Michael en Margaretha Sattler was gewone mense. Mense met eenvoudige vreugdes en hartseer, hoop en vrese nes enig iemand anders. Nietemin, in tyd van beproewing, het hulle getrou gebly aan Yahuwah. Hulle standvastigheid in die aangesig van teenstand sal grootliks in die Hemel beloon word. Lees hulle verhaal en kry inspirasie vir dit wat Yah vir ander gedoen het, Hy vir jou ook wil doen. |
“Kyk, hierna. Ons het Orkaan Grace wat noord van die Atlantiese seekus beweeg. Enorm ... wat massief raak.Twee, so laag suid van Sabel Eiland, reg om op te blaas. Kyk hierna. Drie, `n vars swiepende koue front van Kanada af. Maar dit vang `n rit op die stroombaan . . .en is met rasse skrede op breek nek spoed aan`t versnelle na die Atlantiese oseaan. Wat as Orkaan Grace reg daarop afpeil? Voeg tot die scenario die baba van Sabel Eiland, wat energie saamskraap. Sy sal gevoed word van beide die Kanadese koue front . . . en Orkaan Grace. Jy kan vir jou hele lewe `n weerkundige wees . . . . en nooit iets soos dit gesien het nie. Dit sou `n ramp van epiese afmetings wees. Dít sal die . . . perfekte storm wees.”
~ Todd Gross, TV Meteoroloog
28 Oktober 1991: Teen die einde van die orkaan seisoen, het `n storm oos van Kanada in die Atlantiese Oseean begin ontwikkel. Die storm, `n sterk noor’ ooster,” het Orkaan Grace geabsorbeer en selfs groter geword. `n Rif van hoë atmosferiese druk het die massiewe storm suid geforseer waar dit tot `n ontsaglike, en verskriklike magtige sikloon ontwikkel het. Dit was `n storm van epiese, historiese omvang geskep deur `n kombinasie van faktore wat die gevolg was van `n ramp wat direk die lewens van 13 mense geëis het en meer as $200 miljoen se skade beloop. Dit was: “die perfekte storm.”
Beeldmateriaal wat die Perfekte Storm van ‘91, suid van Nieu-Skotland, op 30 Oktober 1991, aandui. |
Vasgevang in die middel van hierdie sameloop van magtige storms was `n 22-meter kommersiële vissers boot, die Andrea Gail. Kaptein Frank “Billy” Tyne, Junior, met sy bemanning van vyf mans, was op `n visvang ekspedisie verder as die Grand Banks aan die Flaamse Kaap. Tenspyte van waarskuwings van die weerburo oor slegte weer, het hierdie manne besluit om huiswaarts te keer omdat hulle ysmasjien onklaar geraak het en hulle vrag nie veel langer sou hou nie. Oppad huis-toe, was hulle omsluit deur die perfekte storm.
Kaptein Tyne se laaste opgeneemde woorde was: “Sy`s aan`t kom, kêrels, en sy kom sterk aan.” Brandstofdromme, `n brandstof tenk, `n leë lewensgordel en `n paar ander wrakstukke was al wat ooit van die Andrea Gail te vinde was. Kaptein Tyne en die vyf bemanningslede met hom, was deel van byna die helfte van die afgestorwenes, in wat later bekend geword het as die Perfekte Storm van `91.
Was dit maar net `n donderstorm, kon die manne dit gemaak het. Was dit net `n orkaan, kon hulle rondgedobber het. Indien hulle ysmasjien nie onklaar geraak het nie, kon hulle langer op see vertoef het, en nie gewaag het om deur stormsee te vaar nie. Maar dit was die kombinasie van faktore wat `n rampspoedige situasie geskep het, waarin die skip, met die hele bemanning aanboord, gesink het.
