Die Katolieke Kerk was altyd baie eerlik omtrent haar rol in die verandering van die kalender. Moderne sabbatariërs het veronderstel dat Saterdag die Bybelse Sabbat was, maar die Katolieke Kerk self het nooit die rol ontken wat sy in die verwerping van die luni-solar Sabbat van die Bybel gespeel het en instede daarvan aanbidding op dies Solis, die dag wat die Son bevorder het nie.
Die besluit van die Raadsitting van Nicaea om die Bybelse kalender berekening op sy te sit was eenvoudig maar net erken deur Konstantyn in sy koninklike wetsontwerp. Die biskoppe wou die bande met Judaïsme verbreek. Anti-semitisme het `n rol hier gespeel, soos gesien kan word in die vooraf aangehaalde stelling deur Konstantyn gemaak. “Laat ons niks in gemeen met die verfoeilike mense, [die Jode] hê nie ….”(1)
Patrick Madrid, het `n punt hiervan in `n radio onderhoud op Januarie 5, 2006 gemaak:
Daar was `n duidelike breuk tussen die Ou Testamentiese vereistes: die rites en die Mosaïese verbond het optrede vereis met die Sabbat en die slagofferandes, en dergelike dinge. En hulle wou wys dat Christelikheid verskillend van Judaïsme was. Dit het van Judaïsme gekom, maar dit het daarvan verskil.(2)
In ywer om hierdie onderskeiding te wys, was nie net die onderhouding van die sewende-dag Sabbat verplaas na die Juliaanse Sondag nie, maar al die jaarlikse feeste wat, steeds tot op daardie tyd gevier was, vervang deur gewilde paganistiese feeste, wat aan hulle `n Christen opvatting gegee het en Christen name daarby ingelyf het.
Om die Paganisme met naam Christene te versoen, het Rome, deur sy gewone beleid te volg, maatreëls onderneem om Christen en Paganistiese feeste te versmelt, en, deur `n komplekse maar vernuftige verstelling van die kalender, was dit nie as `n moeilike saak gevind nie, om, Paganisme en Christene so ver te kry . . . om hande te vat – nou so ver versink in afgodery.(3)
T. Enright Biskop van St. Alphonsus Kerk, maak die duidelike stelling:
Dit was die Katolieke Kerk wat die wet wat ons verplig om Sondag heilig te hou, gemaak het. Die kerk het hierdie wet lank nadat die Bybel geskryf was, gemaak. Hierdie genoemde wet is nie in die Bybel nie. Die Kat. [sic.] Kerk skaf nie net die Sabbat af nie, maar alle ander Joodse feestelikhede. (4)
In dieselfde brief, bied Enright $1000 “aan enigeen wie aan my uit die Bybel alleen kan bewys dat ek onder `n gruwelike sonde gebind is, deur Sondag heilig te hou.” Daar is geen ontkenning dat die Katolieke Kerk verantwoordelik was vir die verandering nie.
Die Gebooie, of Dekaloog . . . Geskryf deur die vinger van God op die twee kleitablette, hierdie Goddelike kode was deur Moses te midde van die donderslae op Sinaï-gebergte, van die Almagtige ontvang . . . Christus het hierdie gebooie in die dubbele beginsel van liefde saamgevat – liefde van God en aan jou naaste; Hy het hulle as verbonde gesien onder die Nuwe Wet in Matt., xix en in die Berg Predikasie in (Matt., v) Ook het Hy daaroor uitgewei en hulle verduidelik, . . . Aan die anderkant, het die Kerk, na die verandering van die dag van rus van die Joodse Sabbat, of die sewende dag van die week, na die eerste, gemaak dat die derde gebod verwys na die Sondag as die dag wat heilig gehou moet word as die Dag van die Here. Die raadsitting van Trent (Seksie. VI, kan. Xix) veroordeel diegene wie ontken dat die Tien Gebooie op alle Christene bindend is.(5)
Dit is nie werklik regverdig om die Rooms Katolieke van oneerlikheid te beskuldig nie, terwyl hulle alle pad gesê het dat hulle kerk die aanbiddings dag na Sondag verander het nie. Hieronder is `n samestelling van die vele stellings deur die Katolieke gemaak wat eerlik staaf dat hulle verantwoordelik is vir die kalender verandering wat aanbidding na dies Solis verskuif het.
