Verwerping van Goddelike lig deur die SDA Kerk: `n Herhalende verskynsel wat sy lot seël. (Deel 2 van 3)
Die kerk geskiedenis wys `n herhaalde, blatante verwerping van goddelike lig tydens sy vroeë ontwikkeling, wat veroorsaak dat sy nie nuwe lig ontvang nie. |
Die neiging dat die Sewende-Dag Adventiste Kerk goddelike lig verwerp, het `n herhalende verskynsel geword wat haar “lot verseël het” is `n merkwaardige punt van teologiese en historiese refleksie. Hierdie konsep stel voor dat die Sewende-dag Adventiste Kerk, by verskeie kruispaaie in haar geskiedenis, of gefaal het om die goddelike openbaringe van waarhede wat aan haar voorgestel is, ten volle te besef of dit te aanvaar, wat `n volhoubare impak tot haar groei, doktrinale klarigheid, en sy breër invloed in die wêreld, kon hê.
Om hierdie historiese realiteit te verken, is dit belangrik om te delf in twee sleutel gebeure waarin die kerk Yahuwah se lig objektiewelik verwerp het in hul soeke na aanvaarding deur die Christendom en hoofstroom ‘wetenskap.’ Hierdie twee verwerpings het betrekking op die plat aarde lig en die Lunar Sabbat. Hierdie artikel sal fokus op die Lunar Sabbat lig wat vroeg in die twintigste eeu plaasgevind het.
Historiese agtergrond:
Die datum van 22 Oktober 1844, saam met die Groot Teleurstelling, het `n teologiese krisis vir die vroeë Adventiste geskep. Maar, dit het tot `n dieper ondersoek van bybel profesie en tydhouding gelei. Die lunar Sabbat dilemma het opgeduik namate sommige Adventiste gepoog het om die Sabbat te versoen met die maan siklus, deels weens vrae geopper deur die gebeure van 1844. Nogtans het die Sewende-dag Adventiste Kerk die lunar Sabbat teorie verwerp ten gunste van sy ‘tradisionele oortuiging’ in `n vasgestelde, aaneenlopende weeklikse Sabbat, gesetel in `n skeppings week en die vierde gebod.
Die Lunar Sabbat Dilemma
Die lunar Sabbat teorie het ontstaan as respons uit die Oktober 22, 1844 datum en die begrip van Sabbat onderhouding binne-in die Adventiste gemeenskap. Sommige lede van die beweging het begin bevraagteken of die Sabbat waarlik `n vasgestelde, aaneenlopende sewe-dae week was of moes dit gekoppel word aan die lunar siklus, waar die maan die begin van `n nuwe maand aandui. Voorstaanders van die lunar Sabbat teorie het geargumenteer dat die Sabbat bedoel was om te val op die sewende dag na die nuwe maan dag van elke maansomwenteling, wat aandui dat dit elke maand sal verander en dat die Sabbat eintlik geassosieer was met die maan fases eerder as die aaneenlopende weeklikse siklus.
Die kerk leierskap het die aanvaarding van die verskuiwing van die Sabbat dag elke maand in die Gregoriaanse kalender, as uitdaging beskou. Daar was bekommernisse om so `n verandering te aanvaar, selfs as dit deur die bybel verse ondersteun sou wees, die gemeente sou ontsetel en moontlik `n skeuring onder die lede bring: diegene wie die tradisionele vasgestelde Sabbat gebasseer op die aaneenlopende siklus wou behou en diegene wie se doel dit is om die Bybel Sabbat te onderhou ongeag van die oproer wat sulke aanvaarding mag behels.
Die Grace Amadon Lêers en Hul Bydrae aan die Lunar Sabbat Navorsing:
Die Grace Amadon lêers bevat haar navorsing, haar briewe, artikels, en ander materiaal in verband met die lunar kalender en sy verband met die bybelse Sabbat. Hierdie lêers dokumenteer bevindinge, slotsomme, en argumente aangaande die maan siklusse en sy verwantskap met die bybelse Sabbat. Sommige van die sleutel punte van die Grace Amadon lêers sluit in:
-Lunar Sabbat Argument: Amadon argumenteer dat die bybelse Sabbat gebaseer was nie op weeklikse siklus, soos tradisioneel onderhou deur die meeste Christene en Sewende-dag Adventiste nie, maar instede daarvan vasgestel was deur die fases van die maan. Volgens Amadon, het die Sabbat op die sewende dag van die maan siklus geval, wat beteken dat dit elke maand kon verander afhangende van die tyd van die nuwe maan.
