself praat.” 22 Dit het sy ouers gesê omdat hy bang was vir die Jode; want die Jode het al ooreengekom dat as iemand hom as die Christus bely, hy uit die sinagoge geban sou word.
Net so, toe sommige Joodse heersers gekom het om Yahushua as die Messias te aanvaar, het hulle stilgebly uit vrees vir verwerping:
Johannes 12:42-43 Maar tog het selfs baie van die owerstes in Hom geglo; maar terwille van die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, om nie uit die sinagoge geban te word nie. 43 Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van Yahuwah.
`n Behoefte aan groeps goedkeuring skep `n robuuste kognitiewe vooroordeel, en min, indien enige, is immuun teen sy vernietigende aanloklikheid. Nogtans moet ons weerstand bied, want dit is beter om verwerp te word deur die mens as deur Yahuwah.
Illusoriese Waarheids Effek
Die illusoriese waarheidseffek is “die neiging van mense om `n stelling te identifiseer as die ware, eenvoudig maar net omdat hulle dit voorheen gehoor het, ongeag van sy eintlike opregtheid.”19 Bekendheid met hoe `n spesifieke Skrifgedeelte geïnterpreteer word kan mens verhinder om `n teenstrydige siening as waarheid te aanvaar. Met ander woorde, indien `n oortuiging of tradisie herhaal is, veral van `n gesaghebbende bron soos `n pastoor, geagte bedieningsleier, of selfs `n familielid, is mens meer geneigd om die interpretasie te aanvaar omdat dit bekend is. Teoloog J.I. Packer spreek van die mag wat tradisie het om ons Bybelse geloof te vorm:
Ons begin nie ons Christen lewe deur ons geloof uit te werk nie: dit word aan ons uitgewerk deur Christen tradisie in die vorme van preke, boeke, en vasgestelde patrone van kerk lewe en dienste. Ons lees ons Bybels in die lig van wat ons geleer het uit hierdie bronne; ons kom na die Skrifte met verstande alreeds gevorm deur die menigte aanvaarde opinies en sieninge waarmee ons in kontak gekom het, in beide die Kerk en die wêreld … Dit is maklik om onbewus te wees dat dit gebeur het; dit is selfs moeilik om te begin besef hoe diep tradisie ons in hierdie sin gevorm het.20
Tradisie se familiariteit word as bewys gesien van sy waarheid. Ortodoksie is inderdaad blind vir sy onperfeksie, volgens Phillips Brooks:
Ortodoksie, is in die Kerk, baie wat vooroordeel in die enkele denke is. Dit is die voortydige idee van sekerheid. Dit is die behandeling van die onvolmaakte asof dit die volmaakte is.21
Sommige mag die heilige sale van “ortodoksie” sien as `n veilige heiligdom en vrees wat mag gebeur as hulle buite hul grense tree. Enige uitdaging vir tradisie mag aanskou word as `n moontlike misleiding van die vyand. Maar die meeste besef wel nie dat hedendaagse “ortodoksie” ontwikkel het nie. Selfs Bybelse geleerdes sal dit bevestig. Met ander woorde, hedendaags ortodoksie was gister se kettery. Dit is daarom deurslaggewend dat ons soek om die ortodoksie van Yahushua en sy leerstellings te volg. Soos ons sien in Paulus van Tarsus (Saulus), kan tradisie `n struikelblok wees vir die waarheid. Ons moet nooit bevrees wees om ons tradisie in die lig van Skrifte te ondersoek nie. Yahuwah se woord kan die ondersoek weerstaan. Die vraag is, kan ons leerstellings?
Wat Kan Ons Doen?
Wat kan ons doen om kognitiewe vooroordele te beveg? As begin, moet ons herken dat ons almal ontvanklik is. Packer sê:
Ons moet nooit die volmaakte regverdigheid van ons vasgestelde denke en praktyk aanneem en onsself verskoon van beproewing en hervorming daarvan deur die Skrifte nie.22
Dit is daarom noodsaaklik dat ons met gebed ons geloof ondersoek en enige "balk" uit ons oog verwyder tensy dit ons verhinder om die foutiewe visioen van ander aan te spreek.23
Addisioneel, moet diegene met `n nie-Drie-enige siening van Yahuwah bid tot Yahuwah om wysheid en openbaring te skenk aan ons ortodokse vriende en familie, veral aangaande Sy identiteit en die van Sy Seun. Dit is waarvoor Paulus gebid het:
Efésiërs 1:16-17 Hou ek ook nie op om vir julle te dank nie as ek aan julle in my gebede dink nie,17 dat die Yahuwah van onse Here Yahushua Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom moet gee.
