Die Leerstelling van Voornaamwoorde Toegepas op Christus se Getuienis van Homself
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC Bybelse huidige oortuigings. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC af kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van van baie dienaaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lesers nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC inhoud [artikels/videos], hou Spreuke 4:18 in gedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
No. 1 Die Leerstelling van Voornaamwoorde sê.
Voornaamwoorde is woorde wat gebruik word as plaasvervangers vir die name van persone of dinge om te dikwelse herhaling van dieselfde woord of geluid te verhoed. `n Persoonlike voornaamwoord is `n plaasvervanger vir die naam van `n titel van `n persoon, en dit impliseer alles wat die naam of titel sal impliseer, sou dit in dieselfde plek gebruik word.
Soos byvoorbeeld: Abraham was `n goeie man, hy was die vriend van Yahuwah, en Yahuwah het hom liefgehad en het `n verbond met hom gesluit. In hierdie sin, word hy een keer gebruik en hom twee keer as `n plaasvervanger vir die naam Abraham. Die betekenis sou dieselfde wees in die volgende vorm: Abraham was `n goeie man, Abraham was die vriend van Yahuwah, en Yahuwah het vir Abraham liefgehad en het `n verbond met Abraham gesluit. Daarom is hy en hom dus voornaamwoorde. Die woord persoon word toegepas op enige intelligente wese – op Yahuwah, op Christus, vir `n engel, of `n mens, hetsy in die liggaam of buite die liggaam.
No. 2 Die Leertelling van Voornaamwoorde toegepas.
Laat die voorafgaande opmerking toegepas word op die Drie-enige model van uitleg van die getuienis van Christus aangaande sy afhanklikheid aan Yahuwah. Dit is wel goed bekend dat die Drie-eniges hierdie hipotesis aangeneem het dat Christus is Yahuwah in een mens. Hier het ons twee onderskei denke in een liggaam, veronderstel om verenigd en geïdentifiseer in die een persoon, Yahushua Christus. Die moontlikheid van so `n eenheid sal ek nóg ontken nóg bespreek. Ek is onkundig aangaande die onderwerp. Maar om te erken dat die hipotese korrek is, is dit duidelik dat die mens niks is vir die Goddelikheid in die persoon nie. Die goddelikheid moet alles wees, volgens die genoegsaamheid, die handelinge, en die heerlikheid van Christus. In hierdie geval, nes in die een voorheen genoem, kan sommige dinge opreg bevestig word as deel van die persoon, wat nie met opregtheid van hart van die ander nie. Maar wanneer Christus of enige ander persoon sê: ek kan, of ek kan nie dit of dat doen nie, omhels die voornaamwoord ek alle magte van die persoon. Elkeen sal erken dat dit onbehoorlik vir my sal wees om te sê, “Ek kan nie dink nie,” verwagtend dat ek myself kan verontskuldig van leuens op die vraag deur te sê dat ek net praat van my liggaam of my pinkie. Hoe ongelukkig dan is die metode wat aangeneem is in die verduideliking van die taal van Christus. Hy`t gesê: “Ek kan niks uit myself doen nie, die Vader binne my, Hy doen die werke.” “My Vader is groter as ek.” Wanneer sulke taal voorgelê word as bewys dat Christus nie die onafhanklike Yahuwah is nie, waag die Drie-eniges om te sê dat in sulke verklarings, “Christus het slegs gepraat van sy menslike hoedanigheid. As `n mens was hy afhanklik, maar as God was hy onafhanklik.”