`n Perfekte Storm
Dit was die beste tye, dit was die slegste tye, dit was die eeu van wysheid, dit was die tydstip van dwaasheid, dit was die tydstip van geloof, dit was die tydstip van ongeloof, dit was die seisoen van Lig, dit was die seisoen van Duisternis, dit was die lente van hoop, dit was die winter van wanhoop, ons het alles voor ons gehad, ons het niks voor ons gehad, ons was almal oppad na die Hemel, ons was almal direk oppad in die teenoorgestelde rigting – kortom die tydperk was so ver nes die teenwoordige tydperk, sodat sommige van haar luidrugtigste ampsdraers daarop aangedring het om dit te aanvaar, vir beter of slegter, in die oortreffende trap van vergelyking alleenlik.
~ Charles Dickens, A Tale of Two Cities
`n Perfekte Storm is: `n Kombinasie van gebeure wat nie op hul eentjie gevaarlik is nie, maar die gesamentlike gevolge skep `n rampspoedige nasleep.”1 Nie soos gewone storms, is `n perfekte storm veroorsaak deur `n “magtige gekombineerde effek van `n unieke stel omstandighede.”2 Perfekte storms vind nie baie dikwels plaas nie, maar dit is altyd rampspoedig wanneer dit plaasvind.
|
Sestiende eeuse Europa was `n perfekte storm van verskeie – en dikwelse teenstrydige – idees. In Frankryk, was die Renaissance op sy ergste. In Duitsland, het Martin Luther die Bybel in die spreektaal vertaal, wat die gesag van die pous uitdaag, en die radikale konsep van verlossing deur geloof alleen bevorder. In Italië, het Giordano Bruno voorgestel dat die sterre eenvoudig net verre sonne was, moontlik omring deur hul eie planete terwyl Pietro Pompanazzi die leerstelling van die onsterflikheid van die siel betwis het. In die Nuwe Wêreld, het Spanje die Asteekse Ryk verower. Moeslim soldate val Europa binne, moor en maak slawe van Christene soos hulle vorder.
Europa self was verdeel tussen Katolieke en Protestante. Die idee van natuurlike wet – dat sekere regte onafskeidbaar en algemeen is aan die ganse mensdom – het veld gewin. Hierdie nuwe idee het nuwe gedagtes laat posvat, nuwe aspirasies in die harte van die menigtes van die onderdrukte boerestand laat opwel wie in opstand gekom het teen die hewige belastings wat deur hul owerstes afgepers was. Dit het `n “perfekte storm” geskep, wat op sy beurt, die grondslag gelê het vir die Eeu van Ontwikkeling 200 jaar later. In hierdie siedende kastrol van chaotiese verandering, was daar een paartjie wie vasbeslote was om waarheid te volg, ongeag die koste daaraan verbonde. Hulle tyd om aktief vir Yahuwah te arbei was eintlik baie kort – minder as twee jaar – maar hulle invloed, sowel as hulle voorbeeld van getrouheid in die aangesig van vervolging, duur tot op hede voort.
Omtrent die tyd toe Christopher Columbus probeer het om finansiële steun te kry vir sy soeke van `n nuwe roete na Indië deur wes te vaar, was `n baba seuntjie in Stauffen, Duitsland gebore. Baie min is bekend oor Michael Sattler se vroeë lewe en opvoeding, maar wat bekend is, is dat hy by die Klooster van St. Petrus naby Freiberg aangesluit het. Daar word geglo dat hy eintlik die kloosterhoof van hierdie Benedicktynse klooster geword het, wat opsigself voorstel dat hy `n goeie werksetiek gehad het, `n knaphandige administrateur was, en `n vertrouenswaardige karakter gehad het. Dit was `n posisie van mag en respek. Dit het van Michael `n lid van die hoë klas van sy tyd gemaak.
Omdat Michael intellektueel eerlik was, was hy toegewy aan sy oortuiginge. Hy was betrokke in die inter-Benedicktynse Bursfeld hervorming, `n geestelike herlewing te St. Petrus. As kloosterhoof, mag hy selfs in beheer daarvan gewees het. Maar verandering het gekom, soos dit altyd moet wees vir hulle wie intellektueel eerlik is. Eeue later het die Verenigde State president, Abraham Lincoln opgelet: “Wanneer `n man wie eerlik fouteer die waarheid hoor, sal hy eerder opgee om te fouteer of ophou om eerlik te wees.” En Michael was eerlik.
