Het die Roomse Katolieke Kerk, Ons Werklik die Bybel Gegee?
Die groeiende getal van opregtheid van hart en waarheid soekers struikel oor ʼn ontstellende bewering: oor die eis van die Roomse Katolieke dat hulle verantwoordelik is vir die voorsiening van die Bybel aan die wêreld soos ons dit vandag ken. Dit word verklaar dat die Roomse Katolieke gedurende die Konsilie van Nicea die skrywes gekies het wat ingesluit moet word, asook die besluit watter boeke geïnspireerd is terwyl die ander verwerp is wat nie geïnspireerd is.
As hierdie bewering waar is, word die probleem onmiddellik duidelik: as daar oorweeg word hoe baie onskriftuurlike sieninge daar geleer word en beoefen word deur die Katolieke Kerk, en hoe kan ons verseker wees dat die hedendaagse Bybel dit die Woord van Yahuwah is? Wat as dit so is dat die Katolieke Kerk sommige boeke verwerp het wat in die Bybel moes wees? As Katolisisme verantwoordelik is vir ons hedendaagse Bybel, hoe kan ons verseker wees dat dit die regte Bybel is.
Die gedagte dat die Roomse Katolieke Kerk alleen verantwoordelik is vir die voorsiening van die Heilige Bybel aan die wêreld, is nie verassend en kom dit vanuit die Roomse Katolieke hulself. Die Geloof van Miljoene: Die Geloofsbriewe van die Katolieke Geloof duidelik die redes verskaf vir die ongelooflike toeëiening daarvan.
Dit is die Katolieke Kerk wat al hierdie boeke versamel het [van die Nuwe Testament], en hulle in ʼn enkele volume saamgebind het, en sodoende aan die wêreld gegee het wat vandag bekend staan as die Bybel...
1. Die Nuwe Testament is in sy geheel geskrywe deur Katolieke.
2. St. Peter, die eerste Pous van die Katolieke Kerk, is die outeur van twee van sy Sendbriewe.
3. Die Katolieke Kerk het die kanon of lys van boeke bepaal wat die samestelling is van die Nuwe Testament.
4. Die verklaring van die Katolieke Kerk dat die boeke van die Nuwe Testament almal geïnspireerd is deur God maak deel uit van die alleenlik, die algemene geloof van beide die Katolieke en Protestante as deel van hulle geïnspireerde persoonlikheid.
5. Die Katolieke Kerk het bestaan voor die Nuwe testament.
6. Die katolieke Kerk is die moeder van die Nuwe testament.
As sy nie noukeurig die geskrifte van haar kinders ondersoek het, deur sommige te aanvaar en ander goed te keur as waardig vir die insluiting in die kanonieke van die Nuwe Testament, sou daar vandag nie ʼn Nuwe testament beskikbaar gewees het.
As sy nie die boeke verklaar het waaruit die Nuwe Testament saamgestel is as die geïnspireerde woord van Yahuwah, sou ons dit nie geweet het.
Die enigste gesag wat nie – Katolieke besit vir die inspirasie van die Skrifte is die gesag van die Katolieke Kerk. As laasgenoemde verwerp word, bly daar geen logiese gronde oor vir die behoud van die hoof beginsel van alle Protestante – oor die geïnspireerde karakter van die Skrif.1
Die outeur van hierdie ongelooflike verklaring, veroorsaak dat dit doelbewus misleidend is. Hy is doelbewus besig met die verdraaiing van woorde deur ʼn metode van kundigheid en geslepenheid. Deur die term te gebruik van “Katolieke Kerk,” as algemeen te gebruik, word almal gelei om aan te neem, dat dit waarna verwys word dit die Katolieke Kerk is. Alhoewel, dit misleidend is. Bewys die feite van die geskiedenis dat die Roomse Katolieke Kerk eers tot sy bestaan gekom het, ʼn paar honderd jaar nadat die Nuwe testament geskrywe is. Daarom, kon die Katolieke Kerk as ʼn feite punt, nie die “moeder wees van die Nuwe Testament” ook nie kon dit “bestaan het voor die Nuwe Testament.” Daarom, kon die skrywers van die Nuwe Testament nie Roomse Katolieke gewees het.
