Hierdie ìs `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die artikels wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuigings. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar raai ons lesers nie aan om ander werke van hierdie skrywer te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC artikels/episodes, hou Spreuke 4:18 in gedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
Dit ondersoek die verwante en onafskeidbare rolle van beide die man en vrou in die huis en Ekklesia. Yahuwah het ons geskape om Sy doel te vervul met uitstaande seëninge, maar ons kulturele gedagtegang het ons insig in die skrifte verdraai. In baie gevalle is die rol van die geslagte omgekeer. Ons kan nie vrede hê as ons nie Yahuwah se beplande doelwitte vervul nie.
Hier, sal ons die vroue se posisie in die familie en Ekklesia volgens die skrifte ondersoek. Die man se rol sal dan baie duidelik word, en die onafwendbare uitjouery van spotters, insluitende hedendaagse ‘vroue bevrydings’ beweging ens., sal wegkwyn in die aangesig van vryheid aangebied in Yahushua.
In die Begin
Adam/mans se rol van die begin af.
Genesis 1:26.
Elohim het Adam geskape na Sy beeld om te heers oor die ganske skepping, maar daar was nie `n ‘hulp’ vir hom nie.
Genesis 2:18.
Adam het die geskape wesens name gegee, bewys van sy gesag oor hulle.
Soortgelyke voorbeelde: - Jakob was Israel genoem, Abram het Abraham geword, Yahuwah het Sy Seun “Yahushua” genoem, ouers het hul kinders name gegee, Yahushua het Simon, Cefas/Petrus genoem. Yahuwah het Homself `n naam gegee omdat daar niemand groter as Hy is nie. Die mens soek na verheffing deur Hom (Adonai, die Here, God, ens.,) te herbenoem.
Die oplossing tot Adam se te kort aan `n “pas maat” aan hom was - Eva
Genesis 2:21-24 Die vrou was en is steeds Yahuwah se mees uitstaande geskenk aan die man en moet vandag liefgehê en gekoester word as `n handeling van danksegging aan Yahuwah.
Adam het haar “manin” genoem (Hebreeus: Isha), Eva (“Chawah”, in Gen. 3:20). Sy moet die man se “pas maat” wees, en nooit oor hom heerskappy hê nie. Ons kan seker wees dat sy nie enige probleem gehad het met die insig van haar doel nie. As sy haar doel vervul, verkry sy `n gelykstaande beloning (Numéri 31:26-27, 1 Samuel 30:24)
Hulle was ongehoorsaam en het afvallig geraak
Ongehoorsaamheid aan Yahuwah het die ongelooflikste rampspoed teweeggebring wat ooit opgeteken is. Dit het die dood van Yahuwah se eers gebore Seun veroorsaak, vir ons sondes.
Genesis 3:1-15.
Eva het goed begin deur Yahuwah se woorde aan te haal, nes Yahushua gedoen het in Mattheüs 4:1-10. Maar sy het toegegee aan die versoeking sodat sy hoër kon uitstyg bo haar geskape vlak en wees nes Yahuwah Self, “gelykstel met die Allerhoogste” (Jesaja 14:14) Die wêreld se verdoemenis was die uiteinde daarvan. Sy “gee ook vir haar man by haar, en hy het geëet.” Adam het dit alles gesien. Hy het in hierdie situasie gefaal om die leiding te neem, te heers en haar optrede van nul en gener waarde te maak. 1. Timothéüs 2:14.
Die man het `n rol in die verkryging van kinders, maar die belofte van oorwinning oor Satan was aan die vrou gegee. Yahuwah het Yahushua as Sy Vader gehad, weens Sy maagdelike geboorte uit `n vrou. Adam het misluk om sy heerskappy oor die slang uit te oefen, maar Yahushua het nie toegegee, maar hoewel verbrysel, het Hy alle versoekinge weerstaan. (Matt. 28:18). Satan mag die heerser van hierdie wêreld wees, maar in die Messias het ons weer outoriteit oor hom Lukas 10:19, Kolossense 2:12, 2 Timótheüs 2:11. Bejammerenswaardig dat sommige verkies om Satan se kinders te wees – 1 Johannes 3:8-10
Om kinders voort te bring van Elohim is Yahuwah se wil vir die huwelik waarin mans en vroue moet saamwerk en nie struikelblokke sal wees nie. Maléagi 2:13-16.