“Laat dit veronderstel word dat, in die verhoor van Christus voor die Joodse Sanhedrin, was hy ondervra na sy bedoeling van sy dikwelse afhanklikheid van Yahuwah; veronderstel ook dat hy die Drie-enige verduideliking gegee het, deur te sê, “Ek het net van my menslike natuur gepraat, nogtans is ek Yahuwah, gelyk met die Vader. Nee, Ek is die God van Abraham, wie deur ons vaders aanbid was, en wie julle bely om te aanbid.” Sou sy beskuldigers nie groter grondige rede gehad het vir ernstiger beskuldigings as wat hulle gehad het op sy aanspraak dat hy die Seun van Yahuwah is nie? Kon hulle nie baie regverdiglik aan hom gesê het “Of die taal wat jy in jou predikasies aan die volk was ongegrond en misleidend, of wat jy nou gesê het was positiewelik vals. Deur aan te voer, soos jy doen, dat jy niks uit jouself kan doen nie as `n volledige verklaring dat jy geen aanspraak het om as Yahuwah beskou te word nie. Hoe kan jy dan nou verwag om geglo te word as jy sê dat jy God is gelyk met die Vader?
Maar geen sulke formidabele beskuldigings kon sy vyande teen “die Getroue en Opregte Getuie bring nie.” Nooit, glo ek, het die Messias, in enige geval, sy getuienis so gekontrasteer aangaande sy afhanklikheid nie, as om selfs aan sy apostels te blyk dat hy God en mens in een persoon was; of dat hy in enige hoedanigheid of respek die onafhanklike Yahuwah was.
No 3. Johannes se versigtigheid om misverstande te voorkom
Johannes was die geliefde dissipel van Yahushua, die laaste Evangelis wie sy geskiedenis geskryf het, en die een wie die redevoeringe opgeteken het waarin Yahushua sy afhanklikheid baie duidelik uitgebeeld het op Yahuwah, vir sy kommissie en gesag, sy wysheid en mag, en in alles wat hy gesê en gedoen het. In baie gevalle het Johannes spesiale sorg geneem om sy woorde oor Christus verstaanbaar te maak, om enige misverstande van die betekenis daarvan te voorkom. Nie net het hy verskeie name en titels, soos Kefas, Thomas, Siloam, Rabbi, en Messias, verduidelik nie, maar hy het ook wat Christus bedoel het in verskeie gevalle duidelik gemaak, waarin hy misverstaan was deur sy gehoor en sommige wat verkeerd verstaan is deur sy lesers van sy geskiedenis.
In die tweede hoofstuk, word ons vertel dat die Jode aan Yahushua gesê het: “Watter teken toon u aan ons, dat u hierdie dinge doen?” Op hierdie bevel het Yahushua geantwoord, “Breek hierdie tempel af, en in drie dae sal Ek dit oprig.” Deur hul antwoord, het die Jode ten volle bewys dat hulle wat Hy bedoel het, misverstaan het aagaande die tempel. Yahushua het hom nie verwerdig om hulle fout te korrigeer nie. Maar tensy lesers geen respek sou hê aangaande Christus se bedoeling nie, verduidelik Johannes dit so: “Maar Yahushua het van sy liggaamstempel gepraat” (vers 18-21).
In hoofstuk 6:64, sê Yahushua aan sy gehoor, “Maar daar is sommige van julle wie nie glo nie.” Verduidelik Johannes, “Want Yahushua het van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie, en wie hy was wat Hom sou verraai.”
Johannes 7:38, 39: “Hy wat in My glo soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.” In hierdie metaforiese taal sê Johannes, “En dit het Hy gesê van die Gees wat díe sou ontvang wat In Hom glo, want die Heilige Gees was daar nog nie [dit was bv. nie gegee na die opgestane Christus nie], omdat Yahushua nog nie verheerlik was nie.”
Johannes 11:11, 12, 13: Dit het Hy gespreek, en daarna sê Hy vir hulle: “Lasarus ons vriend slaap, maar Ek gaan om hom wakker te maak.” Sy dissipels sê toe: “Here, as hy slaap sal hy gesond word. Johannnes verduidelik. “Maar Yahushua het gespreek van sy dood, terwyl hulle gedink het dat Hy van die rus van die slaap spreek.”
Johannes 12:32: Yahushua het gesê: “En Ek wanneer Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek.” Weer verduidelik Johannes: “Dit het Hy gesê om aan te dui hoedanige dood Hy sou sterwe.”
