Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
Was jy al ooit so seker omtrent iets, so selfversekerd in jou posisie, dat jy hardnekkig vasgehou het aan jou oortuiging net om later uit te vind dat jy verkeerd was? In Johannes 7, lees ons omtrent twee groepe mense vol selfvertroue in hul bewerings omtrent Yahushua. Maar hulle was verkeerd. Versekerd verkeerd. Laat ons die gedeeltes ondersoek en uitvind wat ons kan leer uit hul foute.
Was jy al ooit so seker omtrent iets, dat jy hardnekkig vasgehou het aan jou oortuiging net om later uit te vind dat jy verkeerd was?
|
Baie mense het begin glo dat Yahushua die beloofde Christus is. Die wonderwerke wat Hy gedoen het, het bewyse voorsien wat hulle benodig vir sy salwing. Hulle het geredeneer, “Wanneer die Christus kom, sal hy nie meer wonderwerke doen as hierdie man nie, sal hy?”1 Aan die ander kant, was `n ander groep onwillig om te aanvaar dat Yahushua die Messias was. Sommige het hul ongeloof gebaseer op onakkurate inligting:
Johannes 7:40-43 Baie van die skare het, toe hulle die woord hoor, gesê: “Hy is waarlik die profeet”. 41 Ander het gesê: “Hy is die Christus.” En ander het gesê: “Kom die Christus dan uit Galiléa?” 42 “Het die Skrif nie gesê dat die Christus uit die geslag van Dawid kom en uit Bethlehem, die dorp waar Dawid was nie?” 43 Daar het toe verdeeldheid oor die skare gekom oor Hom.
Die mense was bekend met Miga se profesie dat Christus uit Bethlehem sou kom.2 Hulle het geredeneer dat hy nie aan die profetiese vereistes voldoen nie sedert Yahushua die Nasaréner genoem was,3 en nie die Bethlehemiet nie. Wat hulle nie geweet het nie was dat Yahushua in Bethlehem gebore was. Indien hulle sy dissipels wat na aan hom was gevra het, of Yahushua self, omtrent sy agtergrond, sou hulle ontdek het dat hy voldoen aan Miga se profesie. Maar hulle het gefaal om die kwessie deeglik te ondersoek. Hulle het alle feite geïgnoreer, tenminste deels, wat hulle weerhou om te glo dat Yahushua die Christus was.
“Lê jou daarop toe om jou beproef voor Yahuwah te stel as `n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.” (2 Timótheüs 2:15)
|
Andere het geweier om te glo in Yahushua, nie uit onkunde van sy agtergrond nie, maar weens onkunde oor die Skrifte. Deur voort te gaan uit Johannes 7, lees ons dat wanneer die godsdienstige leiers gehoor het dat die mense geglo het in Yahushua weens die wonderwerke wat hy gedoen het, het dit hulle kwaad gemaak en het hulle offisiere gestuur om Yahushua gevange te neem en hom voor die raad te bring.4 Hul ongeloof was gebaseer op baie faktore, insluitende kognitiewe vooroordele, maar hul wanbegrip van die Skrifte het sterk daartoe bygedra. Hulle was kenners van die wet, maar hulle was verkeerd omtrent sommige dinge wat deur die Skrifte geleer was:
Johannes 7:44-53 En sommige van hulle wou Hom gevange neem, maar niemand het die hand aan Hom geslaan nie. 45 Die dienaars kom toe by die owerpriesters en Fariseërs, en sê vir hulle: “Waarom het julle Hom nie gebring nie?” 46 Die dienaars antwoord: “Nooit het `n mens so gespreek soos hierdie mens nie.” 47 En die Fariseërs antwoord hulle: “Julle is tog nie ook mislei nie? 48 Het iemand uit die owerstes in Hom geglo, of uit die Fariseërs?” 49 Maar hierdie skare wat die wet nie ken nie, is vervloek!” 50 Nikodémus – hy wat in die nag na Hom gekom het, wat een van hulle was – sê vir hulle: 51 “Oordeel ons wet die mens sonder om hom eers te hoor en te weet wat hy doen?” 52 Hulle antwoord en sê vir hom: “Jy is tog nie ook uit Galiléa nie? Ondersoek en sien dat daar geen profeet uit Galiléa opgestaan het nie.”
Die owerpriesters en die Fariseërs was baie bekend met die wet (Skrifte), wie dekades gespandeer het om dit te studeer, te onderrig, en toe te pas. Hulle het neergesien op diegene wie nie so veel soos hulle geweet het nie en het hulle selfs as vervloek beskou. Inderwaarheid was hulle diegene wie vervloek was oor die verwerping van Yahushua as Yahuwah se Messias. Hulle het selfversekerd beweer dat geen profeet uit Galiléa kan kom nie, en sedert Yahushua van Nasáret in Galiléa was, kon hy nie die Christus wees nie. Hulle het selfs vir Nikódemus, een van hulle eie, uitgedaag om die Skrifte te ondersoek om te sien dat hulle reg was. Maar hulle was versekerd verkeerd in tenminste twee gevalle. Jona, die profeet wie drie dae en drie nagte in die ingewande van die groot vis was, was van Galiléa, Gath-Hepher,5 om presies te wees, geleë minder as vyf myl van Nasáret.6 Hulle was ook verkeerd oor die profeet Yahushua omdat hierdie Galileër die beloofde Messias was.
Beide groepe mense, die menigtes en die godsdienstige leiers, het Yahushua as die Christus verwerp, ten minste deels, oor hul verkeerde interpretasie van wie Yahushua was en wat die Skrifte te sê het omtrent Christus. Wat kan ons leer van hulle ernstige fout?