Sint Petrus Klooster in Freiberg, Duitsland |
In die mid-1520s het die Protestantse boerestand die St. Petrus klooster ingeneem. Hulle het aangedring op die vrystelling van die hoë-belasting en die onderdrukking deur die adelikes. Met die nuwe idee van Vryheid en die ewewig tussen alle gelowiges, wou hulle geregtigheid en vryheid hê wat gebaseer is op beginsels wat in die Skrifte vervat is.
Sommige van hierdie boerestand was Anabaptiste. “Anabaptis” beteken om te her doop, omdat hulle baba doop as onskriftuurlik verwerp het. “Hoe kan `n pasgebore baba `n bewustelike besluit neem om Yahuwah te dien?” Was hulle vraag. Die Verlosser Self was nie gedoop alvorens Hy `n volwassene was nie: “En toe die hele volk gedoop en Yahushua ook gedoop is, en Hy besig was om te bid, het die hemel oopgegaan; en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos `n duif op Hom neergedaal . . . En Hy, Yahushua, was omtrent dertig jaar oud.” (Lukas 3:21-23, OV)
Dit is moontlik, selfs waarskynlik, dat die boerestand hulle pleitredes aan Michael, as kloosterhoof, voorgelê het. Hoewel geen geskrewe verslag van hierdie idee bewaar is nie, is drie feite bekend:
- Michael Sattler was intellektueel eerlik en `n toegewyde Christen mens. Soveel so, dat as waarheid uitgewys was, het hy nie gehuiwer om dit te aanvaar nie.
- Michael het die klooster in mid-15253 verlaat.
- Na die verlating van St. Petrus, het Michael na Waldshut area gereis van waar die meeste van die revolusionêres afkomstig was.
Met hierdie bekende feite, is dit veilig om te verklaar dat, as `n intellektuele openhartige man, het Michael simpatiekgesind geraak met die boerestand se saak en hul belange, indien nie heeltemal oortuig van hulle geloof nie. Seersekerlik het hy die geleentheid gehad om verdere studie te doen in die geloofsoortuiginge van die Anabaptiste, na sy aankoms in Waldshut.
`n Paar maande later, dieselfde jaar November 6 tot 8, het Michael die gewilde baba doop redetwis in Zurich, Switserland bygewoon. Hy het waarskynlik net gegaan om die argument aan te hoor, vir en teen die onderwerp. “Teen 1525 was die hervorming stewig gevestig in die stad Zurich.”4 Alhoewel die Protestante in Zurich nog nie die konsep van ware geloofsvryheid beet geneem het nie: die reg van elke indiwidu om vryelik te aanbid soos deur sy of haar eie gewete voorgesê. Die Protestantse owerhede wie die Anabaptiste ywerig vervolg het, het Michael gearresteer en hom in die tronk gegooi. Hy was eintlik op 18 November 1525 vrygelaat om die area te verlaat.
Hierdie vroeë teenstand was eenvoudig maar net `n voorsmaak van wat binnekort sou gebeur.
Werk want die nag kom nader . . .
Ware karakter word openbaar in die keuses wat `n mens onder druk maak– hoe groter die druk, hoe dieper die openbaring, hoe waaragtiger die keuse tot karakter se essensiële natuur. ~ Robert McKee, Storie
Olie verf skildery van `n kunstenaars voorstelling van die Anabaptiste leier, Michael Sattler wie in die woude preek. |
Iewers tussen 1525 en 1526 het Michael met `n vrou by name Margaretha, wie `n Beguine non was, in die huwelik getree. Nes Michael, was Margaretha intellektueel opreg en het sy die orde verlaat gebaseer op persoonlike oortuigings van waarheid. In Junie van 1526, was Michael as `n volwassene gedoop. Dit het baie moed geverg aan beide kante, want dit was waarskynlik dat Magaretha ook her-doop was.
Die vroegste hervormers het die Vryheid van geloof as `n Yah-gegewe reg verdedig. Maar net so gou as wat Protestantisme begin het om staatsgodsdiens te word, het dit ook `n vervolgende mag geword.