Dit is waar die doelbewuste misleiding begin. Die aanname wat gemaak is oor die “Katolieke Kerk” is nie die “Roomse Katolieke Kerk,” en nie soos die meeste lesers sou aanneem. Die woord “Katoliek” beteken eenvoudig die “algemene” liggaam van gelowiges, en wat vir ʼn feit bestaan het voor die tyd van die Nuwe Testament. Alhoewel, die aanduiding dat dit alleenlik die verklaring is van die Katolieke Kerk is, en “dat die boeke van die Nuwe Testament dit die enigste gesag vir die algemene geloof van beide gelowe Katoliek en Protestante is, in hulle geïnspireerde vorm,” is beide verkeerd en lasterlik.
So ʼn verklaring verswak die gesag van die Bybel en plaas dit die Roomse Katolieke in die posisie as meerdere tot die Skrif. As die Woord van Yah heilig is omdat die pous dit so verklaar om so te wees, plaas dit die pous in ʼn meer belangrike posisie as Yahuwah, die goddelike Outeur.
Wanneer dit gesien word in die lig van gedokumenteerde feite van die geskiedenis, is so ʼn vermetelde aanspraak niks meer as gewaagd en misleidende gespog.
Die konsilie van Nicea (322 tot 325 n.C.) was byeengeroep deur Konstantyn I, vir kerklike doeleindes alleenlik. Hy wou gehad het dat die Christene moet verenig vir sy eie wêreldse doeleindes. Dit is vanaf hierdie Konsilie dat ons die Geloofsbelydenis van Nicea kry. Geen besonderhede bestaan van enige bespreking van daardie tydperk wat betrekking het watter boeke moet ingesluit word en watter nie ingesluit word in die heilige kanonieke.
Die Nuwe Testament soos dit vandag bestaan was in sirkulasie en erken as geïnspireerd lank voor die Konsilie van Nicea. Al die boeke waaruit die Nuwe Testament bestaan was geskrywe gedurende 95 n.C. Selfs gedurende Paulus se leeftyd, was sy briewe in sirkulasie onder voeë gelowiges. Paulus het die lede van Kolossense beveel: “ En wanneer hierdie brief by julle gelees is,sorg dat dit ook in die gemeente van die Laodicense gelees word en dat julle ook die uit Laodisea lees.” (Kolossense 4 vers 16. Lees ook 1Tessalonisense 5 vers 27.)
Justines die Martelaar deur Theophanes die Kretenzer |
Gedurende die middel van die tweede eeu, is die vier evangelies saam versprei. Die martelaar Justinus (100 tot 160 n.C.) het geen Nuwe Testament by name aangehaal, maar het verwys na hulle “ soos dit opgeten is” of as die “ herinneringe van die apostels.” Hy verwys ook na die meervoud van die Evangelies: “Omdat die apostels, in hulle herinneringe geskrywe het, wat genoem word die Evangelies, en daardeur is aan ons oorgelewer, en wat op die hart gedruk is, dat Yahushua die brood geneem het, en nadat Hy gedank het, gesê het” “doen dit tot my gedagtenis.....” 2
Omtrent 170 tot 175 n.C., het Tatianus ʼn dissipel van Justinus, in harmonie die vier ortodokse evangelies geskep wat bekend was as die Diatessaron. Hierdie gedeeltes was aanvaar in sommige kringe, en self ook vir die vervanging van die vier evangelies, maar die sukses was kortstondig. Wat hierdie harmonie openbaar het, is dat die kerk net vier evangelies erken het.3
Dit is ʼn belangrike punt wat gemaak word omdat dit duidelik al die Gnostiese Evangelies verwerp, wat geskrywe was tussen die tweede en vierde eeue na Christus. Irenaeus, Clemens van Alexandrië en Tertullianus haal almal aan, of noem al die boeke van die Nuwe testament met die uitsonderings na Filemon, Judas, Jakobus, 2 Petrus, en 2 Johannes en 3 Johannes. Jare voor die Konsilie van Nicea se bestaan (185 tot 254) word al die boeke vermeld van beide sowel die as die Ou en Nuwe Testamente! Eusebius, wie genoem word die “Vader van Kerkgeskiedenis” gee rekenskap van die vervolgings wat plaas gevind het onder Keiser Diocletianus. Hy het al die boeke van die Nuwe Testament vermeld. Athanasius biskop van Alexandrië, het op dieselfde manier al die boeke van die Nuwe Testament vermeld. Hierdie is almal voor die Roomse Katolieke tyd skrywers, wat in een of ander manier verwys hulle na die samestelling van die kanononieke van die Nuwe testament.