Hedendaagse egskeidings syfer is `n uitstaande bewys van ons misverstand van Yahuwah se wil – vir `n man om soos Yahushua te wees (Efésiërs 5:25) en `n vrou /die Ekklesia, Sy bruid. (Efésiërs 5:22)
Genesis 3:16 maak dit duidelik dat die vrou onder die gesag van haar man sal woon. Adam se verkeerde besluit was bestraf omdat hy “geluister het na die stem van jou vrou”. (Gen.3:16-19). Maar die man se gesag om die besluite van sy dogter of vrou reg te stel/of te beheer bly staan nog vas. (Numéri 30:3-13)
In die skrifte word die man beskou as die “Bah’al” (Hebrew word #1166 of Eienaar/Meester van die vrou.
`n Deugsame <2428> vrou <802> [is] `n kroon <5850> vir haar man <1167>, maar een wat skande maak <954> <8688> [is] soos `n verrotting <7538> in sy gebeente <6016>.
Hierdie woord wat vertaal is as “man” is die Hebreeuse woord #1167 “Bah’al” in die Strong`s Lexikon beteken dit “Meester, dus `n man of (fig.) `n eienaar.” Dit is 14 keer as “eienaar” vertaal, in die OV.
`n Man is die “Meester/Eienaar” van sy vrou, en die `n regverdige man sal haar met respek /waarde/eerbiedig behandel. Yahushua die “bruidegom”, die ekklesia, mans, vrou kinders, die “bruid” wat Hy met Sy lewe gekoop het: 1 Korinthiërs 6:19-20. `n Man se outoriteit oor `n vrou is weens hierdie vasgestelde feit.
Die “Nuwe Testament?”
Sommige voer aan in die Nuwe Testament dat `n vrou “liberaal” is, dat sy die leierskap rol in die ekklesia kan vertolk en gelyk mag wees met die man se outoriteit in die huwelik. Maar daar is geen “nuwe testament” teks teenstrydig met die “Ou Testament” nie. Daarenteen, is daar ondersteuning:
1 Petrus 3:5-6 / Genesis 18:12 Noem Sara vir Abraham “Adonai,” wat beteken “My Meester.” Ook, “Sara het Abraham gehoorsaam.” Die woord Gehoorsaam in 1 Petrus 3:6 hierbo is Strong`s se woord #5219. Die term “Onderdanig” is gelykstaande met “het Gehoorsaam.” Die man is steeds in beheer. Sien ook – Kolossense 3:18, Titus 2:3, Efesiërs 5:22.
Efesiërs 5:23, 24, 1 Korinthiërs 11:3
`n Vrou se rol is uiters belangrik/lewensbelangrik. Die funksies van die man & vrou in die huwelik en die ekklesia is onafskeidbaar. Enige ommekeer lewer uiteindelik resultate in dieselfde ramp gesien in Eden. Die ganske aarde kreun weens dit
Stilte in die byeenkomste
1 Korinthiërs 14:34 is een van die mees kontroversiële verse omdat dit ons kultuur van “bevryde” vroue en swakkeling manne kontrasteer. Die rede dat vroue moet stil bly is dat hulle moet “onderdanig wees” aan die man. Sy neem dit op haarself om die byeenkoms te lei met haar vrae eerder as wat die byeenkoms deur die man geredigeer word. Mans moet die byeenkoms/familie/die wêreld lei om Yahuwah se wil te volg.
Vroue kan Sing, Skrifte lees, en Profeteer
`n Vrou kan sing, die skrifte luid lees, spreek as `n profetes “So sê Yahuwah” – maar nie die byeenkoms ontwrig nie. (1 Korinthiërs 14:31-32)
1 Korinthiërs 14:20 Mans moet veral seker wees om in alle dinge in ware harmonie met Yahuwah se wil wees.
1Timothéüs 2:8-14 gee die beginsels wat gehoorsaam moet word. `n Vrou se nederige hart manifesteer in haar klere drag – met `n nederige gees wat Yahuwah se gebooie vervul.
