Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC af kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah, maar ons raai ons lesers nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
Die twee - nature leerstelling skep belaglike scenarios oor Yahushua, wat vele vrae opper.
Belaglike Scenario 1:
Drie – eniges haal aan
“Yahushua se menslike natuur is nie deel van die Drie-eenheid nie.”
“Yahushua se menslike natuur was opgeneem…hy het twee nature gehad … `n ewige een … en een geskape.… die ewige een is een van die persone van die Drie-eenheid … die menslike natuur is tegnies nie deel van die drie-eenheid nie wat beklemtoon dat drie persone een essensiële natuur het…. Yahushua se goddelike natuur is deel van die drie-eenheid…”
“Die Drie-eenheid is Vader, Seun, en die Heilige Gees. Sommige dink “Seun” beteken die menslike wese Yahushua, dus is `n menslike wese deel van die Drie-eenheid. Dit is nie die geval nie.
Die Drie-eniges kan nie verduidelik hoe Yahushua beide `n lid van die Drie-eenheid is en tergelykertyd nie `n lid is nie.
|
As die “mens” natuur nie deel van die Drie-eenheid is nie, waar gaan die “mens” natuur van Yahushua dan heen om nie deel van die Drie-eenheid te wees nie?
Sit die “mens” gedeelte van Yahushua in `n hoekie terwyl sy “God” gedeelte `n lid is van die Drie-eenheid?
Weet die “mens” natuur dat hy nie `n Drie-eenheid lid is nie?
Die Drie-eniges kan nie verduidelik hoe Yahushua beide `n lid van die Drie-eenheid en nie `n lid gelykertyd kan wees nie. En nog steeds leer hulle dat die Drie-eenheid en sy twee nature `n “groot verborgenheid” is wat niemand kan verduidelik of verstaan nie.
Drie-eniges haal aan:
“Dit is `n verborgenheid hoe God kan bestaan in drie persone en nogtans een God kan wees.”
“Die Drie-eenheid is `n verborgenheid, en daarom, kan dit nie ten volle deur die mens verstaan word nie.”
“Dit is moeilik om menslike terme te vind wat kan uitdruk hoe God beide `n eenheid en drie verskillende persone in dieselfde tyd kan wees.”
“Diegene wie die bestaan van die Drie-eenheid verwerp doen dit omdat hulle dit nie kan verstaan nie. Diegene onder ons wie die Drie-eenheidsleerstelling aanvaar verstaan dit ook nie ten volle nie.”
“Kan die Drie-eenheid verduidelik word? Nie deur my nie. Ek probeer nooit verduidelik dit wat nie verduidelik kan word nie.”
“Die Inkarnasie is `n verborgenheid want omdat jy nie kan verduidelik dat God `n mens geword het nie, kan u nie die diepgaande eenheid tussen die goddelike en menslike nature begryp nie.”
“Die verborgenheid van die Inkarnasie kan nie verduidelik word nie.”
Hoe weet die Drie-eniges dat die Drie-eenheid / twee nature waar is omdat hulle dit nie kan verduidelik of verstaan nie?
Hoe weet die Drie-eniges dat die Drie-eenheid / twee nature waarheid is, omdat hulle dit nie kan verduidelik of verstaan nie? As `n leerstelling nie verstaan of rasioneel verduidelik kan word nie, mag dit nie geleer word nie.
|
Indien `n leerstelling nie verduidelik of rasioneel verstaan word nie, moet dit nie geleer word nie.”
1 Kor 14:9-as julle met die tong geen verstaanbare woord uitbring nie, hoe sal `n mens uitbring wat gespreek word? Want julle sal wees soos mense wat in die wind praat.
Die twee nature leerstelling kan nie rasioneel verduidelik word nie omdat dit geen bybelse ondersteuning het waarna verwys word as bewyse dat Yahushua twee dele in homself het nie.
Aanhalings
“Teoloë stem saam dat die Nuwe Testament ook geen eksplisiete leerstelling van die Drie-eenheid bevat nie.” (Deel 15 bl.54) Encyclopedia of Religion
“Is dit nie vreemd nie – as die Drie-eenheid so `n belangrike konsep is, soos die Katolieke en Protestantse kerke glo, wie dit as `n belangrike beginsel en artikel van hul geloof beskou – waarom dan verwys die Bybel nie duidelik na die “Drie-eenheid” konsep nie, en waarom is die woord “Drie-eenheid” NÊRENS te vinde in die Skrifte nie?”