Johannes 13:10,11: Tydens die voetewassing van Sy dissipels, het Yahushua gesê, “En julle is rein, maar nie almal nie.” Die rede vir hierdie opmerking was deur Johannes gegee: “Want Hy het geweet wie Hom sou verraai. Daarom het Hy gesê: Julle is nie almal rein nie.”
Johannes 21:18: Yahushua het aan Petrus gesê: “Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir jou: Toe jy jonger was, het jy jouself gegord, en rondgegaan waar jy wou, maar wanneer jy oud geword het, sal jy jou hande uitsteek, en `n ander een sal jou gord en jou bring waar jy nie wil wees nie.” Hier het Johannes bygevoeg, “En dit het Hy gesê deur aan te dui deur hoedanige dood hy Yahuwah sou verheerlik, en toe Hy dit gespreek het, sê Hy vir hom: Volg My.”
In laasgenoemde hoofstuk verwys Johannes dat “Toe Petrus hom sien, vra hy vir Yahushua, Meester, maar wat van hom? Yahushua antwoord hom: As Ek wil hê dat hy bly totdat Ek kom, wat gaan dit jou aan. Volg jy My. Deur die vraag en die antwoord bymekaar te bring, het Johannes `n misverstand wat ontstaan het reggestel. Hierdie gesegde het toe onder die broeders uitgegaan dat daardie dissipel nie sou sterwe nie; en Yahushua en Yahushua het nie vir hom gesê dat hy nie sou sterwe nie, maar: As Ek wil hê dat hy bly totdat Ek kom, wat gaan dit jou aan?”
Laat dit nou ernstig oordink word van hoe dikwels Christus in direkte vorm sy afhanklikheid op Yahuwah verklaar het of self-sorgsaamheid ontken het – en hoe seker dit is dat Johannes bewus moes wees dat sulke taal aangenaam was om die oortuiging tuis te bring dat Christus nie die onafhanklike Yahuwah was nie. Ons mag vra, waarom het Johannes nie `n verduideliking, soos in minder belangrike sake, en sê, “Hierdie dinge het Christus gespreek oor sy menslike wese, en nie van homself as God nie?” Verseker as Johannes geweet het of geglo het dat Christus `n onafhanklike persoon of wese was, moes hy ook geweet het dat so `n verduideliking van uitermate groter belang was as enige nou gevind in sy Evangelies. Was hy `n Drie-enige, soos díegene van die moderne tyd, sou hy nie toegelaat het dat so `n magdom getuienisse wat die persoonlike en absolute afhanklikheid van Christus beskryf sou toelaat om verby te gaan sonder verwerdiging om dit te neutraliseer deur een of ander verduideliking nie. As Johannes Christus beskou het as Yahuwah, hoe gering sou dit voorgekom het om te verduidelik wat Christus bedoel het met die slaap van Lasarus of die tempel wat hy sou oprig in drie dae nie, vergelyk met verduidelikings aan wat hy bedoel met honderde gedeeltes wat impliseer dat hy `n onafhanklike wese was, en al sy magte van die Vader gekry het!
Dit is nie in my hart om die opregtheid van my Drie-enigheids vriende te bevraagteken nie. Tog is ek verplig om te wonder of hulle nie sien of hulle verduideliking van onse Heer se woorde hom so `n gewoonte toeken om een of ander dubbelsinnige en bedrieglike taal te gebruik wat die karakter van `n ander persoon sou ruïneer nie. As hy `n onafhanklike persoon was, weet ek nie watter soort taal hy meer valse en bedriegliker kon gebruik het as baie dinge wat Johannes opgeteken het as deur hom gespreek nie. Nóg deur homself óf deur Johannes word geinsiniëer dat, in sprake van sy afhanklikheid, het hy nie van sy hele persoonlikheid gepraat soos Moses gedoen het in dieselfde taal nie. Dit is nie `n buitengewone metode van vrheerliking van die Messias nie, om aan te voer dat sy onafhanklikheid as God ten koste van sy waarheid nie. Ja dit lyk of dit of dit met baie groot selfvertroue gedoen word deur sy Drie-enige dissipels. Maar laat enige Drie-enige homself afvra of hy sal veilig voel om in die gereelde gebruik van sulke misleidende taal, sonder verduideliking, namate sy teorie na Yahushua verwys in wiese mond daar geen bedrog was nie? Kan ek dan nie sê dat `n goeie mens met afsku sal wegdeins van die idee om so `n handeling te aanvaar nie?