1 Timothéüs 2:15 Yahuwah het die vroue geseën met swangerskap en versorging van kinders.
Diensmeisies deur Yahuwah Geseën
Lukas 1:38, 46 – Miriam/Maria was Yahuwah se diensmeisie. In Grieks beteken dit “`n vroue slaaf”. Volg haar voorbeeld en Yahuwah sal Sy Gees oor jou uitgiet – Handeline 2:17-18. Hoogmoedige vroue wie aanvoer dat hulle “gees vervuld” is verkies om die mans in die byeenkoms te lei. Maria het nooit `n leermeestersrol aangeneem nie. Haar nederigheid en onderdanigheid het seëninge gebring.
Die profetes Debora
“Vroue bevryding” bewegings is daarop uit om hul leierskap in die byeenkomste te regverdig deur die storie van Debora aan te haal, maar sy was `n profetes wat haar bemagtig het om te sê “So spreek Yahuwah”. Rigters 4:4-9 beskryf Barak as “die swakke” en Debora as “die positiewe” rigter. Rigters 5:2-9 Debora het die mans se leierskaps rol erken. Sy het maar net die woorde van Yahuwah as `n profetes uitgespreek. Yahuwah het verklaar hoe onbevoeg dit vir `n vrou is om in die leierskapsrol te wees.
In Jesaja 3:12- kinders en vroue word beskryf as onderdrukkers en heersers. Hy het nooit ingedagte gehad dat vroue heersers moet wees of kinders onderdrukkers nie.
Aquila, Priscilla
Handelinge 18:24-26 Aquila en Priscilla was `n man en vrou span. Niks dui daarop dat Priscilla haar rol as pas-maat en ondersteuning aan haar man verlaat het nie.
Was daar vroue apostels?
Romeine 16:7 regverdig nie die vroue vryheidsbeweging in die byeenkomste nie. Sommige sê hierdie vers bewys dat Andronikus en Junia “apostels” en “Junia” is `n dame. Dit sê nie dat hulle apostels was nie. Dit sê hulle was ‘in aansien onder die apostels. Soos in, hulle was hoogs aangeskryf in die oë van die apostels. Die Griekse taalkunde ondersteun hierdie siening. Boonop is dit onduidelik of “Junia” (Gr.Junias) `n manlike of vroulike naam is
In Yahushua, is almal een.
Galasiërs 3:27 Sommige gaan van die slotsom uit oor die vers, dat vrouens “gelyk” aan mans is in die byeenkomste.
In Johannes 17:20-21, Yahushua het gebid dat ons almal “een” moet wees. Ons eenheid met Yahushua en Yahuwah maak nie van ons Hul gelyke nie.
In 1 Korinthiërs 11:3, is vroue NIE ondergeskik aan mans nie. Almal is geestelik gelyk in die oë van Yahuwah. Hulle het eenvoudig maar net verskeie rolle/pligte.
In Lukas 10:2, arbeiders is van albei geslagte en gewillig om hul rolle te aanvaar. Sy diensmeisies is nederig, stil, kuis, tuisteskeppers, onderdanig aan hul manne – en sal groot beloning kry in die opstanding.
Dienende vroue
In Matthéüs 27:55, die woord “gedien” in hierdie vers is dieselfde Griekse woord vertaal as “Diaken” in ander verse. Om `n “diakones” in die ekklesia te wees beteken nie dat sy die manne leiding of leringe gee nie.
In Romeine 16:1, Suster Phebe was `n groot ‘hulp’ aan Paulus en andere. Sy was nie Paulus se leier/onderwyser nie. Phebe het in verskeie wyses diens gelewer ter ondersteuning en help aan die broeders. “diakoneo/deaken” word ook hieronder gebruik -
Lukas 8:1, hierdie vroue het hul besittings gebruik om Yahushua te bedien as `n ‘hulp’ aan Hom
Lukas 4:38-39 Simon se skoonmoeder “het hulle bedien/sorg aan hulle verleen”. Sy het gekook/maaltye voorberei vir haar gaste.