“Volgens traditionele Christen leerstellings, is “Die Drie-eenheid” `n “Verborgenheid” - `n Konsep wat ons as vlees en bloed menslike wesens nie kan verstaan nie. My ondersoek van die Bybel het my gelei tot die slotsom dat dit `n verborgenheid vir God ook is omdat hy dit nie êrens in Sy Heilige Woord noem nie.”
“Die Drie-eenheid is onBybels – dit verskyn hoegenaamd nie in die Ou of Nuwe Testamente nie.”
“Christus het nie onderrig gegee in die Drie-eenheid nie. Trinitariërs kan nie na Hom wys as die uitvinder van hulle geloofsoortuiging nie. Die Trinitariese geleerdes besef dat jy buite die Bybel moet gaan om bewys daarvoor te vind.”
Die Drie-eenheid leerstelling word nie in die Nuwe Testament geleer nie. Dit is steeds alles spekulasie en giswerk. Die Drie-eniges verwys na verse soos Johannes 1:1, Johannes 8:24, Johannes 20:28 om te sê dat Yahushua God is. Dan, heg hulle hul buite-konteks interpretasie van hierdie verse aan die verse wat leer dat Yahushua `n mens is. Dan voer hulle aan dat Yahushua God en mens moet wees, so dat hy twee dele (nature) vir homself het, wat beteken dat hy `n “God-mens” is.
Yahushua is `n MENS
Fil 2:7-8- maar het Homself ontledig deur die gestalte van `n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en `n gedaante gevind AS `N MENS…
Heb 10:12- Maar Hy (hierdie MENS) het, nadat hy een slagoffer vir die sonde gebring het, altyd gaan sit aan die regterhand van God.
Johannes 8:40- maar nou probeer julle om my om die lewe te bring, IEMAND wat aan julle die waarheid gebring het…
1 Tim 2:5- daar is een God, en een Middelaar tussen God en die mense, DIE MENS Christus Yahushua.
Die Nuwe Testament leer herhaaldelik dat Yahushua `n mens was, wat beteken dat Yahushua was totaal en al mens. Dit is baie eenvoudig om te vestaan.
|
Die Nuwe Testament leer herhaaldelik dat Yahushua `n mens was, wat beteken dat die ganse Yahushua`n mens is. Dit is baie maklik om te verstaan. Wanneer die Nuwe Testament leer dat Yahushua versoek was, beteken dit dat Yahushua in sy hele wese versoek was. Dit is baie maklik om te verstaan. Wanneer die Nuwe Testament leer dat Yahushua sê dat die Vader die enigste ware God is en dat die Vader groter is as hy, beteken dit dat die hele Yahushua daardie dinge gesê het.
Daar is geen tweeledigheid aan Yahushua nie…hy het dinge gedoen en gesê as `n volledige enkele persoon en nie as `n “mens” natuur wat dinge gedoen en gesê en `n “God” natuur gehad het wat nie dinge gesê en gedoen het nie.
Yahushua is `n enkele persoon…`n MENS
Die waarheid is dat die Vader alleen God is, wat beteken dat Yahushua nie in homself `n “God” natuur het nie, wat beteken dat die twee nature leerstelling `n valse leerstelling is.
1 Kor 8:6- tog is daar vir ons maar een God, die Vader…
Ef 4-6- EEN God en Vader van almal, wat oor almal is…
Maleági 2:10- Het ons nie almal EEN VADER nie? Het EEN GOD ons nie geskape nie?...
Belaglike scenario 2:
Die twee nature leerstelling leer dat Yahushua gelykertyd aan die kruis gesterf het vir ons sondes en nie aan die kruis gesterf het vir ons sondes nie
Die twee nature leerstelling leer dat Yahushua beide aan die kruis gesterf het vir ons sondes en tegerlykertyd nie vir ons sondes aan die kruis gesterf het nie.
|
Drie-eniges haal aan
“Dit was die menslike deel van Yahushua wat aan die kruis gesterf het, nie die goddelike nie.”
“Net Yahushua se menslike natuur het aan die kruis gesterwe.”
“Christus se goddelikheid het nie aan die kruis GESTERF nie, en SLEGS SY menslikheid het aan die kruis gesterf.”
“Dit is waar dat God nie kan sterwe nie. Dit is ook waar dat die mens kan sterf. Maar ons sien dat Yahushua het twee nature, nie een nie. DIE MENSLIKE DEEL van Yahushua het aan die kruis gesterwe, nie die goddelike nie.”
As dit net die “mens” gedeelte van Yahushua was wat aan die kruis gesterwe het, waarheen het die “God”gedeelte van Yahushua gegaan terwyl die “mens” gedeelte aan die kruis gesterwe het?”
Hoe kan net `n gedeelte van een persoon sterf?