Dit is `n feit wat deur vele onlangse geskiedkundiges erken word, dat die vervolging van die Anabaptiste die vervolging van die vroeë Christene deur paganistiese Rome in felheid oortref het! Vervolging het in Zurich begin nadat die Broeders `n gemeente georganiseer het. Inhegtenisnames van verskillende felhede, soms in donker kerkers, was gevolg deur doodstraf. Binne-in `n kort tydperk het die leiers van die Broeders hul lewens in die vervolging verloor.
Anabaptisme was `n hals misdaad. Pryse was op die hoofde van Anabaptiste geplaas. Om aan hulle voedsel en skuiling te verskaf was as `n oortreding gesien. Die hertog van Bavaria het in 1525 bevele gegee dat die aangehoude Anabaptiste aan die brandstapels moes verbrand word – tensy hulle herroep, waar hulle in die geval dan onthoof moes word.5
Die gevare om die dwaalleer op sy te sit en die waarheid te volg was `n werklikheid. Nogtans het Michael en Margaretha die waarheid liefgehad. Waarheid was kosbaarder aan hulle as enigiets anders. James Lane Allen het geskryf: “Vyandskap bou nie jou karakter nie, dit openbaar dit.” En dit was waar van die Sattlers. Vyandskap het die karakters verfyn in die skool van die Hemel, wat skyn met die reflekterende lig van die Verlosser.
Die kwaliteit van karakter van Michael en Margaretha is bekendgemaak in hul volgehoue vriendskap met diegene wie nie met hulle geloofsoortuiginge saamgestem het nie. Laat in 1526, het Michael na Strassbourg gegaan waar hy met Wolfgang Capito, `n Duitse humanis en leidende Protestantse hervormer gewoon het. Hier in Strassbourg, het Michael ook `n ander Protestantse hervormer ontmoet, Martin Bucer. Capito en Bucher het met Michael oor `n aantal punte, insluitende die Anabaptiste se siening oor baba doop, verskil. “Protestante van hierdie tyd het die Anabaptiste oor hul oortuigings verag, ook omdat die meeste ongeletterd en ongesofistikeerd was. Michael was op hul sosiale vlak en hulle het hom begin respekteer. Hy het op hulle `n beroep gedoen om die Anabaptiste deur hulle in hegtenis geneem, te bevry.”6 Tenspyte van hulle verskillende geloofsoortuiginge, het Michael se gemoedelike en innemende gees deurgeskemer in die feit dat hy na Capito en Bucer as sy “geliefde broeders in God” verwys het.
Selfs onder hedendaagse gelowiges, neem baie wie die waarheid volg `n norse, veroordelende gees aan teen diegene wie nie gevolg het om nuwe lig te omhels nie. Dit is maklik om diegene as verlore af te maak wie kleef aan ou dwalinge. Michael se liefderyke, Christelike gees vir diegene wie nie sy menings gedeel het nie is `n getuienis aan elkeen wie waarheid volg. `n Vriendelike, lieftallige agting vir ander, wat respek vir `n ander persoon se waardigheid wys, maak dieselfde wakker in die hart van die ander persoon. Na Michael se veroordeling, het Capito en Bucer self na hom verwys as hulle “liewe vriend in God.” Dit sê verskriklik veel omtrent die karakter van Michael Sattler tydens `n era toe selfs ander Protestante bekend was aan marteling en die brandstapel van diegene met wie hulle verskil het.
Michael se tyd om vir die Hemel te werk was baie kort, maar die golwe van die werk wat hy gedoen het in daardie tyd word vandag steeds gevoel. In Januarie tot Februarie 1527, het Michael na Lahr gereis, `n stad noord van Freiberg, om die waarheid met andere te deel. Laat in Februarie, het hy na die vallei van Schleitheim gereis vir `n belangrike vergadering onder die Anabaptiste gelowiges. Dit was `n geheime byeenkoms. Dit was gevaarlike tye. Diegene wie as leiers na vore getree het, het `n lewensverwagting van slegs twee jaar gehad. Michael s`n was ver minder.