Die Muratoriese Kanonieke bied nog verdere oortuigende en unieke bewyse dat die Nuwe Testament saamgestel was, voor enige gedeelte van handeling van die Roomse Katolieke Kerk. Hierdie dokument is ʼn gedeelte van ʼn manuskrip wat die oudste en bekende name bevat van die Nuwe Testament se boeke. Die meeste geleerdes glo dat dit geskrywe is gedurende die tyd van 170 tot 200n.C. Die enigste name van die boeke wat ontbreek is Hebreërs, 1 en 2 Petrus en 3 Johannes. Dit is nie ʼn Roomse Katolieke dokument.
Die Roomse Katolieke Kerk soos vandag het glad nie bestaan gedurende die eerste drie eeue na Christus. Dit het alleenlik herrys tot belangrikheid na die ekumeniese pogings van Konstantyn I en die gewettigde Christendom. Selfs gedurende daardie tyd het dit verskeie eeue oorspan.
Die akkurate en besonderse historiese verwysing na die 27 boeke wat die Nuwe Testament bevat, het nie verskyn na ʼn geruime tyd na die Konsilie van Nicea. In die brief wat geskrywe is deur Athanasius, die brief van die “Pase” 367 n.C. was al die boeke genoem. Die sinode van Hippo (393n.C.) het aanvanklik verwys na ʼn geskrewe lys wat gelees kon word in die kerk. Niks van hierdie sinode bestaan vandag. Dit is net bekend omdat daarna verwys is deur die sinode van Kartago (379 n.C.) “ Selfs hierdie historiese bewys van Kartago, en die 24 kanonieke boeke word nie genoem in elke enkele dokument. As voorbeeld, daar word gelees van die “vier boeke van die evangelie ...” Die enigste rede vir die lys is om te bevestig watter skrywes is “heilig,” en kan dit tydens die kerkdiens gelees word. Daar is geen kommentaar hoekom en waarom en hoe daar oor hierdie lys saamgestem is”4
In die lig van die voorafgaande, en die spoggerig eis van die Roomse Katolieke Kerk dat sy die enigste beskermer en bewaarder is van die heilige Skrifte tot op hede, is niks anders as suiwere valsheid. Die Bybel is nie ʼn Katolieke boek. Die Katolieke het dit nie geskrywe, en ook nie haar leerstellings en kerk beantwoord aan die beskrywing van die leerstellings en kerk waarvan sy praat. Die Nuwe Testament was voltooi voor die einde van die eerste eeu, n.C. In ag genome die inhoud daarvan korrespondeer nie met die Katolieke Kerk wat hondrerde jare na die dood van die apostels stadig gegroei het in wat dit vandag is. Die [Roomse] Katolieke kerk is nie die oorspronklik en ware kerk, maar is dit ʼn “kerk” wat gebore is uit baie afwykings en verdorwenheid van die Nuwe Testamentiese Kerk.5
Vier maatstawe wat breedvoerig gebruik word vir die bepaling of die verskeie skrywes geïnspireer is deur die Gees van Yah, en dat dit behoort ingesluit te word in die heilige kanonieke.
