Ons het, die Name van die Vader en Seun, in die Skrifte aangehaal, op die WLC webtuiste, herstel soos hulle oorspronklik geskryf was deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel. Kliek hier om die Restored Names Version (RNV) van die Skrifte af te laai. Die RNV is `n nie-WLC bron. – WLC Span |
`n Seël is waarskynlik die mees belangrikste deel van `n wetlike dokument. Sonder die seël, is die woorde op die papier, wel, net woorde op papier. Hulle sou geen mag hê nie. Maar met die seël aangeheg, word die woorde wet. Die seël dra die volle gewig van gesag en mag wat hoort aan die monarg of persoon wat die seël besit.
Alle seëls bevat drie elemente. Daarsonder kan `n seël nie funksioneer nie; dit sal nie die monarg verteenwoordig wie dit veronderstel is om te simboliseer nie. Hierdie drie sleutel elemente is:
![]() |
Toe Koningin Elizabeth II toestemming verskaf het dat haar kleinseun, Prins William met Catherine Middleton kan trou, het sy `n Nota van Goedkeuring geteken. Aan die onderkant van die dokument, aangeheg met goue vlegsels, is `n groot, rooi was Groot Seël van die Ryk. |
- Die naam van die wet gewer;
- Die titel van die wet gewer;
- Die outoriteit van die wet gewer; die domein waaroor hy heers.
`n Seël word tipies in `n vorm gegiet aan die begin van `n soewerein se heerskappy. Indien die seël te verslyt raak deur gebruik, word `n nuwe een gemaak en die ou seël word geskend sodat dit nie langer gebruik kan word om wetlike bevele te verseël nie. Groot sorg word geneem om die amptelike seël te beskerm. Daarsonder is niks (insluitende `n handtekening) amptelik nie. Maar daarmee, word `n gewone stukkie papier `n magtige wet, wat die volle gewig van die koning dra.
Die Monarg van die Heelal het ook `n seël. Hierdie seël, nes die seëls van aardse monarge, is te vinde in Sy wet. Dit is eintlik deel van Sy Wet. Die goddelike wet wat alle intelligente wesens moet regeer in die heelal is die Tien Gebooie Wet. Die eerste vier gebooie dek die mens se verantwoordelikheid aan Sy Skepper; die laaste ses regeer die mens se aksies teenoor sy medemens.
Van al die gebooie, bevat net die vierde gebod die naam, titel en gesag van die groot Wetgewer.
Gedenk die Sabbat dag dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die Sabbat van Yahuwah jou Elohim; dan mag jy geen werk doen nie – jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. Want in ses dae het Yahuwah die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het Yahuwah die sewende dag geseën en dit geheilig. (Sien Exodus 20:8-11.)
Dus is die vierde gebod in homself die seël van Yahuwah, omdat dit die drie elemente bevat noodsaaklik vir alle seëls – plus een – dit het ook `n DATUM!
- NAAM: Yahuwah
- TITEL: Elohim
- OUTORITEIT & DOMEIN: Hemel en aarde, die see, en alles wat daarin is.
- DATUM: Dag 7 – dit was die datum op Aarde – net ná die Skepping.
Die feit dat die Sabbat self die seël van Yahuwah is, is baie betekenisvol en Hy het dit baie duidelik gemaak van die begin af.
Hy het dit vasgestel/uitgesonder/dit “geheilig”, onmiddelik die dag nadat Hy Adam geskape het. Toe het Hy dit as `n geskenk aan Adam gegee.
– Sien Genésis 1:26-31, Hfstk. 2:1-3.
En Hy sê vir hulle: Die Sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die Sabbat nie. Markus 2:27
Van al die gebooie is die vierde gebod die mees onpopulêrste.
Van ouds af, deur verskeie strategieë en redenasies te gebruik, het ... [Satan] sy uiterste bes gedoen om mense te lei om hierdie belangrike gebod te oortree of andersins, te ignoreer.
|
Satan het altyd geweet dat dit die seël van die Aller Hoogste bevat. Van ouds af, deur verskeie strategieë en redenasies te gebruik, het hy sy uiterste gedoen om mense te lei om hierdie belangrike gebod te oortree of anders, te ignoreer.
Deur dit vooruit te sien, is dit geen wonder dat Yahuwah dit die gebod gemaak het wat begin met – ‘G-E-D-E-N-K’ – ‘Gedenk die sabbat dag dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen maar die sewende dag is die Sabbat van Yahuwah jou Elohim; dan mag jy geen werk doen nie – jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie: … Exodus 20:8 - 11
Deesdae is dít twee van die algemeenste redes waarom mense die vierde gebod oortree:
- “Jesus was op Sondag opgewek, daarom moet ons op daardie dag aanbid ter ere van die opstanding.” (Hierdie rede ignoreer die feit dat alle apostels en alle vroeë Christene die sewende-dag Sabbat vir eeue ná die opstanding en hemelvaart van die Heiland gehou het.)
- "Die Sabbat was aan die ‘kruis vasgenael’ en is nie meer langer bindend nie. (Hierdie logika is onkonsekwent deur te erken dat alle ander nege gebooie steeds bindend is.)
Die feit is, die vierde gebod is, nes dit nog altyd was, die seël van die Skepper. Yahuwah verander nie. Hy sê Self: “Want Ek, Yahuwah, het nie verander nie.” (Sien Maléagi 3:6). Dit sou ver meer konsekwent vir aardse monarge wees om hul wette te verander as vir die Onveranderbare Een om Sy volmaakte wet op sy te sit.
Sommige wie Saterdag aanbid, verwerp die lunar Sabbat omdat: “Al wat God verwag is dat jy op die sewende dag van watter kalender ookal die gemeenskap gebruik, aanbid.” Hierdie redenasie is ook onkonsekwent omdat dit belangrik is om te aanbid op `n spesifieke dag (die sewende), dan is dit belangrik dat die kalender wat mens gebruik om te reken na die sewende dag die Bybelse kalender moet wees.
As Yahuwah se amptelike seël, het die Sabbat drie funksies: 1) Dit beskerm; 2) Dit versterk; 3) Dit is `n teken van lojaliteit.
`n Seël Beskerm
Wanneer iets verseël is, beskerm dit dit wat verseël is. `n Vrou wie voedsel inlê het die voedsel in die fles beskerm, toe sy die houers in kokende water sit sodat die deksels styf seël. Toe Herodus Yahushua se graf verseël het, was dit veronderstel vir die doel om die liggaam van die Heiland te beskerm sodat Sy dissipels nie kan kom en die liggaam sou steel en sê dat Hy opgestaan het nie. Enigiets wat so onder `n seël is, word dus beskerm.
Diegene wie hul Skepper vereer deur aanbidding op Sy heilige Sabbat is altyd onder die beskerming. Die goddelike beskerming is baie werklik. Dit is uitgebrei na almal wat die Sabbat dag heilig.
Satan is alte bewus dat almal wie op die ware Sabbat aanbid onder die beskerming van hierdie goddelike seël is. Hy haat hierdie feit! Toe hy Job beskuldig het dat hy Yahuwah dien oor selfsugtige redes, het Satan Yahuwah geantwoord, “Is dit verniet dat Job …Elohim vrees? Het U nie self, hom en sy huis en alles wat hy het, aan alle kante rondom, beskut nie?” (Job 1:9, 10, NV)
Die heilige wet voorsien `n verskansing, `n beskermende muur rondom almal wie die wet gehoorsaam. Diegene wie leef in gehoorsaamheid is onder die seël van Yahuwah en is dus onder Sy direkte beskerming.