Die Drie-eniges maak daarop aanspraak dat hulle leer dat Yahushua twee “nature” is en nie twee persone nie, maat tog behandel hulle die twee “nature” as twee persone.
Deur te leer dat die “mens” natuur aan die kruis gesterf het vir ons sondes, maar die “God” natuur nie gesterf het aan die kruis vir ons sondes nie, het die Drie-eniges Yahushua verdeel in twee persone wie verskillende dinge van mekaar doen.
Yahushua is nie een persoon as daar `n Yahushua is wie gesterf het en `n Yahushua wie nie geterf het nie. Dit is twee persone.
Drie-enige aanhaling
“Maar hier is die tawwe een vir my. Yahushua was aan `n Romeinse kruis ter dood veroordeel en het gesterwe. Beteken dit dat God gesterf het? Selfs die vraag voel godslasterlik. Het God gesterf? Het God aan twee stukke hout gesterf, met spykers deur sy hande en voete? Logika bied `n voorafgestelde antwoord aan. Yahushua is God. Yahushua het aan die kruis gesterf. Daarom het God aan die kruis gesterf – eenvoudige sillogisme. Maar ek weet nie of ek die Skrifte aan hierdie gevolgtrekking onderwerp nie. Nie as ons te doene het met die Inkarnasie nie… Ons kan dit andersom benader. God het nie aan die kruis gesterf nie. Dit was eerder menslike natuur wat Homself beroof het. Die mens het gesterf, maar nie die God nie. Maar ek vind dit heeltemal onbevredigend. Dit wil voorkom as `n ontkenning van die Inkarnasie. Dit verdeel die menslike en goddelike nature sodanig dat Yahushua nie langer beskou kan word as een persoon nie.”
Nes Nestorianisme, leer Drie-eniges dat Yahushua in sy menslike gedeelte gesterf het maar nie in sy God deel nie.
Nes Nestorianisme, leer Drie-enigheid dat Yahushua gesterf het in sy menslike deel maar nie in sy God deel nie.
|
Nestorius was as `n ketter gebrandmerk vir wat hy geleer het, nogtans het die Drie-eniges die einste selfde dinge geleer.
Aanhalings
“Wanneer ons Christus se handelinge verminder tot Sy nature eerder as Sy persoon, verloor ons die eenheid van Sy persoon en eindig ons op met `n Nestoriese Christus.”
“Ons mag nie die menslike natuur van die goddelike skei nie, asof in die menslike kon hy onafhanlik opgetree het van sy goddelike; dit was, gedeeltelik, die fout van die antieke Nestoriaanse ketters.”
“Wanneer ons die handelinge van Christus beperk tot een van sy nature eerder as sy persoon, vernietig ons die eenheid van sy persoon en eindig ons op met `n Nestoriaanse Christus.”
Nestorianisme
Haal aan
“In Nestoriaanisme was Christus beskryf as goddelik en menslik, wie as een optree, maar nie saam verenig nie. Nestoriane het sulke termonologie soos “God het gely” of “God was gekruisig” verwerp omdat dit die menslike natuur van Yahushua was wat gely het, nie die goddelike natuur nie. Nestorianisme was beskuldig dat hulle Christus verdeel in twee persoonlikhede met aparte ondervindinge.”
Die Drie-eniges leer dat die “menslike” deel van Yahushua aan die kruis gesterf het, maar nie die “goddelike” deel en dat een deel van Yahushua was alwetend maar die ander gedeelte het beperkte kennis gehad. Klink hierdie onderwysinge bekend vir jou? Hulle sal, want die Drie-eniges onderrig op dieselfde wyse.
Die drie-eniges leer dat die “menslike” deel van Yahushua gesterf het, maar die “goddelike” deel van Yahushua het nie gesterf nie, nes Nestorius leer.
|
Die Drie-eniges leer dat die “menslike” deel van Yahushua gesterf het, maar die “goddelike” deel van Yahushua het nie gesterf nie, nes Nestorius onderrig het.
Drie-eniges haal aan
“Dit was die menslike deel van Yahushua wat aan die kruis gesterf het, nie die goddelike nie.”
“Net Yahushua se menslike natuur het aan die kruis gesterf.”
“Christus se goddelikheid het nie aan die kruis gesterf nie en dat NET Sy menslikheid aan die kruis gesterf het.”
“Net die menslike persoon van Yahushua, nie die goddelike persoon van Yahushua, het aan die kruis gesterf nie.”
“Soos Yahushua aan die kruis gehang het, was Hy, in Sy menslike natuur, die ware sondoffer vir Sy volk, en as sulks, moes Hy alleen ly. God kan geen assosiasie met sonde wat ookal hê nie.”