Michael was teenwoordig aan die byeenkoms van 24 Februarie, waar die Anabaptiste eenstemmig was aangaande hul geloofsoortuiginge. Dit was baie revolusionêr vir dié tyd. Behalwe die verwerping van baba doop, het hulle ook eed aflegging verwerp as teenstrydig met die woorde van Yahushua; hulle het verklaar dat die doop net `n uitwendige handeling is wat `n gelowige se bewuste geloofsbelydenis demonstreer; en, die verbasendste van alles, eis hulle die algehele skeiding van Kerk en Staat!
Deur saam te stem oor `n verklaring van sewe artikels, het Michael hulle Geloofsbelydenis in `n dokument genaamd die Schleitheim Belydenisse aangeteken. Hierdie dokument het nog steeds enorme gesag onder die Amish, Mennoniete (doopgesindes), en Baptiste kerke van vandag.
Die dorpie Schleitheim, noord van Zurich digby die Duitse grens.
“Dít is die tye wat die mens se siele beproef . . .”
Ek het geleer dat waagmoed nie die afwesigheid van vrees was nie, maar die sege oor dit. Die heldhaftiges is nie diegene wie nie bang is nie, maar hy wat daardie vrees oorwin. ~ Nelson Mandela
Daar is `n geestelike opwelling wat kom met doen wat jy weet reg is. Sonder twyfel het Michael en Margaretha Sattler vreugde en hoop vir die toekoms gevoel wat gevolg het op die suksesvolle byeenkoms te Schleitheim. Maar dit sou nie lank aanhou nie. Petrus het gewaarsku: “Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel loop rond soos `n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.” (1 Petrus 5:8, OV)
Wanneer waarheid die oorwinning behaal, sal die teenstanders van die waarheid hulle uiterste doen om daarteen te veg. Net `n kort tydjie na die Schleitheim byeenkoms, was Michael en Margaretha Sattler, saammet ander Anabaptiste gelowiges, in Horb gearresteer op bevel van Graaf Joachim von Zollern, die afgesant vir Aartshertog Ferdinant van Oostenryk. Na hulle inhegtenisname in Maart 1527, was hulle na die gevangenis toring in Binsdorf geneem.
Hierdie was normale mense. Die arrestasies wat so vinnig opgevolg het na die triomfantelike byeenkoms te Schleitheim, het die handjievol gelowiges geskud en bevrees gelaat. Niemand wou vervolging, marteling, en die dood in die gesig staar nie. Uit die tronk het Michael briewe aan hulle geskryf, om hulle te bemoedig om sterk en vol geloof te wees.
Ek sê aan julle deur die genade van [Yah], dat, julle waagmoedig moet wees, en wandel soos die heiliges van [Yah] betaam. . . . Laat niemand julle afwend van julle doelstelling nie, soos dit die geval was met sommige tot nou toe; maar gaan reguit aan in alle lankmoedigheid, sonder afwyking, dat julle nie die kruis opneem wat [Yah] op julle gelê het, net om dit neer te lê in teenstelling met die eer en lofsange van [Yah], tot die oortreding en verontagsaming van Sy ewige, ware, regverdige, en lewe-gewende gebooie nie.
Moenie moedeloos raak, as jy deur [Yahuwah] beproef word nie . . . want hom wat [Yah] liefhet tugtig Hy, selfs soos `n vader wat ingenome is met sy seun. Waarop sal julle terugval, as julle vlug van [Yah]? Wat kan jou help as jy [Yah] verlaat? Is dit nie [Yah] wat die hemel en die aarde vul nie?