Om verderaan inligting omtrent kognitiewe vooroordeel met ander te deel in `n nederige en nie-beskuldigende wyse mag behulpsaam wees. En, `n toelating van hoe die Here ons vooroordeel ontbloot het, mag impak hê.
Laastens, vra Yahuwah vir die waagmoed om voort te gaan om jou geloofsoortuiginge te deel namate toegelaat en vertrou op Yahuwah om Sy deel te doen.24

1 “Bias,” Psychology Today, accessed 5-28-20, https://www.psychologytoday.com/intl/basics/bias
2 Kendra Cherry, “What is Cognitive Bias?, 5-5-20, accessed 5-28-29, https://www.verywellmind.com/what-is-a-cognitive-bias-2794963
3 “Bias,” Psychology Today, accessed 5-28-20, https://www.psychologytoday.com/intl/basics/bias
4 Jess Desjardins, “24 Cognitive Biases That Are Warping Your Perception of Reality,” Visual Capitalist, 12-13-18, accessed 5-28-20, https://www.visualcapitalist.com/24-cognitive-biases-warping-reality/
5 C.S. Lewis, Mere Christianity, (New York: Harper Collins, 1952), p.87.
6 Jackson Wu, How Cognitive Biases Produce Theological Syncreticism, 9-26-18, accessed 5-28-30, https://www.patheos.com/blogs/jacksonwu/2018/09/26/how-cognitive-biases-produce-theological-syncretism/
7 Wilke, A, and R Mata. “Cognitive Bias.” Encyclopedia of Human Behavior, edited by V. S. Ramachandran, 2nd ed., vol. 1, Academic Press, 2012, pp. 531-535.
8 Jason Zweig, How to Ignore the Yes-Man in Your Head,” Wall Street Journal, 11-19-09.
9 “Biblical exegesis is a systematic process by which a person arrives at a reasonable and coherent sense of the meaning and message of a biblical passage.” https://www.theopedia.com/exegesis “Eisegesis is the act imposing meaning onto a text and is often described in terms of reading ‘into’ the text rather than ‘out of’ it. Therefore it is the opposite of exegesis.” https://www.theopedia.com/eisegesis
10 Aaron Chalmers, “The Influence of Cognitive Biases on Biblical Interpretation” (Bulletin for Biblical Research, 26.4), p. 470-471.
11 School of Thought, as quoted in “24 Cognitive Biases That Are Warping Your Perception of Reality, ” Visual Capitalist, 12-03-18, accessed 5-29-20, https://www.visualcapitalist.com/24-cognitive-biases-warping-reality/
12 “What is the Backfire Effect?” 12-13-19, accessed 5-28-20, https://www.scienceabc.com/humans/what-is-the-backfire-effect-confirmation-bias-psychology.html
13 School of Thought, as quoted in “24 Cognitive Biases That Are Warping Your Perception of Reality, ” Visual Capitalist, 12-03-18, accessed 5-29-20, https://www.visualcapitalist.com/24-cognitive-biases-warping-reality/
14 Sunk Cost Fallacy, Behavioral Economics, https://www.behavioraleconomics.com/resources/mini-encyclopedia-of-be/sunk-cost-fallacy/
15 Lukas 14:27-33.
16 Handelinge 22:3.
17 Romeine 10:2.
18 School of Thought, as quoted in “24 Cognitive Biases That Are Warping Your Perception of Reality, ” Visual Capitalist, 12-03-18, accessed 5-29-20, https://www.visualcapitalist.com/24-cognitive-biases-warping-reality/
19 Aaron Chalmers, “The Influence of Cognitive Biases on Biblical Interpretation” Bulletin for Biblical Research, 26.4, p.476.
20 J.I. Packer, “Fundamentalism” and the Word of God, (Grand Rapids, MI; William B. Eerdmans Publishing, 1958), p. 69-70.
21 Phillips Brooks, Life and Letters of Phillips Brooks, v. III, (Alexander V. G. Allen, New York: E. P. Dutton, 1901), p. 74.
22 J.I. Packer, “Fundamentalism” and the Word of God, (Grand Rapids, MI; William B. Eerdmans Publishing, 1958), p. 69-70.
23 Matthéüs 7:1-5.
24 Handelinge 9:18.
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Bron: https://oneGodworship.com/5-cognitive-biases-that-can-affect-our-theology/
Ons het die Engelse titels en name van die Vader en die Seun vervang met dít gebruik deur die apostels. In die skriftuurlike aanhalings voorsien, het ons hul oorspronklike name herstel soos deur die geïnspireerde skrywers gebruik. Nietemin, erken ons die historiese ontwikkeling waardeur die naam Yahushua bekend geword het as “Jesus.” Boonop erken ons dat die Engelse term “God” algemeen gebruik was as `n ekwivalent vir die Hebreeuse Eloah of Elohim. – WLC Span