- “Die Sondag … is by uitstek `n skepping van die Katolieke Kerk.” American Catholic Quarterly Review, Januarie 1883
- “Sondag…is die wet van die Katolieke Kerk alleen…” American Sentinel (Katoliek), Junie 1893
- “Sondag is `n Katolieke instelling en sy aansprake van onderhouding daarvan kan slegs op Katolieke beginsels verdedig word…Van die begin tot einde van die Skrifte is daar nie `n enkele gedeelte wat die verskuiwing van weeklikse openbare aanbidding van die laaste dag van die week na die eerste regverdig nie.” Catholic Press,Sydney, Australië, Augustus 1900.
- Hulle, [die Protestante] ag dit hulle plig om Sondag heilig te hou. Waarom? Omdat die Katolieke Kerk hulle sê om dit te doen. Hulle het geen ander rede nie… Die onderhouding van Sondag kom dus as `n ekklesiastiese wet voor, heeltemal teenstrydig met die goddelike wet van Sabbat onderhouding . . . Die skrywer van die Sondag . . . is die Katolieke Kerk.” Ecclesiastical Review, Februarie 1914.
- Omdat die verandering so lank terug
plaasgevind het, het die mense van vandag die feite van die geskiedenis
vergeet. Dit is onmoontlik om die Bybelse Sabbat via die paganistiese kalender
te vind; dus, kan Saterdag nie die ware Sabbat wees nie. Onbewus hiervan, het
Saterdag sabbatariërs van die veronderstelling uitgegaan dat Saterdag die
Sabbat is waarvan die aanbidding weggeneem is. Dit is waar dat daar baie
aanhalings is van Katolieke skrywers wat na
Saterdag verwys as die “Sabbat”:
- Natuurlik maak die Katolieke Kerk daarop aanspraak dat die verandering (Saterdag Sabbat na Sondag) haar optrede was…En die optrede is `n merk van haar ekklesiastiese gesag in geestelike dinge.” H. F. Thomas, Kanselier van Kardinaal Gibbons.
- “Sondag is gebaseer, nie op die skrifte nie, maar op tradisie, en dit is uitsluitlik `n Katolieke instelling. Synde dat daar geen skrifte vir die verplasing van die rusdag van die laaste na die eerste dag van die week is nie, is die Protestante veronderstel om hulle Sabbat op Saterdag te vier en sodoende die Katolieke ten volle in besit van Sondag laat.” Catholic Record, September 17, 1893.
- “Protestantisme, deur die gesag van [Rooms Katolieke Kerk] te verwerp, het geen goeie rede vir haar Sondag teorie nie, en moet uit logika Saterdag as die Sabbat vier.” John Gilmary Shea, American Catholic Quarterly
- “Dalk het die waaghalstigste ding, die mees rewolusionêre verandering wat die Kerk ooit gedoen het, in die eerste eeu plaasgevind. Die heilige dag, die Sabbat, was van Saterdag na Sondag verander. ‘Die dag van die Here’ was gekies, nie van enige leiding soos neergestip deur die Skrifte nie, maar van die Kerk se siening uit sy eie mag …Mense wie dink dat die Skrifte die enigste outoriteit moet wees, moet logies 7de Dag [sic.] Adventiste word, en Saterdag heilig hou.”St. Catherine Church Sentinel, Algonac, Michigan, Mei 21, 1995.
- “Is elke Christen nie verplig om Sondag te heilig en op daardie dag van onnodige siviele werk weg te bly nie? Is die viering van hierdie wet nie onder die mees prominentste van ons heilige pligte nie? Maar jy mag die Bybel vanaf Genesis tot Openbaring deurlees, en nie `n enkele reël van bemagtiging van Sondag heiliging vind nie. Die Skrifte handhaaf die godsdienstige onderhouding van Saterdag, `n dag wat ons nooit heilig nie.” Kardinaal James Gibbons, The Faith of Our Fathers (1917 uitgawe), bls. 72-73 (16de Uitgawe, bl. 111; 18de Uitgawe, bl. 89).