Handelinge 9:36-39 Een bewys van Dorkas se goeie werke was die kledingstukke wat sy gemaak het- `n seën vir die byeenkoms.
Goeie werke in die Messias
1 Timothéüs 5:9 toon sommige goeie werke deur vroue gedoen:
[a] Kinder opvoeding.
Moederskap is `n bediening vir die Ekklesia! Wanneer `n byeenkoms gevul is met geordende huise, is dit `n objektiewe/beeldskone voorbeeld aan die wêreld.
Spreuke 14:1. `n vrou kan haar huis afbreek of opbou, dus `n byeenkoms. Kinders kan leer om `n rebel te wees nes Satan of kan `n kind van Yahuwah wees deur haar voorbeeld. [b] “as sy die voete van die heiliges gewas het” Deur die dra van sandale op stofpaaie gebruik deur reisigers, het voetewassing verpligtend gemaak. Dit word nie deesdae waardeer nie weens ons metode van vervoer en toe skoene ens. Maar, deur iemand se voete te was wys steeds nederigheid.Yahushua se dienslewering was beklemtoon in die wassing van Sy dissipels se voete.
[c] “as sy herberg gegee het aan vreemdelinge.” Diens aan andere en voorsiening in al hul behoeftes in `n skoon huis kan onselfsugtige diens wees.
Hebreërs 13:1-2, Handelinge 16:14-15, 1 Petrus 4:9
In 1 Korinthiërs16:15-16, Stefanas se huishouding het dienste gelewer aan die heiliges.[d] “as sy die siekes versorg het” en “as sy ywerig elke goeie werk na gejaag het”.
In Matthéüs 25:31-46, behoeftes in die ekklesia is baie persoonlik vir Yahushua. Gehoorsaam hierdie waarskuwing in hierdie teks.
Niemand vrygestel van diens.
Matthéüs 20:27,28
Yahushua het gefokus op die bediening van andere. Dieselfde geld in die liggaam. Verligting aan die vermoeides/hongeres/swakkes. Die agter die gordyn-dienste sal openlik deur Yahuwah beloon word. Die doel van vroue was nooit om manne te lei of te leer nie. Hulle moes die kinders en jonger vroue leer en begelei;
Titus 2:1
Wanneer vroue daarin misluk om hul mans en kinders lief te hê, selfbeheersing kortkom, buite die huis werk, ens., bring dit onguns oor die woord van Yahuwah en belaster dit. Dit is belangrik vir ouer vroue om hierdie beginsels aan die jongeres te leer, sodat Yahuwah se woord verheerlik word en nooit ooit belaster word nie!
Matthéüs 23:11- Maar die grootste onder julle moet julle dienaar wees. Die Hemelse Vader is die Dienaar, Hy is voortdurend besig om ons te bedien – deur ons die lewe te gee, die hele skepping, selfs Sy eniggebore Seun vir ons verlossing.
Johannes 5:19 “die Seun kan niks uit Homself doen, tensy Hy die Vader dit sien doen nie.” Die Yahushua gesentreerde lewe van diens kos waagmoed. Vreesagtiges sal nooit die koninkryk binnegaan nie!
Openbaring 21:8- “Maar wat die vreesagtiges aangaan- hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel.”
Met elke lid in hul behoorlike rol, sal die Ekklessia voortkom met groot mag en lig, wat Yahuwah se beplande skepping openbaar.
Matthéüs 5:14-16 Laat jou lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die Hemele is, verheerlik. Sodat ons sal hoor:
Matthéüs 25:21- ‘Mooi so, goeie en getroue dienskneg!
Hierdie artikel is gebaseer op `n langer artikel geskryf deur Vader Yahuwah se dienaar, Broeder Tom Martincic.
Ons het al die heidense name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die naam van die Vader en Seun in die Skrifte herstel, soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is - WLC Span