Afwesig van die liggaam en teenwoordig met die Heer
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuigings. Sulke atikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lesers nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC artikels/episodes, hou Spreuke 4:18 in gedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om toe te neem soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester die waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
"Hierdie frase word algemeen gebruik om te leer dat met die dood vaar die Christen op uit hierdie wêreld om in `n liggaamlose toestand met Yahushua te wees. Maar `n liggaamlose toestand is definitief nie wat Paulus verlang het nie. Paulus wys instede daarvan na die nuwe liggaam, die pneumatiese liggaam, `n onsterflike liggaam "om met ons woning uit die hemel oorklee te word” (v.2). `n Onsterflike liggaamlose siel of gees wat die liggaam oorleef as die lewende, werkende, essensiële persoon weerspieël die giftige Griekse invloed wat die kerk eeue gelede ingesluip het en `n vernietigende invloed op die evangelie boodskap gehad het.
Paulus gebruik dieselfde uitdrukking van “geklee” wees in 1 Korinthiërs 15:54 (NIV) en verduidelik dan die volgorde van toekomstige gebeure aan gelowiges. Christene sal hul nuwe pneumatiese onsterflike liggaam kry nie met die tyd van die dood, maar tydens die opstanding wanneer Yahushua terugkeer. Die konteks in beide dié gewilde gedeeltes (2 Kor. 5:1-9) en in 1 Kor. 15 saammet baie ander Bybel verse verskaf aan ons “die res van die verhaal.” Nes hulle sê, `n teks sonder `n konteks is dikwels `n preteks. Ons beloning (2 Tim.4:8; Open.22:12) is om opgewek te word uit die dode tydens Christus se wederkoms (1 Kor. 15:23). Ons intrede tot die ewige koninkryk van Yahuwah en Sy Christus (2 Tim.4:1;2 Pet.1:11) moet ook Sy wederkoms afwag.
Maar hierdie enkele frase in 2 Kor.5:8 word dikwels aangehaal om te bewys dat tydens die dood Christene onmiddelik gaan na hul beloning in die hemel in `n liggamlose toestand sonder die voordeel van Yahushua se wederkoms of die opstanding. Paulus begin eenvoudig deur sy verlange te verduidelik om afwesig te wees van hierdie teenwoordige liggaam, hierdie brose, sterflike, sterwende liggaam waarin ons “sug” (vers 4). (“Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood? Rom.7:24). Paulus verlang om beklee te wees met die hemelse tentwoning”… omdat ons nie wens om onbeklee te wees nie [liggaamloos] maar bekleed” met ons herrese liggaam (v. 2-4; 1 Kor.15:21-23).
Om hierdie tydelike liggaam te verteenwoordig, gebruik hy die beeld van “aardse tent” en “tent.” Om ons herrese, onsterflike liggaam voor te stel, gebruik hy meer vaste beelde soos “gebou,” “ewige huis in die hemel” en “hemelse woning” (tweekeer”). Wanneer ons sterf, word hierdie teenwoordige aardse (sterflike) liggaam, inderdaad “vernietig”. (v.1). Dit self is nie wat Paulus verlang nie. Daardie toestand word vergelyk met om “naak” te wees “ongeklee” (om niks te hê nie). Daarenteen verlang Paulus die teenoorgestelde van “onbekleed” en “naak” (letterlik dood). Hy verlang om spreekwoordelik “geklee,” “aangetrek.” te wees, in ons “hemelse woning.” “Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word, dat ons ten minste gekleed en nie naak bevind sal word nie.” (v. 2-3)
(1 Kor. 15:53-54). Die hoof opstandings hoofstuk (1 Kor. 15) verduidelik dit verder. “Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid belee word. En wanneer hierdie verganklike met onverganklike beklee is, en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning!” (1 Kor. 15:53-54)
Vergelyk dit met ons teksvers: “sodat die sterflike deur die lewe verslind kan word” (2 Kor.5:4). Ons hoop is duidelik nie om `n liggaamlose gees te word nie. Ons hoop is om `n nuwe liggaam te hê, `n tasbare liggaam, `n “heerlike liggaam” te hê.
Daarvoor moet ons wag op Yahushua om uit die hemel te kom. “Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook ons Verlosser verwag, die Here Yahushua Christus, wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam” (Fil. 3:20-21).
Deur die algehele beeld in te sien, is dit redelik om tot die slotsom te kom dat Paulus sy verlange geuiter het om afwesig te wees van hierdie “liggaam van die dood.” Hy het uitgesien na die tyd wanneer hy teenwoordig sal wees met die Here tydens die opstanding (en nie daarvoor nie), want om teenwoordig met die Here te wees is om `n liggaam soos Syne te hê. “Maar ons weet dat ons, as Hy sal verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is.” (1 Joh.3:2). “Kyk, my hande en my voete, want dit is Ek self.Voel aan My en kyk, want `n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie” (Lukas 24:39).
As die verlangde toestand eenvoudig is om net liggaamloos te wees om met Yahushua te wees, dan is die opstanding van die liggaam terugwerkend en `n anti-klimaks. Nee, die verlangde toestand is om uit die dode opgewek te word uit die dode wanneer die Here terugkom. Dan moet die graf sy prooi opgee. “Moenie julle hieroor verwonder nie, want daar kom `n uur wanneer almal wat in die grafte is, Sy stem sal hoor en sal uitgaan” (Joh. 5:28-29).
Dit is `n nie-WLC artikel deur David Burge
Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en die Seun in die Skrifte herstel soos dit oorspronklik geskryf was deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel. – WLC Span