Deurdat historiese feite deur die meeste mense vergeet is, het vele Katolieke skrywers planetêre week teminologie gebruik (bv., “Saterdag”), wat as misleidend beskou kan word. Dit is ook waarskynlik dat vele van die Katolieke skrywers hulle self onbewus was van die volle geskiedenis agter die moderne week. Maar Katolieke geleerdes het altyd die waarheid geweet. Soos `n konserwatiewe Katolieke geleerde en apologeet Patrick Madrid dit stel:
[Die] kalender wat ons volg, die Sewende-dag Adventiste inkluis, is nie die enigste kalender wat uitgedink was deur die Katolieke Kerk nie, maar dit is ook `n kalender wat op die son jaar gebaseer is, nie die lunar jaar nie. En die Joodse kalender wat in die tyd van Christus onderhou was . . . .het die lunar kalender gevolg, wat verskeie dae korter as die son jaar is. Dus is die groot ironie dat selfs die Sewende-dag Adventiste hulleself nie aanbid op die Sabbat dag nes die Jode in die tyd van Christus nie.(6)
Oor die eeue heen, nes die feite van die geskiedenis vergeet was, was Saterdag veronderstel om die Bybelse sewende-dag Sabbat te wees. Maar toe die Juliaanse kalender op die Christene afgedwing was vir ekklesiastiese gebruik, het niemand in die tyd dies Saturni met Sabbato verwar nie. Almal het geweet dat dit twee verskillende dae van twee verskillende kalender stelsels was. `n Uitstekende voorbeeld van “Saterdag” wat wetend of onwetend `n plaasvervanger vir “Sabbat” is, is te vinde in die kanonieke van die Raadsitting van Laodicea.
Na afloop van die edik van Nicæa het apostoliese Christene voortgegaan om op die maan-son kalender te aanbid. Die Raadsitting van Laodicea was omtrent 40 jaar later byeengeroep om die aanvaarding van “die Dag van die Here” af te dwing, in plek van die lunar Sabbat.
Daarom, vir die vervulling van haar oorspronklike doelwitte, het dit nou nodig geraak dat die kerk wetgewing verseker wat alle vrystelling uitblus, en die onderhouding van die Sabbat verbied sodat daardie magtige protes [teen Sondag heiliging] uitgeblus kan word. En nou . . . die “ware goddelike bevel” van Konstantyn en die Raadsitting van Nicaea dat “niks” in gemeenskap “met die Jode gehou word nie,” was die basis van die outoriteit vir die wetgewing gemaak, om die onderhouding van die Sabbat van die Here heeltemal uit te wis en om die onderhouding van Sondag alleen in stede daarvan te bevestig. (7)
Die 29ste Kanoniek van die Raadsitting van Laodicea beveel:
Christene sal nie Joodsgesind wees deur op Saterdag te rus nie, maar sal op die dag werk, maar die dag van die Here sal hulle spesifiek huldig, en, indien moontlik, geen werk op die dag doen nie. Maar as gevind word dat hulle Joodsgesind is, sal hulle van Christus uitgesluit wees.
Rooms Katolieke biskop, Karl Josef von Hefele (1809-1893), verklaar dat die woord “Saterdag” deur die moderne vertalings voorsien is. Von Hefele is `n baie geloofwaardige outoriteit op die oorspronklike woord keuse by die Raadsitting van Laodicea. `n Duitse geleerde, teoloog en professor van Kerk geskiedenis, met sy opleiding in die Túbingen Universiteit. Een van sy grootste werke was History of the Church from the Original Documents. As `n biskop en teoloog, het hy sekerlik toegang tot die oorspronklike dokumente in die Vatikaan argiewe gehad!
Volgens von Hefele, was die oorspronklike woord in beide Grieks en Latyn eintlik “Sabbat” Die woord “anathema” (vervloek) was in die plek van “verban” gebruik. Die Latynse weergawe bevat nie enige verwysing na dies Saturni (Saterdag) nie, maar instede daarvan gebruik dit Sabbato, of “Sabbat”:
Quod non oportet Christianos Judaizere et otiare in Sabbato, sed operari in eodem die. Preferentes autem in veneratione Dominicum diem si vacre voluerint, ut Christiani hoc faciat; quod si reperti fuerint Judaizere Anathema sint a Christo.