Die Drie-eniges leer dat Yahushua twee nature, twee gedagtes, twee bewusthede, twee wille, twee begrippe, twee intellekte, twee herinneringe, twee verbeeldinge, en twee geeste het en dat die twee nature sy aan sy saam bestaan en afsonderlik en verskillend van mekaar is…
Drie-eniges haal aan
“Christus het twee verstande en twee wille.”
“Daar is geen bewustheid in Christus.”
“Yahushua Christus besit twee wille-een goddelik en een menslik.”
“Hy het twee gedagtes, twee wille en twee geeste.”
“Yahushua Christus besit twee nature, en daarom twee intellekte.”
“Die twee nature en twee wille van Yahushua is saam verbind in die een persoon.”
“Die twee nature is verskillend en apart, verenig in dieselfde persoon, Christus” Hy is “tweeledig van natuur, maar een persoon.” Twee nature, een persoon”
Die Drie-eniges leer dat die twee nature verenig is in een persoon.
|
Die Drie-eniges leer dat die twee nature verenig is in een persoon.
Drie-eniges haal aan
“Christus het twee afsonderlike nature verenig in een liggaam.”
“Yahushua het twee nature verenig in een persoon.”
“Hierdie twee nature is volmaak verenig in een Persoon.”
Die Drie-eniges maak daarop aanspraak dat die twee nature verenig is in een persoon. Steeds behandel hulle Yahushua as twee persone, nes Nestorianisme, met die mens gedeelte van Yahushua wat aan die kruis sterf maar die God gedeelte van Yahushua wat nie aan die kruis sterf nie en die mens gedeelte van Yahushua wat versoek word en die God deel van Yahushua wat nie versoek word nie en die mens deel van Yahushua met beperkte kennis maar die God deel van Yahushua wat alwetend is.
Nestorianisme leer dat Yahushua twee afsonderlike persone is…goddelik en menslik.
Aanhalings
“Nestorianisme is die dwaling dat Yahushua twee afsonderlike persone is.”
“Die leerstelling verdedig deur Nestorius, wat die stoel van Konstantinopel in 428 bestyg het, dat Christus bestaan uit twee afsonderlike persone, een goddelik en een menslik. Was verwerp in die plek van die doktrine dat hy een persoon was, beide menslik en goddelik.”
“Nestorianisme, Christen kettery wat Yahushua beskou as twee afsonderlie persone, nou en onafskeidbaar verenig.”
“Nestorianisme, wat aanvoer dat daar twee afsonderlike persone was, menslik en goddelik, in die Geïnkarneerde Christus.”
Nestorianisme leer dat Yahushua twee onderskeie persone is (goddelik en menslik), en die Drie-eniges leer dat Yahushua twee onderskeie nature het (goddelik en menslik).
Die terminologie tussen Drie-eniges en Nestorianisme is verskillend. Nogtans eindig beide geloofs stelsel op in dieselfde plek, met Yahushua verdeel in twee persone wie verskillende dinge sê en doen van mekaar.
Drie-eniges mag die term “natue” gebruik instede van “persone,” maar die twee “nature” handel soos twee “persone,” so maak dit nie saak dat die Drie-eniges leer dat Yahushua twee nature is en nie twee persone nie.
Daar is geen verskil indien Yahushua twee “nature” of twee “persone” genoem word nie, omdat albei Yahushua behandel as twee verskillende wesens.
Nestorianisme leer dat Yahushua twee verskillende persone is (goddelik en menslik), en die Drie-eniges leer dat Yahushua twee verskillende nature het (goddelik en menslik).
|
Nes Nestorianisme, leer Drie-eniges dat Yahushua se “menslike” deel aan die kruis gesterf het. Maar nie die goddelike nie. Terwyl die “menslike” deel van Yahushua beperkte kennis het, is die “God” gedeelte alwetend.
Drie-enigheid en Nestorianisme neem verskillende weë, maar hulle bereik eintlik dieselfde gevolgtrekking: Yahushua is verdeel in twee persone met verskillende ondervindinge.
Belaglike Scenario 3:
Die twee nature leerstelling leer dat Yahushua beide die tyd van sy wederkoms geken het en terselfdertyd nie geweet het wanneer die tyd vir sy wederkoms sal wees nie.
Drie-eniges haal aan
“Wanneer Yahushua sê dat die Seun nie geweet het nie, praat Hy volgens sy menslikheid, nie sy goddelikheid nie. “Seun” verwys na die menslikheid van Christus in hierdie gedeelte, nie na die goddelikheid nie.”
