Henog & Elia is Nie in die Hemel Nie! Maar weet u waar, sê die Bybel, is hulle?
Christene het reeds lank geglo dat Henog en Elia na die Hemel “weggeneem” was. Maar daardie ootuiging, was gebou op `n foutiewe veronderstelling. Leer wat die Bybel sê wat werklik gebeur het, nadat Yahuwah hulle geneem het. Dit is nie wat u vertel is nie! |
Het u al ooit geglo dat iets altyd waar is net om later te ontdek dat jy al die tyd verkeerd was … en alles omdat jou geloof gebasseer was op `n verkeerde veronderstelling? Ek het! En dit verbaas my altyd om die waarheid te leer want, gewoonlik, was die feite altyd daar, ek het hulle maar net misgekyk omdat dit nie met my veronderstellings ooreenstem nie.
Dit is wat gebeur het met die verhale van Henog en Elia. Ons het veronderstel dat toe Yah hulle “weggeneem” het, Hy hulle na die Hemel geneem het. Maar dit is eenvoudig maar net nie die geval nie en ek kan dit uit die Bybel bewys!
Henog
Die meeste wat ons van Henog weet is te vinde in vier kort verse in Genesis vyf:
Toe Henog 65 was, het hy die vader geword van Metusalag. Henog het na die geboorte van Metusalag nog 300 jaar naby Yahuwah geleef en het seuns en dogters gehad. Henog se ouderdom was dus 365 jaar. Hy het naby Yahuwah geleef en toe is hy nie meer daar nie, want Yahuwah het hom na Hom toe weggeneem. (Genesis 5:21-24, 1983 Vertaling).
Dit is interessant om te sien dat Moses nie sê dat Henog steeds met Yah wandel nie. Hy kon seersekerlik so gemaak het; hy het die woorde gehad om dit uit te speek! Maar hy het nie. Hy fraseer dit eerder as iets wat Henog gedoen het (verlede tyd). Verder sê Moses prontuit: “Al die dae van Henog was drie honderd en sestig jaar.” Indien Henog na die hemel geneem was soos ons veronderstel, sou die getal van sy dae voortdurend toegeneem het. Maar dit is nie wat Moses gesê het nie.
Die rede is eenvoudig: Henog het gesterwe. Dit is baie moontlik in daardie geweldadige, antideluviaanse tye dat die verkondiger van die geregtigheid eintlik vermoor was. Die heilige verslag is stil oor daardie besonderhede. Maar, een feit waarvan ons onomwonde van weet is dat Henog gesterf het. Millennia later, sou Johannes, die geliefde, onder inspirasie skryf: “Niemand het in die hemel opgevaar nie, behalwe Hy wat uit die hemel gekom het, dit is, die Seun van die Mens wie in die hemel is.” (Johannes 3:13, NV) Dit is wat genoem kan word `n “geheel beeld” stelling. Dit sluit almal in. “Niemand het in die hemel opgevaar nie.”
EN - Henog is ingesluit in die lys van hulle wie gesterf het. Lees die hele teks.
In Hebreërs 11:
5 Deur geloof is Henog weggeneem ….
13 In die geloof het hulle almal gesterwe, sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het geglo dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was.
Die verwarring het ingekom weens die woord “weggeneem.” Hebreërs 11:5 sê: “Deur die geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie; omdat Yahuwah hom weggennem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy Yahuwah behaag het.” Neem notisie dat dit nie sê Henog was in die Hemel opgeneem toe hy weggeneem was nie. Dit sê dat hy nie gevind was nie.
Die woord “weggeneem” kom van die Griekse woord, metatithemi. Die primêre definisie van hierdie woord is om “te vervoer na `n ander plek” . . . [te] verplaas.”1 Dit is presies dieselfde Griekse woord wat, in Handelinge 7:16, vertaal word “oorgebring” in die verduideliking van na Jakob se dood, was sy liggaam weggeneem/oorgebring/metatitheni na Sigem waar hy met sy vaders begrawe was in die grot van Magpela. Met ander woorde, Yahuwah het vir Henog gedoen wat Hy later vir Moses gedoen het. “Toe het Moses, die kneg van Yahuwah, daar gesterwe in die land Moab, volgens die bevel van Yahuwah. En Hy [Yahuwah] het hom in die dal in die land Moab, teenoor Bet-Peor, begrawe, en niemand het tot vandag toe sy graf geken nie. (Deuteronómium 34:5-6, OV)
In verband met die frase dat Henog weggeneem was dat “hy die dood nie sien nie,” moet ons onthou dat die Skrifte leer dat daar twee dode is: daar is die dood van die liggaam wat die resultate van sonde is, en dan is daar die dood (algehele uitwissing) van die siel. Hierdie lot wag almal in wie weier om terug te keer na Yahuwah in bekering. Dit is hierdie tweede dood waarna die skrywer van Hebreërs 11 verwys want later, in daardie selfde vers, sê hy onomwonde, “En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte nie verkry nie.” (Hebreërs 11:39) Elkeen wie in Hebreërs 11 opgeteken is – en dit sluit Henog in – het die liggaamlike dood gesterf, maar deur geloof, sal hulle nie die tweede dood van uitwissing “sien” nie.