Nr. 4. Die Drie-enige verduideliking is nie in harmonie met sy eie hipotesis nie.
Ek mag nie `n tree verder vorder nie. As Yahushua Christus persoonlik die onafhanklike God was, sy verklarings van afhanklikheid van die Vader kon nie akkuraat wees nie, in die sin waarvoor Drie-eniges betoog. Want hulle hipotesis in nie dat die menslike natuur verenig was met die Vader nie, maar `n tweede persoon, net so onafhanklik soos die Vader. Wie kan dan nou nie sien dat self-sorgsaamheid precludes die moontlikheid van persoonlike afhanklikheid nie? Indien Christus persoonlik self onderhoudend was, hoe kon sy menslike natuur enige hulp nodig van iemand anders nodig gehad het? Nogtans het Christus sy steun op die Vader beweer het. Hy het nie gesê dat, “My menslike natuur kan niks uit homself doen nie, maar Ek as God doen al die werk.” Maar om van homself te praat as `n besonderse, enkele persoon, as die Messias, die Seun vn Yahuwah, sê hy, “Van myself sê ek niks.” “Die woorde wat Ek met julle spreek, spreek Ek nie uit myself nie: maar die Vader wat in my woon, Hy doen die werke.” “As julle my liefhet sal julle bly wees dat Ek sê Ek gaan na die Vader, want die Vader is groter as Ek.” “Ek doen niks uit myself nie, maar soos die Vader my geleer het, so spreek ek.”
Kan sulke verklarings moontlik waardig wees sou Christus soos die Vader was, self-onderhoudend en onafhanklik? As dit `n uitstaande objek van Christus was om sy dissipels op hul hoede te stel teen homself te verafgood, wonder ek watter taal hy kon gebruik het better aangepas vir so `n doel. As hy sou gesê het, “Ek is nie God nie, maar wel die afhanklike Seun en Ambassadeur van Yahuwah,” sou die Drie-enige steeds gesê het “hy praat net van sy menslike hoedanigheid.”
Nog `n vraag ontstaan. As die Messias persoonlik die lewende God was, watter geleentheid of motief mag hy gehad het om te kan spreek van die afhanklikheid van sy menslike hoedanigheid op `n manier wat hy moes geweet het impliseer die steun van sy hele persoon? Die kwessie of hy `n afhanklike of onafhanklike wese was, was een van groot belang. Dit word so gesien deur sy vriende van alle denominasies. Dit kon nie anders ingesien word deur die Messias en sy apostels nie. Indien, dan, op `n onderwerp so ernstig en interresant vir die mensdom, kon hy uit gewoonte praat in`n taal so dubbelsinnig, so misleidend, heeltemal so aangepas om beide die geleerdes en die onkundiges, watter vertroue kan geplaas word in wat hy gesê het oor ander onderwerpe? As hy herhaaldelik kon sê “Ek kan nie uit myself,” terwyl hy inderdaad alles uit homself kan doen, watter bewyse kan ons he da thy nie in alles wat hy gesê het `n versteekte bedoeling het nie, direk in teenstelling in wat sy woorde natuurlik oorgedra het? Iets meer ernstig, in my mening, as die natuurlike waardigheid van die Messias is betrokke in hierdie teenwoordige ondersoek – dit is, sy morele genade, sy opregtheid, sy vrygewigheid, en sy welwillendheid en sy opregtheid as `n Leermeester, gestuur van Yahuwah.