“Het Christus alles geweet? – As God, het Hy, omdat God alwetend is. Maar as `n mens, sê Yahushua dat Hy nie die tyd van die Wederkoms geweet het nie. {Matt 24:36].”
“In Sy menslike natuur was Hy nie alwetend nie.”
“In Sy menslike natuur het Yahushua `n beperkte menslike kennis gehad.”
As net die “God” deel van Yahushua geweet het wat die tyd van sy wederkoms is, hoe hou Yahushua sy mens van ontdekking van wat sy God deel weet?
|
If only the "God" part of Yahushua knew the time of his return, how does Yahushua keep his man from discovering what his God part knows? As net die “God” gedeelte van Yahushua die tyd van sy wederkoms geweet het, hoe kry Yahushua dit reg om die mens in hom weg te hou van wat sy God gedeelte weet?
Weier die God gedeelte van Yahushua om te praat met die mens gedeelte van Yahushua?
Hou die God gedeelte van Yahushua geheimenisse verborge van die mens deel van Yahushua?
Is daar `n spesiale afsluitings klep in Yahushua se verstand wat sy Gods gedagtes afsonderlik hou van sy menslike gedagtes?
Hoe kan een persoon beide iets weet en iets nie weet nie?
Dit is belaglik om te leer dat Yahushua beide alwetend is en beperk in kennis is. Yahushua sou twee persone wees indien hierdie scenario waar was.
Een persoon kan nie kennis van homself weerhou nie…Yahushua het nie twee breine waarna hy kan oorskakel nie.
Belaglike Scenario 4:
Die twee nature leerstelling leer dat Yahushua beide gelyktydig versoek en nie versoek was nie.
Drie-enigea haal aan:
“Hy was versoek as `n mens, in sy menslike natuur. Nie as God nie. God kan nie versoek word nie.”
“As mens as Hy versoek”
“Yahushua was versoek in Sy menslike natuur, nie in Sy goddelike nie”
“Yahushua kon in Sy menslike natuur versoek word nie in Sy goddelike nie. In die een persoon van Christus, woon twee nature: God en mens ……As mens, kon hy versoek word.”
As dit net deel van Yahushua was wat versoek is, waar het die res van Yahushua heen gegaan met Sy versoeking?
Het die God gedeelte van Yahushua geskei van die mens deel van Yahushua? Ek dink die twee nature moet verenig wees en kan nie geskei word nie. So, hoe kan een natuur versoek word maar die ander natuur nie?
Het Yahushua `n skakelaar gedruk en sy God deel afgeskakel toe hy versoek was en dan die skakelaar weer gedruk het en sy goddelikheid weer aangeskakel het toe die duiwel klaar was?
|
Het Yahushua `n skakelaar gedruk en sy God deel afgeskakel toe hy versoek was en die skakelaar weer gedruk het en sy goddelikheid weer aanskakel toe die duiwel klaar was?
Het die duiwel geweet dat hy net deel van Yahushua versoek het?
Het die duiwel net na die helfte van Yahushua gekom?
Was die God deel van Yahushua ook versoek?
God kan nie deur boosheid versoek word nie, so is dit duidelik dat die God gedeelte nie versoek kon word nie, wat die vraag opbring, “Waarheen het die God deel van Yahushua gegaan toe die duiwel Yahushua versoek?”
Jakobus 1:13- Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie.
Yahushua was versoek om kwaad te doen, wat bewys dat hy nie God kon wees nie.
Heb 4:15- Want ons het nie `n hoe-priester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.
Markus 1:13- En Hy (Yahushua) was daar in die woestyn veertig dae lank, terwyl Hy deur die Satan versoek is,
Lukas 4:1-2- En Yahushua het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af, en is deur die Gees in die woestyn gelei, waar hy veertig dae lank deur die duiwel versoek is;
Lukas 4:5-7- Toe bring die duiwel Hom op `n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in `n oomblik se tyd. En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. As U my dan aanbid, sal alles aan U behoort.”
Die Drie-eniges sê dat Yahushua twee nature het (God-mens) en dat slegs sy “mens” natuur deur die duiwel versoek was.
So, volgens die Drie-eniges het Yahushua een deel gehad wat deur die duiwel versoek was en `n ander deel wat die duiwel nie versoek het nie.
Drie-eniges haal aan
“As `n mens, was Hy versoek.”
“Yahushua was versoek in Sy menslike natuur, nie in Sy goddelike nie.”
“Maar Yahushua Christus, in sy menslikheid, was versoek. God word nie versoek nie.”
