Is “Alles Geskape” Nie Nou Goed Om te Eet Nie? (1 Timóthéüs 4:4-5)
Hierdie is `n nie -WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
“Want alles wat deur Yahuwah geskape is, is goed, en niks is verwerplik as dit met danksegging ontvang word nie; want dit word geheilig deur die woord van Yahuwah in die gebed.” (1 Timóthéüs 4:4-5)
Dit sou ons goed doen om die konteks van hierdie gedagtes te verstaan. In vers 3, sê Paulus dat daar diegene onder ons sal wees wat “gebied dat mense hulle onthou van voedsel wat Yahuwah geskape het om met danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken.”
Die enigste skepsels wat Yahuwah ooit instruksies aan die mensdom gegee het om te eet was rein. (Lev. 11; Deut. 14).
|
Die sleutel frase is “Wat Yahuwah geskape het om met danksegging gebruik te word.” Die enigste wesens wat Yahuwah ooit die mens instruksies gegee het om te eet was rein. (sien Levítikus 11; Deuteronómium 14). Dus, is die dinge wat hierdie valse leraars sê van onthou moet word, rein skepsels! Maar waarom van rein dinge wegbly? Paulus praat nie hier van vegetariërs nie maar valse leermeesters wat aanspraak daarop maak dat hul rein voedsel ritueel onrein geraak het omdat dit van paganiste gekoop was wie hul diere aan hul gode geoffer het. Paulus het dit ook met die Korinthiese gelowiges bespreek:
“Wat dan die eet van offervleis aan die afgode betref, weet ons dat `n afgod niks in die wêreld is nie, en dat daar geen ander Yahuwah is nie, behalwe Een. Want al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is – soos daar baie gode en baie here is – tog is daar vir ons maar een Yahuwah, die Vader uit wie alle dinge is, en ons tot Hom, en een Here Yahushua Christus, deur wie alles is, en ons deur Hom. Die kennis is egter nie in almal nie; maar sommige, nog altyd bewus van die afgod, eet dit as `n afgodsoffer, en hulle gewete, wat swak is, word besoedel. Maar voedsel bring ons nie nader by Yahuwah nie; want as ons eet, het ons geen oorvloed nie, en as ons nie eet nie, ly ons nie gebrek nie.” (1 Korinthiërs 8:4-8)
Onmiddelik kry ons die konteks wat Paulus wil bespreek. Hy debatteer nie oor of onrein dinge nou ietwat veiliger is as voedsel nie maar sal bepreek “aangaande die eet van dinge aan afgode geoffer.” In sy bespreking, sê Paulus dat dit heeltemal reg is om voedsel te eet wat voorheen aan afgode geoffer was, omdat “vir ons, is daar maar Een God, die Vader, van wie alle dinge is.” Weereens is dit rein dinge waarvan ons hier praat. Geen mate van enige seremoniële rituele sal dit wat die een ware Yahuwah rein verklaar het, onrein maak nie. Nie net was dit verkeerdelik geglo dat `n rein dier word ritueel onrein wanneer aan afgode geoffer nie of om selfs in kontak te kom met `n onrein dier nie, maar hulle het ook geglo dat `n Jood word onrein deur in kontak te kom met `n Heiden! Yahuwah het Petrus se begrip hiervan in Handelinge hoofstuk 10 reggestel toe Hy Petrus die gesig laat sien het van rein en onrein diere wat te same in `n doek neergelaat was.
Paulus gaan voort deur te sê dat nie almal het hierdie kennis oor die een ware God en Sy Seun nie, so wanneer hulle hierdie vleis eet, glo hulle verkeerdelik dat hulle onrein gemaak is omdat hulle gewete swak is weens hul geloof as hulle dit eet, eet hulle “as iets aan afgode geoffer.”
Paulus dien ons dan van raad dat ons versigtig moet wees wanneer ons hierdie dinge in hul teenwoordigheid eet:
“Want as iemand jou wat kennis het, aan tafel sien in `n afgodstempel, sal sy gewete, as hy `n swak man is, nie aangemoedig word om van die offervleis aan die afgode te eet nie?” (1 Korinthíërs 8: 9, 10)
Paulus sê hier dat indien diegene met `n swak gewete sien dat jy vleis eet wat aan afgode geoffer is, sal hulle gewete vertroue kry dat dit goed is om voedsel te eet wat aan afgode geoffer is vir die verkeerde redes. Hulle mag dink dat jy oukei is om te glo in ander gode en dat jy geen probleem het met eet daarvan “as iets aan afgode geoffer nie.”