. . . En laat geen mens jou verwyder van die grondslag wat gelê is deur die letter van die heilige Skrifte nie, en verseël is deur die bloed van Christus en deur baie getuienisse van [Yahushua]. . . . Oorpeins wat ek aan julle skryf ; neem hierdie aangeleenthede ter harte. . . .sodat julle as nederige, godsvrugtige en gehoorsame kinders van [Yah] gevind word. Geliefde broeders, wees nie verwonderd dat ek hierdie saak met soveel erns behandel nie; want ek doen dit nie sonder rede nie. Die broeders het sonder twyfel julle al laat weet dat sommige van ons in die gevangenis is; en nadat die broeders van Horb ook inhegtenis geneem is, het hulle ons na Binzdorf gebring. In hierdie tyd het ons met verskeie planne van ons vyande te doen gehad. Eers het hulle ons met gevangenisskap gedreig; toe met vuur, en agterna met die swaard. In hierdie gevaar het ek myself heeltemal aan die wil van [Yahuwah] oorgegee. En saammet al my mede broeders en my vrou, myself selfs vir die dood voorberei vir Sy getuienis en dan het ek gedink aan die groot getal valse broeders, en aan jou, wie maar min is, naamlik, `n klein kudde; asook, dat daar maar `n paar getroue arbeiders in [Yahuwah] se wingerd is . . . daarom het ek dit noodsaaklik gesien om jou op te wek deur hierdie berisping, om ons te volg in die goddelike wapenstryd, sodat jy jouself moet vertroos daarmee, dat julle nie moeg moet raak van die tugtiging van [Yahuwah] nie.7
|
Michael se woorde skyn soos suiwere goud, skitterend deur die eeue. Sy geloof in Yahuwah, sy liefde vir waarheid, was onwankelbaar.
Die verhoor het tussen 17-18 Mei 1527, in Rotterdam plaasgevind. Michael het ter verdediging van al die gevangenis opgetree, wie `n beroep op die Skrifte doen as die finale gesag in sake van reg en verkeerd.
Michael het verstaan dat ware geestelikheid veel meer is as net lippediens aangaande mens se oortuiginge: dit is hartswerk. Byvoorbeeld, in sy verdediging verduidelik hy waarom Anabaptisme teenstrydig was in die opneem van wapens, sê hy:
As die Turke kom, moet ons hulle nie teenstaan nie; want daar is geskrywe: Jy mag nie doodslaan nie. Ons moet nie onsself verdedig teen die Turke en ons ander vervolgers nie, maar moet Yahuwah oorlaai met versoeke van ernstige gebed en hulle teenstaan. Maar dit het ek gesê, sou oorlogvoering regverdig wees, dan sou ek eerder die slag opneem teen die sogenaamde Christene, wie godsvrugtige Christene vervolg, arresteer en vermoor, as teen die Turke, was om hierdie rede: Die Turk is `n ware Turk, wat niks weet van die Christen geloof nie; en is `n Turk volgens die vlees; maar jy, wie Christen is, en wie roem in Christus, vervolg die godsvrugtige getuienisse van Christus, en is Turke volgens die gees.8
Dit het groot moed gekos om so `n stelling te maak. Hy het sy verdediging opgesom met nog `n duidelike stelling:
Julle dienaars van [Yah], ek waarsku julle om die einde waarvoor Yah julle bestem het te oorpeins, om die boosheid te straf, en om die godsvrugtige te verdedig en te beskerm.
“Aangesien ons dan nie teenstrydig met [Yah] en die Evangelie gehandel het nie, sal julle vind dat nie ek of my broeders of susters in woord of daad teen enige gesag oortree het nie. Daarom dan, julle dienaars van [Yah], indien julle nie die Woord van [Yahuwah] gehoor of gelees het nie, stuur van die geleerdstes, en van die heilige boeke van die Bybel, van watter taal dit ookal mag wees, en laat hulle met ons beraadslaag in die Woord van [Yah]; en as hulle uit die Heilige Skrifte aan ons kan bewys, dat ons fouteer en in die war is, sal ons blymoedig ophou en herroep en ook gewillig die oordeel en straf deurmaak waarvan ons beskuldig is, maar indien geen fout aan ons bewys is nie, hoop ek tot [Yah], dat julle bekeer sal word, en die instruksies ontvang.”
Oor hierdie toespraak het die regters uitgebars van die lag en hulle koppe bymekaar gesit, en het die stadsklerk van Ensisheim gesê, “O jou skandalige, desperate skurk en monnik, sal ons met jou redeneer? Die laksman sal met jou afreken, ek verseker jou.”