Verkeerd: Yahushua was nie versoek as deel van `n persoon nie, maar as `n hele persoon.”
Yahushua was in sy volheid versoek. Hy was nie verdeel in twee dele, en net een van sy dele versoek nie.
Yahushua sou twee persone wees as hy een gedeelte gehad het wat versoek was en `n ander deel wat nie versoek was nie. Een persoon kan nie beide versoek en nie versoek word nie.
|
Yahushua sou twee persone wees as hy een deel gehad het wat versoek is en `n ander deel wat nie versoek was nie. Een persoon kan nie beide versoek en nie versoek word nie.
Boonop, waar leer dit dat net deel van Yahushua versoek was? Dit word verseker nie in die Skrifte geleer nie.
Ons het nie twee Yahushua`s nie…die Yahushua wie versoek was en die Yahushua wie nie versoek was nie.
Toe Yahushua versoek was, was hy as `n geheel versoek, wat beteken dat onmoontlik was vir Hom om God te wees, want God kan nie versoek word nie.Jakobus 1:13). As Yahushua God was, dan was God versoek om te sondig.
Wat `n dilemma het die Drie-eniges vir hulle self geskep. As hulle leer dat Yahushua versoek was net in sy “menslike” deel, dan het hulle Yahushua in twee persone verdeel… Die “menslike” Yahushua wie versoek was en die “God” Yahushua wie nie versoek was nie. En as hulle leer dat Yahushua as God versoek was, dan leer hulle dat God versoek kan word om te sondig, wat onskriftuurlik en godslasterend is.
Aanhalings
“Om te sê dat Hy net versoek was in Sy menslike natuur neig om Christus te verdeel in twee mense, waar een aktiwiteit voortgaan in een van Christus se nature, en nie in die ander nie.”
“Ons kan nie Yahushua op verdeel deur te sê dat in Sy menslike natuur, kon Hy gesondig het, maar in Sy goddelike natuur, kon Hy nie gesondig het nie. Een helfte van Yahushua kon nie gesondig het nie, terwyl die ander helfte nie.”
Die drie-enige posisie dat Yahushua twee dele het en dat slegs een van sy dele versoek was, maak nie sin nie.
Die korrekte leerstelling dat Yahushua `n mens was met sy versoeking is die enigste posisie wat sin maak.
Die drie-enige posisie dat Yahushua twee dele het en dat net een van die dele versoek was maak geen sin nie.
|
Die totale een persoon Yahushua was `n mens, en die totale een persoon Yahushua was versoek. Dit is wat nou perfekte sin maak.
Yahushua is `n enkele persoon…`n MENS.
Fil 2:7-8- maar Hy het Homself ontledig deur die gestalte van `n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en `n gedaante gevind AS `N MENS,…
Heb 10:12- Maar Hy (hierdie MENS) het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God;
Johannes 8:40- maar nou probeer julle om my om die lewe te bring, IEMAND wat aan julle die waarheid vertel het…
1 Tim 2:5- daar is een God, en een middelaar tussen God en die mens, DIE MENS Christus Yahushua;…
Hand 2:22- Israeliete, luister na hierdie woorde! Yahushua, die Nasaréner, `n MAN deur Yahuwah vir julle aangewys …
Belaglike Scenario 5:
Die twee nature leerstelling leer dat Yahushua terselfdertyd gebid en nie gebid het nie.
Drie-enige aanhalings
“Yahushua het gebid in Sy menslikheid, nie in Sy goddelikheid nie.”
“Wat, is dan, die verduideliking van die gebed van Christus? Dit kan net wees dat die menslike natuur van Yahushua gebid het vir die ewige Gees van God. Die goddelike natuur het nie hulp nodig gehad nie; net die menslike natuur het hulp benodig.”
Verkeerd: Yahushua het nie beide gebid en terselfdertyd nie gebid nie…dit is belaglik.
Die Drie-eniges praat van Yahushua asof hy twee persone is…die Yahushua wie gebid het en die Yahushua wie nie gebid het nie.
Ons het nie twee Yahushua[s], wie verskillende dinge van mekaar gedoen het nie.
Ons het net een Yahushua wie as `n totale persoon gebid het en nie as deel van `n persoon nie.
Hoe kan een persoon bid en terselfdertyd nie bid nie?
Het die God deel van Yahushua geslaap terwyl die mens deel van Yahushua gebid het?
|
Het die God deel van Yahushua geslaap terwyl die mens deel van Yahushua gebid het?
Waarheen het die God deel van Yahushua gegaan toe die mens deel van Yahushua gebid het.
Moenie die valse scenario dat net deel van Yahushua na God gebid het, aanvaar nie.