Nr. 5. Twee belangrike tekste oorweeg.
In sy liefdevolle onderhoud tussen Christus en sy apostels `n kort tydjie voor die kruisiging, het hyaan hulle gesê, “Die Vader homself het julle lief omdat julle my liefgehad het en gelo het dat ek voortkom van die Yahuwah.” In sy gebed wat onmiddelik daarop volg, terwyl hy praat van sy apostels, het Christus aan die Vader gesê, “Nou weet hulled at alle dinge wat U my gegee het van U is; want ek het aan hulle die woorde gegee wat U aan my gegee het, en hulle het dit aanvaar, en weet sekerlik dat ek van U kom, en glo dat U my gestuur het.”
Hierdie gedeeltes verdien die ernstige aandag van Christene. Om inderdaad te weet dat Christus “voortgekom het van Yahuwah” en om “te glo dat Yahuwah hom gestuur het” moet baie verskillend wees van die wete dat Christus God was, gelyk met die Vader, en om te glo dat hy `n onafhanklike wese was. Dit moet deur Drie-eniges erken word, want hulle plaas die geloof van die unitariërs onder sensuur as hereties of defektief. Maar hulle het werklik geglo dat Christus “voortkom van Yahuwah” en was deur Yahuwah gestuur. Nogtans dink ek dat dit besit word deur Christus, in sy gebed, wat die geloof van sy apostels bevestig in die woorde, “Hulle het geglo dat U my gestuur het” – en dit ook met die geringste aanduiding dat hulle altyd geglo het, of altyd sal glo, dat hy die lewende God was.
Ek mag verder die opmerking maak in die gedeelte in die eersteplek aangehaal, dat Christus `n plegtige versekering gegee het van Yahuwah se liefde vir hulle en uitdruklik gestaaf het waarom hulle so lief gekry word deur Yahuwah. Hy het nie gesê, “Die Vader het julle lief omdat julle geglo het dat ek God en sy gelyke is nie,” – maar dít is sy woorde: “Die Vader homself het julle lief, omdat julle my liefgehad het, en geglo het dat ek van Yahuwah af kom.” Ná die aanhoor van die vele en verskriklike sensuur wat uitgevoer is op almal wie daarin glo dat Christus nie Yahuwah was nie, maar `n geliefde Seun wie “van die Yahuwah af kom,” as beopdrag en deur die Vader gestuur; wie sou kon raai dat so `n vers wat ons nou voor ons het in die Bybel te vinde is. As Christus nie `n fout gemaak het aangaande die grondslag van Yahuwah se goedkeurende liefde vir sy apostels nie, sal daar seersekerlik `n merkwaardige onderskeid van opinie en gevoel wees tussen Yahuwah en te veel Drie-eniges. Die geloof goedgekeur deur Yahuwah en sy Seun was onder sensuur geplaas deur Drie-eniges as godslastering deur baie wie dit veronderstel dat hulle opreg ortodoks in hulle siening van die Messias is.
Dit kan hier niks help om te sê nie, “Dit was net die menslike natuur waarin die apostels geglo het ‘voortgekom van Yahuwah.” Hulle liefde vir Christus, en hulle oortuiging dat hy gekom het van Yahuwah, is die enigste grondslag waarop dit gesê is: “die Vader homself het julle lief.” Behalwe om te glo dat Christus “voort kom van Yahuwah.” is die enigste artikel van geloof in die teks. Of die leerstelling dat Christus die onafhanklike God is waar of vals is, was dit seersekerlik nie `n oortuiging in hierdie leerstelling wat aan die apostels die Vader se liefde verseker het nie.
Dit is `n nie-WLC artikel geskryf deur Noah Worcester, G.D., 1827
Ons het alle heidense name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal, en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die naam van die Vader en Seun uit die Skrif herstel, soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde Skrywers van die Bybel geskryf is. – WLC Span