Selfversekerdheid en Openhartigheid Verseker Nie Opregtheid Nie
Selfvertroue is nie `n aanduiding van waarheid nie. Nóg is opregtheid. Jy kan versekerd wees omtrent `n saak maar steeds verkeerd wees.
|
Selfversekerdheid is nie 'n aanduiding van eerlikheid nie. Nóg minder opregtheid. Jy mag verseker wees van `n saak maar steeds verkeerd wees. Die apostel Paulus het hierdie gevaar besef van diegene wie oortuigend kon praat omtrent die Skrifte maar nie weet waaroor hulle praat nie:
1 Timótheüs 1:6-7 Waarvan sommige mense afgedwaal en hulle afgewend het na onsinnige praatjies; hulle wil leraars van die wet wees, alhoewel hulle wat hulle sê, of die dinge wat hulle beslis beweer, nie verstaan nie.
Christene neig om versekerd te wees in die begrip van wat die Skrifte omtrent Yahushua sê. Maar baie lees dit deur die prisma van Kerk tradisie en nie soos dit geskryf is nie, wat gevolglik eindig in `n verwronge siening van die mens wat Yahuwah na Sy regterhand verhef het.
Geleerdes Kan Verkeerd Wees
Ongelukkig, kan nie net aspirant Bybel onderwysers verkeerd wees nie; geleerdes kan ook verkeerd wees. Paulus, `n Fariseër wie onder die befaamde rabbi Gamaliël studeer het, was met die laastes geïdentifiseer.7 Voordat hy Yahushua as Heer en Messias erken het, was hy versekerd dat hierdie Nasaréner nie die Christus was nie. Hy was so versekerd dat hy jag gemaak het op die Christene soos op diere en hulle vervolg, en wanneer die tyd aangebreek het, sy lot gewerp het ten gunste van hul dood.8 Alhoewel hy in die Skrifte opgelei was, was Paulus, nes die Fariseërs van Johannes hoofstuk 7, verkeerd omtrent wie Yahushua was. Dus, is formele teologiese opvoeding nie `n borg van waarheid nie nóg iemand vrystel van foute, selfs gruwelike foute.
Wanneer Jou Insig Uitgedaag Word, Gaan Terug Na Die Bybel
Toe die Fariseërs deur diegene uitgedaag was wie minder opgevoed as hulle is, het hulle gefaal om hulleself te verootmoedig en die moontlikheid oordink dat hulle verkeerd kon wees. Maar, soos iemand eens gesê het, as jy nie oop is om verkeerd te wees nie, is jy nie toegewy om die waarheid te weet nie. Paulus het geskryf dat `n liefde vir waarheid lewensbelangrik is vir verlossing.9 Dit is geen verrassing dan dat Yahushua gesê het die Vader soek aanbidders wie Hom wil aanbid in gees en waarheid:
Die Fariseërs het te kort geskiet in `n liefde van die waarheid. Hulle het gefaal om die gedeeltes omtrent die Messias te ondersoek, deur instede hiervan te steun op wat hulle geleer was of hulle bevoegtheid om die Skrifte reg te onthou.
|
Johannes 4:23-26 Maar daar kom `n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in Gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. 24 Yahuwah is Gees, en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid. 25 Die vrou sê vir Hom: “Ek weet dat die Messias kom, Hy wat Christus genoem word. Wanneer Hy kom (Hy wat Christus genoem word), sal Hy ons alles verkondig. 26 Yahushua sê vir haar: “Dit is Ek wat met jou spreek!”
Die Fariseërs het `n liefde vir waarheid kortgekom. Hulle het gefaal om die gedeeltes omtrent die Messias te ondersoek, wie staatmaak op wat hulle geleer het of hul bevoegdheid om die Skrifte reg te onthou. Hulle was onwillig om hul gunsteling paradigma teen Yahuwah se woord te beproef.
As onderwysers, is dit skandelik dat hulle nie tyd geneem het om die kwessie geduldig te bespreek met diegene wie hulle gedink het verkeerd was nie. Instede om die waarheid in liefde te spreek,10 het hulle in woede uitgebars en diesulkes vervloek. Is dit nie `n wonder nie dat leermeesters `n strenger oordeel ontvang?11 Daardie waarskuwing moes ons motiveer om ons te verootmoedig tensy ons verkeerd is in ons selfversekerde bewerings.
Soveel dinge kan ons weghou om Yahushua te sien soos Hy werklik is en nie wat die geloofsbelydenisse ons vertel hy is nie. Ons onkunde van Kerk geskiedenis stel Skrifte verkeerd voor, en `n onwilligheid om deeglike ondersoek in die kwessie te maak kan skanse skep wat ons kan weghou om die eerste-eeuse Yahushua te sien in sy ganse menslikheid en Yahuwah-gegewe outoriteit. Nou, meer as ooit, moet ons onsself verootmoedig en Yahuwah vra om ons oë te open en ons insig te gee.12
1 Johannes 7:31
2 Miga 5:1
3 Handelinge 2:22; 4:10, 22:8, ens.
4 Johannes 7:32, 44-45.
5 2 Konings 14:25
6 International Standard Bible Encyclopedia places Gath-Hepher two miles from Nazareth. https://biblehub.com/topical/g/gath-hepher.htm While Easton’s Bible Dictionary says it’s about five miles from Yahushua’ hometown. https://www.biblestudytools.com/dictionary/gath-hepher/
7 Filippense 3:5; Handeling 22:3, 19-20; 26:5.
8 Handelinge 8:3; 22:4-5; 26:9.
9 2 Thessalonicense 2:10.
10 Efesiërs 4:11-16.
11 Jakobus 3:1.
12 Psalm 119:18, 144.
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Bron: https://oneGodworship.com/confidently-wrong-about-Jesus/
Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons in die Skrifte die name van die Vader en Seun aangehaal, vervang, soos hulle oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is. – WLC Span