Toe Yahushua tot God bid het die hele Yahushua gebid en nie net `n gedeelte nie.
Yahushua het tot God gebid
Markus 1:34-35- En baie wat aan allerhande siektes gely het, het Hy gesond gemaak en baie duiwels uitgedryf en die duiwels nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle Hom geken het. En vroeg in die môre, nog diep in die nag, het Hy opgestaan en uitgegaan en na `n eensame plek vertrek en daar gebid.
Lukas 6:10-13- En nadat Hy almal rondom aangekyk het, sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit gedoen; en sy hand is herstel, gesond soos die ander een. En hulle is met uitsinnigheid vervul en het met mekaar gepraat wat hulle met Yahushua sou doen. En Hy het in daardie dae uitgegaan na die berg om te bid en die nag in die gebed tot God deurgebring. En toe dit dag geword het, het Hy sy dissipels na Hom geroep en twaalf van hulle uitgekies, wat Hy apostels genoem het:
As Yahushua God was, waarom het hy dan tot die Vader gebid? God bid nie, maar tot Hom word gebid.
Die rede waarom Yahushua tot die Vader gebid het is omdat die Vader die enigste ware God is (Johannes 17:3), en die Vader is groter as Yahushua (Johannes 14:28), (Johannes 10:29), en die Vader is die God van Yahushua (Johannes 20:17).
Die hele een persoon Yahushua het tot die Vader gebid, wie alleen God is.
1 Kor 8:6-tog is daar vir ons maar EEN God die Vader,.
1 Tim 2:5-Want daar is EEN GOD (die Vader), en een middelaar tussen God en die mens, die man Christus Yahushua.
Mal 2:10- Het ons almal nie EEN VADER nie? het EEN GOD ons nie geskape nie?...
The Trinitarians teach that Yahushua has two parts (natures), yet they teach that Yahushua did everything only in his “man” part.Die Drie-eniges leer dat Yahushua twee dele het (nature), nogtans leer hulle dat Yahushua alles net in sy “mens” gedeelte gedoen het.
Yahushua het geleer dat die Vader groter as hy was, dat die Vader is die enigste ware God, en dat die Vader sy God is. Maar steeds sê die Drie-eniges dat Yahushua hierdie dinge net in sy “mens” deel geleer het.
|
Yahushua het geleer dat die Vader groter was as hy, dat die Vader die enigste ware God is, en dat die Vader sy God is. Steeds sê die Drie-eniges dat Yahushua hierdie dinge leer net in sy “mens”gedeelte. Met die dood van Yahushua aan die kruis, sê die Drie-eniges hy net in sy “mens” deel gesterf het. So ook sê hulle, tydens Yahushua se gebede en sy versoeking, was dit net in sy “mens” deel.
Hoe doen een persoon dinge met slegs deel van hom?
Veronderstel dat Yahushua dinge geleer en gebid het in sy mens gedeelte en versoek was in slegs sy mensgedeelte en aan die kruis gesterf het vir ons sondes slegs in sy mens gedeelte en opgewek was uit die dode net in sy mens gedeelte en opgevaar het net in sy mens gedeelte. Waarom het Yahushua behoefte gehad aan `n “God” deel vir hom?
Dit is sinneloos om te leer dat Yahushua “God moet wees” en dan leer dat Yahushua alles gesê en gedoen het net in sy “mens” deel (natuur).
Die Drie-eniges leer dat Yahushua moet God wees om ons verlosser te wees, nogtans leer hulle dat Yahushua ons verlosser is net in sy menslike natuur.
Drie-eniges haal aan
“As Yahushua nie God is nie, dan het die mens geen Verlosser nie.”
“As Yahushua Christus nie God almagtig is nie, wie is dan ons verlosser?”
“As Yahushua nie God is nie, dan het julle geen verlosser nie”
Die Drie-eniges leer dat Yahushua “moet God wees” om vir ons sondes te betaal, maar hulle leer ook dat Yahushua vir ons sondes net in sy “menslike” deel betaal het.
Drie-eniges haal aan
“Dit is waar dat Yahushua nie kan sterf nie. Dit is ook waar dat mens kan sterf. Maar ons sien dat Yahushua twee nature het, nie een nie. Die menslike deel van Yahushua het aan die kruis gesterf, nie die goddelike nie.”
“Die menslike Yahushua het gesterf, maar die goddelike Yahushua het nie.”
“Yahushua het `n menslike liggaam omdat hy `n menslike natuur het en dit was in Sy liggaam waar ons sondes geplaas was.”
“Natuurlik was dit Yahushua die man met Sy menslike natuur wat op die kruis geoffer was.”