Dit baar herhaling: Christene in die tyd van die kalender verandering was nie verward oor die Saterdag as die Sabbat nie. Elkeen het geweet dat dies Saturni onlangs van die eerste dag van die paganistiese week na die laaste dag van die paganistiese week verskuif is, terwyl Sabbato die sewende dag van die Joodse maan-son kalender was waarmee niemand geassosieer wil wees nie. Weereens, hierdie was twee verskillende dae op twee verskilllende kalender stelsels.
Eusebius van Cesarea, `n kerk historikus in die tyd van Konstantyn en sy dikwelse vleier, word dikwels aangehaal aangaande die Sondag wetgewing van die tyd. Dit word algemeen geglo dat hy die priester was wat eintlik vir Konstantyn kort voor sy dood gedoop het. In die openings seremonies van die Raadsitting van Nicaea, het Eusebius aan die regterkant van Konstantyn gesit en het die openings toespraak gelewer.(8) Eusebius was baie duidelik dat die verheffing van dies Solis oor die Joodse Sabbato was en nie oor die paganistiese dies Saturni nie.
Alle dinge wat ook al plig was om op die Sabbat te doen, was na die Dag van die Here verskuif, as meer toepaslik, en vernaam, en eerste, en meer eerbaar as die Joodse Sabbat.(9)
Dit was in hierdie tyd dat Sylvester I, Biskop van Rome tydens die Raadsitting van Nicaea, pogings aangewend het om die name van die paganistiese week met die Bybelse weeks dae name te herdoop. “Dit was die era van Konstantyn die Grote, toe die openbare posisie van die Kerk so goed bevorder is, `n verandering wat baie merkbaar in Rome was.(10)
Katolieke, wie alte bewus is dat daar geen Bybelse rede vir die aanbidding op Sondag is nie, het gesien hoe veranderlik Protestante is.
- “Dit is goed om die Presbiteriane, Baptiste, Metodiste, en al die ander Christene te herinner, dat die Bybel nêrens steun verleen in die viering van Sondag nie. Sondag is `n instelling van die Rooms Katolieke Kerk, en diegene wie die dag onderhou, onderhou `n gebod van die Katolieke Kerk.” Priester Brady, in `n toespraak opgeteken in The News, Elisabeth, New Jersey, Maart 18, 1903.
- Vir Wie Eerbiedig Ons en Bewys Ons Hulde deur Sondag Heiliging? Hieruit mag ons verstaan hoe groot die
outoriteit van die kerk in die interpretasie of verduideliking aan ons die
gebooie van God is - `n outoriteit wat deur die universele gebruik van die hele
Christen wêreld erken word, selfs daardie sektes wie bely dat hulle die heilige
Skrifte as hulle enigste reël van geloof neem, sedert hulle as die dag van rus
nie die sewende dag van die week onderhou soos deur die Bybel aanbeveel nie,
maar die eerste dag. Wat ons weet heilig gehou moet word, slegs deur die
tradisies van die Rooms Katolieke Kerk.” Henry Gibbons, Kategismes Vereenvoudig #2, 9de uitgawe, deel1, bls. 341-342.
- “Dit was die Katolieke Kerk wat
…hierdie rus na die Sondag verskuif het ter herdenking van die opstanding van
onse Here. Sodoende is die onderhouding van Sondag eerbetoon deur die
Protestante, tenspyte van hulleself, aan die outoriteit van die [Rooms
Katolieke] kerk].” Monsignor Louis Segur, Plain
Talk About the Protestantism of Today, 1868, bl. 213.
- “Protestante…aanvaar Sondag eerder as Saterdag as die dag van aanbidding nadat die Katolieke Kerk die verandering gemaak het…Maar die Protestanse denke wil voorkom asof hulle dit nie besef dat…in die viering van Sondag, hulle die outoriteit van die woordvoerder, die Pous aanvaar nie.” Our Sunday Visitor, Februarie 15, 1950.
