Spiritualisme: Die Groot Misleiding (Deel 2 van 2)
| Ons het, die Name van die Vader en Seun, in die Skrifte aangehaal, op die WLC webtuiste herstel, soos hulle oorspronklik geskryf was deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel. Kliek hier om die Restored Names Version (RNV) van die Skrifte af te laai. Die RNV is `n nie-WLC bron. – WLC Span |

Die Dooies Weet Glad Niks Nie
13. Weet die dooies enigiets, of onthou hulle enigiets?
Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet. Prediker 9:5.
14. Wat voeg die wyse man by, wat vir ewig die idee weerlê dat die dooies na die aarde terugkom om met die lewendes te kommunikeer?
Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn, en hulle het geen meer deel aan alles onder die son nie. Prediker 9:6
15. Dan, as die wonderwerke deur die geeste uitgevoer is deur diegene veronderstellend om ons dooie vriende te wees, waaraan kan ons dit toeskryf?
Want hulle is die geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die Almagtige Yahuwah. Openbaring 14:16
16 Wat sal die karaktertrekke van die laaste dag afvallighede van die geloof wees?
Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang. 1 Timóthéüs 4:1.
In Verbond met Satan
17. Hoe sal Satan die mense mislei?
En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in `n engel van die lig. 2 Korinthiërs 11:14.
LET WEL: Satan se bygelowe sal nuwe vorme in die toekoms aanneem. Dwalinge sal in `n verleidende en vleiende manier voorgestel word. Valse teorieë, geklee in die gewaad van lig, sal aan Yahuwah se volk voorgestel word. So sal Satan probeer, indien moontlik, om selfs die uitverkorenes te mislei.
18. Watter rol sal sy agente voor die einde inneem?
Dit is dus niks besonders as sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke. 2 Korinthiërs 11:15.

19. Is wonderwerke altyd bewys van die mag van Yahuwah?
“Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal voor die oë van die mense. En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen.” Openbaring 13:13-14.
Antwoord: Nee.
20. Het Satan probeer om die wederkoms van Yahushua in A.D. 70 deur tekens en wonder te vervals?
As iemand dan vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! – moet dit nie glo nie. Want daar sal valse Christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes mislei. Matthéüs 24: 23, 24.
Antwoord: Ja.
21. Wat sal gebeur met die bewerkers van sulke tekens en wonders in sy finale koms?
Hy wat die Meester met die asem van Sy mond sal verdelg en deur die verskyning van Sy wederkoms tot niet sal maak hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan. 2 Thessalonicense 2:8-10.
Antwoord: Hulle sal deur Yahushua vernietig word tydens Sy terug koms.
Let Wel: Die Heiland het Sy volk teen misleiding gewaarsku aangaande hierdie punt, en het die wyse van Sy finale koms uitdruklik voorspel.
Al hoe meer, lyk dit asof wêrelgebeure versnel na die onafwendbare klimaks.
Maar in die noukerige hersiening van verskeie periodes in die HIStoriese gebeure, vind ons dat elke generasie gehad het wat hulle gedink het om ‘oortuigende oorsaak’ te wees om tot die slotsom te kom dat hulle getuienisse sien van die laaste gebeure wat die hoogtepunt is in die [finale] terug koms van Yahushua. Ons sê ‘finaal’ want, met sterk gebedvolle ondersoek, het ons verskeie dinge besef insluitend -
(a) Yahushua/Christus het herhaaldelik gewaarsku dat sy wederkoms selfs die uitverkorenes onkant sou vang. Skrifte voorsien geen “tekens van die tye” om aan te dui wanneer die Heiland sal terugkeer nie, sodat elke gelowige moet leef in voortdurende gereedheid vir sy wederkoms, wanneer dit ookal sal wees.
(b) Skrifte verwys - verskeie kere - na Yahushua se ‘wederkoms’ voor Sy finale terugkoms om die koninkryk op aarde te voltooi en dit oor te gee aan Yahuwah.
Soos ons dit nou verstaan, was Sy ‘2de koms’ in die A.D. 70 oordeel / vernietiging van Jerusalem – dit was die einde van die Israeliete se era/wêreld/offerstelsel ens. In Sy Olyfberg Redevoering, sou alles wat Hy gesê het [voor vers 35 van Matt. 24] gebeur tydens DAARDIE bestaande generasie wie aangespreek was. Sy ‘FINALE’ koms was toe NA vers 35 beskryf.
Matthéüs 24:
35 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar My woorde sal nooit verbygaan nie.
36 Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net My Vader alleen.
42 Waak dan, want julle weet nie watter uur julle Here kom nie.
1 Thessalonicense 4:16, 17:
16 Want Yahushua self sal van die hemel neerdaal met `n geroep, met die stem van die aartsengel en met die geklank van die basuin van Yahuwah; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan:
17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word Yahushua tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by Yahushua wees.
Met hierdie koms is daar geen moontlikheid van vervalsing nie. Dit sal in die hele heelal bekend wees -- wêreldwyd aanskou.
LET WEL:
UITTREKSEL: Daar is meer as een “koms” van Christus in die Nuwe Testament. Meeste van ons geskrifte het gesentreer rondom daardie “tweede verskyning” van Christus, wat plaasgevind het in A.D 70. Dit was “tweede” genoem na Sy “eerste” persoonlike verskyning.
22. Wat sal hulle dan sê wat hul liefde vir die waarheid behou het?
En hulle sal in dié dag sê: Kyk, dit is onse Eloah op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos; dit is Yahuwah op wie ons gewag het: laat ons juig en bly wees oor Sy hulp. Jesaja 25:9
Voorkennis is voorafbewapening; sal jy Yahuwah se woord die vaandel van jou lewe maak?