1. Die outeur was of ʼn apostel, wat van naby verbind is met ʼn apostel of ʼn eerste hand getuie tot die gebeure wat beskryf word.
2. Die boek was breedvoerig aanvaar deur die liggaam van vroeë gelowiges as waar.
3. Die leerstellings waarvan geleer word is koersvas met wat geleer word deur ander geïnspireerde werke.
4. Die Skrywes bevat bewyse van morele meerder waardigheid en geestelike waardes soos gedemonstreer deur werke van die Heilige Gees in die hart, en in reaksie op wat geleer word in die boek.
Dit is baie belangrik om te verstaan dat geen kerk en geen handeling van die mens verantwoordelik is vir Heilige Geskrifte. Geen Konsilie op die een of ander manier kan enige boek “Inspireer.” Die verskeie verklarings van Konsilies meer en deels erken net wat die liggaam van gelowiges gevestig het as ‘n geïnspireerde bevelskrif. Michael J. Kruger outeur van die “ The Question of Canon, observes”:
“Wanneer mense ontdek dat daar nie deur Nicea besluit is oor die kanonieke, word die volgende vraag gevra: Watter Konsilie het besluit oor die kanonieke? Sekerlik kan ons nie ʼn kanoniek besit sonder ʼn soort gesag, amptelike handeling van die kerk deur wie dit besluit is. Sekerlik besit ons ons ʼn kanoniek omdat daar ʼn sekere groep van mense een of ander tyd gestem het daaroor. Reg?
Hierdie hele manier van redevoering openbaar ʼn beginsel van aanname oor die kanonieke van die Nuwe testament wat reggestel moet word, naamlik dat dit was (of daar moet) daaroor besluit word deur ʼn kerkraad. Die feit van die saak is, as ons na die vroeë kerk se geskiedenis kyk is daar geen so ʼn raad. Verseker moet daar kerklike steeksrade wees wat deklarasies gemaak het oor die kanonieke soos (Laodisense, Hippo, Kartago.) Maar die hierdie streeksrade het nie net “gekies” om die boeke waarvan hulle hou te bevestig, maar die boeke bekragtig wat hulle geglo het wat sal funksioneer as die fundamentele dokumente vir die Christen geloof. Met ander woorde, het hierdie rade die dinge verklaar soos die dinge was, en nie volgens die manier wat hulle wou het dit moet wees.
Dus, het hierdie rade nie geskep, of gemagtig, of die bepaling van die kononiek. Hulle is eenvoudig deel van ʼn proses vir die erkenning van ʼn kanoniek wat alreeds daar was.6
Yahuwah is alleen verantwoordelik vir die voorsiening aan die wêreld deur geïnspireerde skrywes, maar skrywes waarvan Hy alleen die outeur is. “Die hele Skrif is deur Yahuwah ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van Yahuwah volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.” (2 Timotheüs 3 verse 16 en 17.)
Studeer die heilige Skrif. Toevertrou jou verstand aan jou Skepper. Hy het belowe om jou te lei in alle waarheid. “En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van Yahuwah bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.” (Jakobus 1 verse 5 en 6.)
Aanvaar met vertroue dat die Bybel die Woord van die Alvermoënde Een, en dat vir jou persoonlik is. Wysheid en om te verstaan sal gegee word vir almal wie hulself toevertrou om Yahuwah te leer ken deur Sy Woord.
1 John Anthony O’Brien, The Faith of Millions, p. 127, emphasis original.
2 Justin Martyr, First Apology 66, emphasis supplied.
3 “How the New Testament Canon was Formed,” http://www.churchhistory101.com/new-testament-canon.php. Diatessaron is derived from Greek, διὰ τεσσάρων (dia tessarōn) "out of four".
4 Ibid.
5 “Did the Catholic Church Give Us the Bible?” http://www.bible.ca/cath-bible-origin.htm.
6 Michael J. Kruger, “The NT Canon Was Not Decided At Nicea – Nor Any Other Church Council.”