As Yahushua aan die kruis gesterf het vir ons sondes net in sy “menslike” deel, dan is dit duidelik dat Yahushua nie behoefte aan `n “God” deel gehad het om vir ons sondes te betaal nie.
Die skrifte leer baie duidelik dat dit was net die MENS Christus Yahushua wie vir ons sondes versoening gedoen het.
|
Die Skrifte leer baie duidelik dat dit net die MENS Christus Yahushua was wie vir ons sondes versoening gedoen het.
Romeine 5:11-15-en nie alleen dit nie, maar ons roem ook in God deur onse Here Yahushua Christus, deur wie ons nou DIE VERSOENING gekry het. Daarom soos deur een mens (Adam) die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, … want as deur die misdaad van die één (Adam) baie gesterf het, veel meer het die genade van God, en die gawe deur die genade van die een MENS, Yahushua Christus, …”
1 Tim 2:5-6- Want daar is een God, en een middelaar tussen God en die die mens, die MENS Christus Yahushua; Wie homself `n losprys vir almal gegee het.
Heb 10:12-maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God…
Nie net leer die Skrifte dat Yahushua net as `n mens vir ons sondes betaal het nie, maar die Drie-eniges leer ook dat Yahushua vir ons sondes betaal het as net `n mens.
Drie-eniges haal aan
“Hy het na die kruis gegaan as MENS om vir ons sondes te betaal.”
“Yahushua het ons werklik gered deur die dade gedoen in sy menslike natuur.”
“Die Bybel sê nooit dat God gesterf het nie. Dit was DIE MENS Christus Yahushua wie homself as `n losprys vir almal.
Drie-eniges leer dat net die “menslike” natuur van Yahushua vir ons sondes aan die kruis gesterf het.
As dit net die “menslike” natuur was wat vir ons sondes versoening gedoen het, waarom het Yahushua dan behoefte om God te wees om te versoen vir ons sondes?
Waarom sou God deur al die moeilikhede gaan om homself in `n “God-mens” te verander om te kom sterf vir ons sondes as maar net `n mens?
Dit maak hoegenaamd nie sin dat Yahushua `n “God” deel benodig om vir ons sondes net in sy “mens” gedeelte te betaal nie.
Daar is geen rede waarom Yahushua God moet wees om versoening te doen vir ons sondes nie as hy nie as God gesterf het nie. Die skrifte leer dat Yahushua net as `n MENS gesterf het.
|
Daar is geen rede waarom Yahushua God moet wees om te versoen vir ons sondes as hy nie as God gesterf het nie.
Die Skrifte leer dat Yahushua net as `n MENS gesterf het.
Rom 5:11-15--en nie alleen dit nie, maar ons roem ook in God deur onse Here Yahushua Christus, deur wie ons nou DIE VERSOENING gekry het. Daarom soos deur een mens (Adam) die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, … want as deur die misdaad van die één (Adam) baie gesterf het, veel meer het die genade van God, en die gawe deur die genade van die een MENS, Yahushua Christus, …”
Aanhalings
“Die verlossende mag van die versoening vereis dat Christus ten volle en uitsluitlik menslik is, sonder enige Goddelikheid van natuur, en sonder enige Goddelikheid wat God alleen besit.”
“Paulus vertel ons dat Christus `n mens moes wees om die versoening te vervul. Nie eenkeer vertel hy ons dat Christus God moes wees nie. Nie eenkeer nie.”
“Drie-eniges maak beswaar dat Christus beskryf word as “net mens” volgens sy natuur – die apostels dring daarop aan. Die feit van die saak is dat die drie-eniges deesdae Christus se veronderstelde “Goddelikheid” beklemtoon. Die apostels beklemtoon sy menslikheid….Die drie-enigheids leerstelling, dogma, en leerstelling alles fokus op bewys dat Christus God was – die apostels se leerstelling fokus op die bewyse dat Christus `n mens was, die seun van God.”
Yahushua is die Christus, die Seun van God, en hy was net `n mens met sy dood aan die kruis vir ons sondes.
Deur `n mens te wees stel wat hy aan die kruis vir ons gedoen het nie in die minste af nie.
Yahushua was `n sondelose mens.
1 Petrus 2:22- Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie.
1 Johannes 3:5- En julle weet dat Hy verskyn het om ons sondes weg te neem, en geen sonde is in Hom nie.
Hebreërs 4:5-want ons het nie `n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Verkort uit: http://bibleteachings.atspace.com/ridiculousdoctrine.html
Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die naam van die Vader en Seun in die Skrifte herstel, soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is – WLC Span