“Toe my eerste kind in my arms gelê was, was daar een gedagte allesoorheersend in my brein: Ek is heeltemal verantwoordelik vir hierdie kleine lewe. Niemand anders nie. Selfs as `n kinderoppasser haar sou seermaak indien ek nie daar is nie, is ek nog steeds verantwoordelik om te kies wie met haar sou wees.”
As gelowiges, is dit ons wens om ons kinders op te voed om burgers van Yahuwah se koninkryk te wees. Om vir hulle `n goeie opvoeding te verkry, werklik te hoop om `n goeie wederhelfte vir hulle te kry, en om ten alle tye finansieël verseker te wees is die dinge waarvoor ons vir hulle hoop, maar die oorhoofse bekommernis wat elke hoop en verlange oorkoepel is om die koninkryk van Yahuwah met ons kinders aan ons sy, binne te gaan.
Die probleem wat `n menigte ouers verwar is dat die Skrifte regtig nie `n klomp besonderhede gee oor net hoe om dit te doen nie.
Efesiërs 6:4 sê: En vaders moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van [Yahuwah].” Spreuke 13:24 sê weer: “Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging.” Met herinneringe van tugtiging as `n kind, is dit maklik om aan te neem dat dissipline dieselfde ding as straf is, maar dit is eintlik hoegenaamd nie dieselfde nie.
Dissipline ≠ Straf
The American Heritage Dictionary beskryf dissipline as: “Opvoeding wat verwag om `n spesifieke karakter of gedragspatroon te ontwikkel, spesifiek opvoeding wat morele of verstandelike bevordering bewerkstellig. … Gekontroleerde gedrag wat die resultaat is van gedissiplineerde opvoeding; selfbeheersing.”
Die grootste geskenk wat ons ons kinders kan gee is om hulle selfbeheersing te leer. Dit kom met dissipline. As ouers, is dit ons Yah gegewe verantwoordelikheid om ons kinders op te voed, om hulle op te lei in regverdigheid en in alle goddelikke gedrag wat ons verlang hulle moet uitleef. Die grondslag van dissipline is selfbeheersing. Soldate het dissipline. Atlete en gimnaste is goed gedissiplineerd, net so met musikante, kunstenaars, en enigiemand, wie deur, opoffering, enige vaardigheid geslyp het.
Ouerskap is harde werk. Ja dit is lonend, maar laat ons eerlik wees: ouerskap reg gedoen is harde werk! Kinders is nie gebore met die kennis van hoe om hul bedjies elke oggend op te maak nie. Hulle word nie gebore met die wete om hul tandjies elke oggend te borsel nie, hulle speelgoed te deel nie, ywerig te werk, en om nie stout te wees nie. Dit kom met opvoeding. `n Kind wat toegelaat word om te slaan wanneer hy kwaad is, raak groot om later sy vrou of sy baas te slaan. Hy mag in die tronk beland daarvoor, wat die regering kans gee om te leer deur strafmaatreëls wat hy as kind moes geleer het deur dissipline.
Oefen die seun volgens die eis van sy weg
In die opvoeding van ons kinders, is dit belangrik om die verskil tussen sonde en kinderlikheid te onderskei. Nie elke laaste ding is `n geestelike aanval of `n geestelike oorwinning nie. Sommige dinge is eenvoudig maar net biologies. Sommige dinge is eenvoudig net gevolge omdat geleef word in `n sondige wêreld. Net so omdat dit nie `n sonde is om menslik te wees nie, nóg is dit inherent sondig om `n kind te wees. Kinderlikheid is nie, binne en buite homself, sondig nie.
Lukas 2:52 is dikwels vertaal as “[Yahushua] het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by [Yahuwah] en die mense.” Maar in die oorspronklike, instede om die verlede tyd van “het toegeneem,” gebruik die Grieke `n intransitiewe werkwoord. Met ander wooorde, sê dit Yahushua het toegeneem in wysheid en statuur en in genade by Yah en die mense.
“Yahushua was `n volmaakte drie-jarige, maar nie met die wysheid en ondervinding van `n volwassene nie. Hy was `n volmaakte 9-jarige, `n 17-jarige, maar weereens, nie met die wysheid wat hy as 30-jarige gehad het nie. Kinderlikheid is nie sondigheid nie en moet nie as sonde behandel word nie. Maar, wat moet gebeur, is oefening. Instruksie. Spreuke 22:15 verduidelik hierdie punt, deur te sê: As die sotheid vassit in die hart van die seun, die tugroete sal dit daaruit verwyder.”
Dus, ja, kinders het behoefte aan korreksie, maar nie weens die toestand van kindwees, en nooit, ooit in woede nie. Dit leer eenvoudig “mag maak reg”
Ook as hy oud is, daar nie van afwyk nie
Spreuke 22:6 is `n interressante, dikwels misverstane belofte. “Oefen die seun volgens die eis van sy weg, dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.” As ouers hou ons daarvan om dit te interpreteer as `n waarborg dat wanneer ons alles regdoen, sal ons volwasse kinders getroue, ywerige Christene wees, maar dit is nie wat dit hoegenaamd sê nie.
Spreuke 22:15 “As sotheid vassit in die hart van die seun, die tugroede sal dit daaruit verwyder.”
|
Yahuwah sal nooit die wil afdwing nie. Onse kinders is indiwidue wie die Yah-gegewe reg het om te aanvaar of te verwerp wat verlossing betref, nes ons. Wat hierdie belofte ons verseker is dat wanneer hulle oud is, sal ons kinders nie by magte wees om weg te kom van die beginsels en goddelike waardes wat in hul kinderdae in hulle geïnstalleer is nie. Hulle mag hulle beste doen. Hulle mag so vining en so vér hardloop as hulle kan, maar hierdie waarhede in die kinderjare geïnstalleer sal in hulle harte bly selfs as hulle weier om daarvolgens te lewe.
As ouers is dit maklik om te veronderstel dat ons werk is om ons kinders van die waarheid te oortuig. Ons wil hê dat hulle die keuses moet maak wat ons voel reg is. En kom ons aanvaar dit: soms neem ons volwasse wordende kinders verkeerde besluite waarvolgens hulle met die gevolge sal lewe. Maar dit is nie ons werk om enigeen te oortuig nie. Dít is die werk van die Heilige Gees.
Yahushua het belowe dat na Sy hemelvaart, sal hy die Vertrooster stuur om `n baie spesiale werk te doen: “En as hy kom, sal hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel.” (Johannes 16:8)
Jesaja 49:25 verseker ons van Yahushua se seëninge: “jou bestryder sal Ék bestry en jou kinders sal Ék verlos.”