“En moet die swakke broeder vir wie Christus gesterf het, verlore gaan deur jou kennis? Maar deur so teen die broeder te sondig en hul gewete wat swak is, seer te maak, sondig julle teen Christus. Daarom, as voedsel my broeder laat struikel, sal ek in der ewigheid geen vleis eet nie, om my broeder nie te laat struikel nie.” (1 Korinthiërs 8:11-13)
Paulus bedien ons van raad om nie in hul teenwoordigheid te eet nie weens hul swak gewete. Dit is waarom Paulus gesê het, “Maar die voedsel bring ons nie nader by Yahuwah nie; want as ons eet, het ons geen oorvloed nie, en as ons nie eet nie, ly ons geen gebrek nie.” in vers 8
Eet alles wat in die slaghuis verkoop word sonder om navraag te doen, terwille van die gewete. Want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan. En as een van die ongelowiges julle nooi en julle is bereid om te gaan eet dan alles wat julle voorgesit word sonder om navraag te doen, terwille van die gewete. Maar as iemand vir julle sê: Dit is afgodsoffer – moet dit dan nie eet nie, ter wille van hom wat dit te kenne gegee het, en ter wille van die gewete – want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan – ek bedoel die gewete, nie van jouself nie, maar van die ander; …” (1 Korinthiërs 10:25-29)
Want vir die onthalwe van die ongelowige se gewete, moenie vleis eet wat aan afgode geoffer was nie as hulle jou vertel dat dit aan afgode geoffer was selfs as jy weet dat dit heeltemal goed is om so te doen. Wanneer Paulus sê: “eet wat ookal voorgesit word,” praat hy nie van onrein vleis nie, maar vleis wat aan afgode geoffer is, want “vir ons is daar net Een God, die Vader, van wie alle dinge is, en ons vir Hom; en een Here Yahushua Christus, deur wie alle dinge is, en deur wie ons leef.”
Met dit gesê, laat ons teruggaan na 1 Timóthéüs:
“Want alles wat deur Yahuwah geskape is, is goed, en niks is verwerplik as dit met danksegging ontvang word nie; want dit word geheilig deur die woord van Yahuwah in die gebed.” (1 Timóthéüs 4:4-5)
Weereens praat Paulus nie oor “alle dinge” nie aangaande vark, krap, oesters, ens., nie. Hy praat oor hoe alle rein dinge goed is omdat dit “geheilig is deur die woord.” Dít is hulle wat in Levítikus 11 en Deuteronómium 14 gevind is.
Die enigste voedsel goed vir inname is die dinge in harmonie met Yahuwah se Wets ontwerp ...
|
Maar sê Paulus nie dat dit “deur gebed geheilig word nie”? Nee, Paulus sê nie dat gebed oor `n onrein skepsel dit sal reinig nie. Deur te bid oor `n vlermuis, ham, spek, kreef, stinkmuishond, mossels, of `n hond sal nooit hierdie dinge goed vir kos maak nie; nie meer as wat jy bid oor `n sigaret vir goeie gesondheid nie. Dink u om te bid oor `n glas brandstof sal dit goed vir jou maak om te drink? Die enigste voedsel goed vir vertering is die dinge in harmonie met Yahuwah se Wets ontwerp, ongeag van hoe lank of opreg jou gebed mag wees:
“Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is `n gruwel.” (Spreuke 28:9)
In die konteks van wat plaas sal vind in die einde van tyd, waarsku Jesaja:
“‘Die wat hulleself [tevergeefs probeer om hulle te] heilig en hulleself reinig vir die tuine, [om aan afgode te offer], terwyl hulle die een na doen wat in die middel staan; wat varkvleis eet en verfoeisels en muise – almal saam sal hulle tot niet raak, spreek Yahuwah” (Jesaja 66:17.)
Hierdie is `n nie-WLC artikel deur Kevin J Mullins.
Ons het al die paganistiese name van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun vervang soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is – WLC Span