Michael het gesê, “[Yah] se wil geskied.”9
Na net `n uur en `n half se beraadslaging, het die regters teruggekeer en die vonnis uitgespreek:
In die saak van die Goewerneur van sy Keiserlike Majesteit versus Michael Sattler, is die oordeel gevel, dat Michael Sattler aan die laksman uitgelewer word, wat hom na die plek van teregstelling sal lei, en sy tong uitsny; hom dan op `n wa gooi, en daar sy liggaam twee maal met rooiwarm tange skeur; en nadat hy buite die poort gebring is, sal hy vyf keer op dieselfde wyse geknyp word.”10
Dit was `n afskuwelike, martelaars vonnis: deur sy tong uitgesny te hê en vlees van sy liggaam geskeur met `n rooiwarm tang, net om uiteindelik lewend verbrand te word. Sommige van die gevangenis het herroep. Maar Michael het sterk gebly. Op die 20ste Mei, 1527, was Michael na die stadsplein in Rotterdam geneem en gemartel. Deur hierdie verwikkelinge het sy geloof nooit gewankel nie. Tenspyte daarvan dat sy tong gedeeltelik verwyder was, het hy voortgegaan in gebed, en gesê:
“Almagtige, ewige [Yah], U is die weg en die waarheid; omdat ek nie gewys is as in die dwaal nie, sal ek met U hulp op hierdie dag getuig tot die waarheid en dit seël [sic] met my bloed.” Daarna was hy in `n groot vuur gegooi. Soos die toue rondom sy hande weggebrand het, het Sattler `n sein aan sy groep gegee dat hy vertroue gehad het op sy lot en gebid, “Vader, Ek gee my gees in U hande oor.”11
Op 20 Mei 1527 was Michael Sattler na sy marteling aan `n leer vasgebind, en toe in `n vuur laat kantel, waarmee hy sy getuienis met sy bloed verseël het. Hy was `n Anabaptis vir minder as twee jaar.
Getrou Tot Die Dood Toe
“Ware heldemoed is om te weet dat jy geklop is voordat jy begin het, maar jy begin in elkgeval en druk deur ongeag wat voorlê.”
~ Harper Lee, To Kill A Mockingbird
Baie min is bekend omtrent Margaretha Sattler maar sy sou binnekort by haar man aansluit. Margaretha was merkbaar `n vrou van sterk oortuiginge en is een van die baie min vroue aktief geassosieer met die Hervorming. Baie van die ander vroue wie saammet haar gevange geneem was, was vroue van die Radikales, maar baie van hulle was vrygelaat weens hulle te kort aan werklike betrokkenheid in die beweging en omdat die meerderheid van hulle herroep het nadat hulle gevang is.”12
Haar heldemoed en krag het selfs die Gravin van Hechingen, die vrou van Graaf Joachim von Zollern onder wiese bevel die Sattlers gearresteer en wie die hoofregter tydens hul ondersoek was, beïndruk. Die gravin het Margaretha in die gevangenis besoek, en haar aangemoedig om te herroep en haar `n plek belowe in die hof waar sy gewoon het.
Margaretha se reaksie aan die gravin het haar eie sterkte van haar oortuigings gewys. Toe die gravin voorstel dat Margaretha in die tronk was net omdat sy `n pligsgetroue vrou was, wie haar man gehoorsaam, het Margaretha waagmoedig geantwoord: “Ek volg nie my oortuiginge as gevolg van my man nie. Ek volg my man as gevolg van my oortuiginge.”13
Twee dae nadat haar man tot as verbrand was, was Margaretha na die Neckar Rivier geneem en verdrink, op Woendag, 22 Mei 1527. Hulle was getroud, op die langste, vir net twee jaar; leiers vir minder as een.
n Gedenksteen aan Michael en Margaretha Sattler wat eenvoudig net sê: “Vir hulle geloof het hulle gesterf.”
“Omring deur so `n groot wolk van getuienisse . . .”
Heldemoed is weerstand teen vrees, oorwinning van vrees – nie afwesigheid van vrees nie. ~ Mark Twain
Michael en Margaretha Sattler se lewens was te kort geknip, maar vir diegene wie sal lewe om Yahushua te sien terugkom, diegene wie moet lewe deur die eindtyd dae van aardsgeskeidenis, wie ere aan Yahuwah bring, is hulle `n skynende lig: `n belofte dat wat Yah vir hulle gedoen het, Hy ook vir jou kan doen.