- Kalender Stelsels: Amadon se navorsing het ook die gebruik van lunar kalenders in antieke tye ondersoek en die historiese bewysse wat daarop dui dat die Sabbat aanvanklik onderhou was in konjunksie met die maansiklus. Sy het verskeie kalender stelsels verken, insluitende die lunar kalender in antieke Israel gebruik en die potensiële bybelse basis vir `n luni-solar kalender.
- Kritiek op die Aaneenlopende Weeklikse Silkus: Een van die hoof kritieke in Amadon se lêers is die oortuiging dat die aaneenlopende weeklikse siklus—bepleit deur die SDA Kerk—`n onakkurate interpretasie is van hoe die Sabbat in die Bybel onderhou was. Volgens Amadon en ander lunar Sabbat voorstaanders, is die vasgestelde weeklikse siklus voorgestel deur die Gregoriaanse kalender, nie in lyn met die bybelse kalender sisteem en harmoniseer dit nie met hoe die Sabbat oorspronklik onderhou moes word nie.
- Nuwe Maan Dag: Die ondersoek erken dat die Nuwe Maan as `n merkwaardige gebeurtenis in die Hebreeuse kalender, dit van die Sabbat onderskei het. Die Nuwe Maan word herken as die eerste dag van die maand wat die vier weeklikse Sabbatte instel binne-in elke maansomwenteling.
Tenspyte van die onweerlegbare bevindinge voorgestel deur Grace Amadon se navorsing en hul implikasies vir die verbintenis tussen die bybelse Sabbat en die maansiklusse, het die Sewende-dag Adventiste verkies om die Lunar Sabbat te verwerp. Hierdie besluit het gelei tot `n mislukking om goddelike waarheid en Bybelse akkuraatheid te omhels om die status qou van `n tradisionele Sabbatviering te handhaaf. Die leierskap kon nie die idee aanvaar van beide die lede en Sabbat opponente dat hulle fundamenteel verkeerd was omtrent so `n deurslaggewende lering van die kerk nie. Hulle het besluit op `n maklike weg uit hierdie dilemma. Die kerk het konsekwent die status verkies bo die omhelsing van nuwe goddelike ligstrale.
Gevolglik het die Sewende-dag Adventiste Kerk die aaneenlopende weeklikse siklus opgehef om sy tradisionele Saterdag Sabbat te onderhou, grootliks oor Ellen White se geskrifte wat voorspraak doen vir hierdie ononderbreekte weeklikse siklus. Hulle het die bevindinge voorgestel in Grace Amadon se leers, verontagsaam om die kerk eenheid en tradisie te behou. Deur goddelike lig te verwerp op hierdie wyse, het die Sewende-dag Adventiste Kerk, weereens na sy eie fatale nadeel, besluit om die mens te behaag eerder as Vader Yahuwah; gemak oor beginsel geprioritiseer.
Slotsom:
Ons is oortuig dat Vader Yahuwah opgehou het om enige nuwe lig oor die Sewende-dag Adventiste Kerk laat skyn het. Nadat hulle prontuit Yahuwah se model van bybelse skepping in die laat neëntiende eeu verwerp het en dit vervang het met Satan se geïnspireerde bolvormige model, saammet die verwerping van die bybelse Sabbat en luni-solar kalender vir die identifisering van die Sabbat, het die kerk die Drie-enigheidsleerstelling in die vroeë 1980`s aanvaar om ten volle geïntegreer te word as `n hoofstroom denominasie. Deur sy rug te draai op die Een God, Vader Yahuwah, en Hom te vervang met `n paganistiese drie-in-een-god, het die Sewende-dag Adventiste haar eie ewige bestemming verdoem. Nog slegter, deur die Drie-enigheid leerstelling te aanvaar, het hulle, in effek, `n christus aanvaar wat onmagtig is om die ewige lewe aan enigeen te gee -`n Platoniese christus, wie die produk is van die Griekse mitologie en so leweloos is soos `n stuk rots. Hierdie bejammerenswaardige realiteite konfronteer die opregte gelowiges wat steeds vasgevang is binne-in hierdie gevalle kerk met `n keuse: bly jy om haar verdoemenis te deel, of vlug jy vir jou lewe?
Ons dring by jou aan om vir jou lewe te vlug!