- Die [Rooms Katolieke] Kerk het die onderhouding van die Sabbat na Sondag verander deur die reg van die goddelike onfeilbare outoriteit aan haar gegee deur haar stigter, Jesus Christus. Die Protestant se aanspraak as die enigste gids vir geloof, het geen bevelskrif vir die onderhouding van Sondag nie.
`n Katoliek wie glo dat Christus op Sondag opgewek was is ver meer beginselgetrou as `n Sondaghoudende Protestant wie daarop aanspraak maak om al hul geloofsoortuiginge op die Bybel en die Bybel alleen te baseer. Katolieke plaas tradisie en die dekrete van hulle pouse bo die Bybel, dus is daar geen beginselloosheid vir hulle om te glo dat Sondag die dag van die opstanding is nie. Vir hulle is, waarheid enige tradisie wat ookal en die pous se uitvaardiging daarvan.
Maar, vir `n Protestant om die Katolieke vir die volging van tradisie eerder as om die Bybel te volg, te veroordeel en steeds op die Sondag aanbid, is die hoogste vorm van beginseloosheid. Vir die Jode en die Saterdag sabbatariërs om aan te dring dat Die Presiese, Korrekte Dag moet saak maak aan Yahuwah, en dan die sewende-dag deur middel van die paganistiese, planetêre kalender onderhou, is selfs meer beginselloos! As dit belangrik is om op die ware Sabbat dag te aanbid, moet die oorspronklike kalender, ingestel deur Yahuwah tydens die skepping, gebruik moet word om te bereken wanneer die Sabbat sou aanbreek.
Wanneer die historiese feite van die Juliaanse kalender verstaan word, is dit duidelik gemaak dat Sondag nie die enigste aanbiddings dag wat op die paganistiese kalender berekening gebaseer is nie. Saterdag, dies Saturni, die oorspronklike eerste dag van die planetêre week is `n vervalsing van die ware sewende-dag Sabbat dag van die Bybel.
`n Antieke spreekwoord lui: “Hy wie die kalender beheer, heers oor die wêreld.” Wie het oor jou kontrole? Die dag waarop jy aanbid, bereken deur die kalender wat jy gebruik, openbaar watter Godheid/godheid jy aanbid.
________________________________________________________________________
(1) Heinrich Graetz, History of the Jews, (Philadelphia: The Jewish Publication Society of America, 1893), Deel.II, bls. 563-564.
(2) Patrick Madrid, kommentaar op “OpenLine,” EWTN, Global Catholic Radio Network, January 5, 2006.
(3) Alexander Hislop, The Two Babylons, (New Jersey: Loizeaux Brothers, 1959), p.105, klem voorsien.
(4) Brief deur T. Enright, Biskop van St.Alphonsus Kerk, St. Louis, Missouri, Junie, 1905, klem voorsien.
(5) Charles George Herbermann, Knights ofColumbus Catholic Truth Committee, The Catholic Encyclopedia, (HarvardUniversity: Encyclopedia Press, 1908), p. 153, klem voorsien.
(6) Patrick Madrid op “Open Line,” EWTN,Global Catholic Radio Network, Januarie 5, 2006. Om Madrid se kommentaar in sy geheel te lees of te luister, besoek asseblief:4angelspublications.com/articles/catholic_scholar.php.
(7) A. T. Jones, The Two Republics, (Ithaca, Michigan: A. B. Publishing, Inc., n.d.), bl. 321, klem voorsien.
(8) Catholic Encyclopedia, “Eusebius van Caesarea,” www.NewAdvent.org.
(9) Eusebius, Kommentaar op die Psalms, Psalm 91 (Psalm 92 in die A.V.), in J. P. Migne, Patrologia Graeca, Deel 23, kolom 1172, skrywers vertaling, soos aangehaal in R. L. Odom, Sunday Sacredness in Roman Paganism,Review & Herald Publ. Assoc., 1944, bl. 141.
(10) “Pope Sylvester I”(gedateer Desember 31, 335), Catholic Encyclopedia, www.newadvent.org.