Stuart Hamblen was `n tawwe, plesier jagter sanger, akteur, en radio omroeper. Nadat hy sy lewe aan Yahushua gewy het, het hy `n ongelooflike transformasie van lewe en karakter ondergaan. Hollywood was aan`t gons --- om nie eens te sê nie --- `n bietjie dronkgeslaan ---- dat die eens jollende tawwe tienie nou openlik `n Christen was. Een namiddag, het Hamblen `n vriend van hom raakgeloop, `n mede-akteur, John Wayne.
“Wat is dit wat ek van jou hoor, Stuart?” Het Wayne gevra.
“Wel, jy weet wat hulle sê, John,” het Hamblen geantwoord. “Dit is geen geheim wat God kan doen nie.”
Klink soos die naam van `n lied,” het Wayne gedink.
Stuart Hamblen het huis toe gegaan en dit in `n lied getoonset. Die getuienis van Michael en Margaretha Sattler, die les wat hulle deesdae leer, is goed opgesom deur die woorde van daardie lied:
It is no secret what [Yah] can do.
What He’s done for others, He’ll do for you!
With arms wide open, He’ll pardon you.
It is no secret what [Yah] can do.
Deesdae het gelowiges `n unieke geleentheid. Ons lewe nou in die laaste dae van die aardsgeskiedenis. Die tyd van benoudheid is net voor ons. Wanneer die basuine begin blaas, sal daar geen rusperiode wees tot die einde nie. Ongekende chaos is op die punt om oor die wêreld los te breek. Wanneer demone, as buitenste ruimte wesens sal verskyn, die aarde sal oorstroom, wanneer die pous verheerlik sal word as die mens se verteenwoordiger, wanneer valse aanbidding afgedwing word met die dood, het jy die geloof om getrou te bly aan die wet van Yah? Wanneer Satan kom, wat Yahushua Homself naboots, en aanspraak daarop maak dat hy die antieke Sabbat na Sondag op die Gregoriaanse kalender verander het, sal jy kleef aan die Woord van Yah alleen?
Die gedagte van vervolging in die gesig staar en die dood mag vir jou vreeswekkend wees. Jy mag dink dat jy nie die heldemoed van martelare het nie. Raai wat? Hulle het dit ook nie gehad nie! Daardie waagmoed was `n geskenk, gegee deur Yah aan Sy getroue kinders, toe dit nodig was.
Jy het nie nodig om die dae wat voorlê te vrees nie. Jy het nie nodig om bekommerd te wees of jy onder druk sal swoeg nie. Jy kan dit alles in die hande van `n liefdevolle Vader laat.
`n Perfekte storm is aan`t kom! Bose magte, demonies en menslik, sal saamwerk om almal wat ere aan Yahuwah bring van die aarde af te verdelg.
Jou deel, op die oomblik, is om Yahuwah so goed te ken, dat jy aan Hom sal vashou, aan Sy beloftes, en Sy liefde, en niks anders nie.
Maak die belofte. Vandag! “Met arms wyd oop, Vergeef Hy jou.” Gaan dan na Hom toe.
Vandag.
`n Perfekte storm is aan`t kom. Berei vandag voor sodat wanneer dit tref, jy nie sal wankel nie.
“Yah is vir ons `n toevlug en sterkte, as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef. Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see. Laat sy waters bruis, laat hulle skuim, laat die berge bewe deur sy onstuimigheid! (Psalm 46:2-4, OV)
3 Some sources suggest Michael may have left the monastery as early as 1523.
4 http://history-switzerland.geschichte-schweiz.ch/reformation-switzerland-calvin.html
5 http://www.gracegems.org/C/persecution_of_the_anabaptists.htm, klem oorspronklik.
7 Thieleman Van Bragt and Jan Luyken, Martyrs Mirror, pp. 419-420.
8 Ibidem, hal. 418.
9 Ibidem.
10 Ibidem., hal. 419.
13 Soos aangehaal in The Radicals.