Elia
Die verhaal van Elia is veral interessant omdat nie net het Yahuwah hom “weggebring” na `n ander plek deur `n vurige wa nie, maar die Skrifte verklaar dat hy vir ten minste vier tot vyf jaar daarna geleef het!2
Konings sê dat “en Elía het in die storm in die hemel opgevaar.” Die woord “hemel” in die Skrifte verwys eintlik na verskeie vlakke. Daar is Hemel - die derde hemel – wat natuurlik die woonplek van die Skepper is. Daar is ook die tweede hemel waarin die planete, sterre, son en maan is. Die hemel waarna verwys word in 2 Konings 2:11 is die eerste hemel: die atmosfeer. Opmerklik, omdat daar `n stormwind was, moet dit binne die eerste vlak van die “hemel” wees. Soos ons dit verstaan, bestaan stormwinde nie buite die koepel wat die atmosfeer omsluit bokant die aarde nie.
Wat nog meer interessanter is, is wat met Elía agterna gebeur het. Skrifte sê nie waarheen, presies, Elía geneem was nie, maar die feit dat sy mantel van leierskap na Elisa gegee is terwyl Elia geleef het word duidelik wanneer jy die geskiedenis van die konings van Juda en Israel naspeur. Net voordat Elía weggeneem was, het `n nuwe koning die troon van Israel bestyg. Verwarrend vir vele moderne lesers, het die koning van Israel dieselfde naam gehad as die koning van Juda. Albei was bekend as Jehoram! (Sien 2 Konings 1:17.) Judas se Joram het saammet sy vader, Jósafat, vir twee jaar, in die tyd, geregeer. Vier jaar later, het koning Jósafat in 845 BCE gesterf. Joram, koning van Juda, het sy broers onmiddelik doodgemaak om die troon te bestyg. Hy het ook `n beweging begin om paganisme te hervestig regdeur Juda. Die Bybel sê hieroor: “want hy het Yahuwah die Elohim van sy vaders verlaat”. (2 Kronieke 21:10, OV). Maar toe gebeur iets verbassend! Iets wat onmoontlik was indien Elía dood of in die Hemel met Yahuwah was. Bose koning Joram het `n brief ontvang.
Hy (Joram van Juda) het ook hoogtes op die berge van Juda gemaak en die inwoners van Jerusalem laat hoereer en Juda verlei. Toe kom daar `n brief van die profeet Elía by hom aan om te sê: So spreek Yahuwah, die Elohim van u vader, Dawid: Omdat u in die weë van u vader Jósafat en in die weë van Asa, die koning van Juda, nie gewandel het nie, maar gewandel het in die weg van die konings van Israel en Juda, en die inwoners van Jerusalem laat hoereer het volgens die hoererye van die huis van Agab, en selfs u broers, die huis van u vader, vermoor het, wat beter was as u – kyk Yahuwah sal `n groot plaag stuur onder u volk en onder u seuns en onder u vroue en onder al u goed. (Tweede Kronieke 21:11-15, OV)
is verstommend! Hierdie brief het rofweg vier jaar ná Elía “in `n storm in die hemel opgevaar” het, gekom. (Tweede Konings 2:11) Alhoewel ons nie weet waar hy die res van sy natuurlike lewe gelewe het nie, was dit nie in die Hemel nie. Soos Johannes ook duidelik sê byna `n duisend jaar later, “En niemand het opgevaar na die hemel nie.” (Johannes 3:13) Henog en Elía, as getroue diensknegte van die Allerhoogste, rus in die graf wagtend op die wederkoms van Yahushua wanneer hulle, met die getroues van alle eeue, verheerlik opgewek sal word om vir ewig in die aarde nuut geskep, sal lewe.
1 Greek-English Lexicon of the New Testament, 1969 weergawe.
2 Deur vervoer te word deur Yahuwah se gees is nie ongehoord nie. Daar is ten minste een, moontlik twee ander insidente gegee in die Skrifte. Die eerste is opgeteken in Lukas 4, toe die inwoners van Nasaret probeer het om Yahushua op die Sabbat te vermoor:
Almal in die sinagoge was woedend toe hulle hierdie dinge hoor. Hulle het opgespring en Hom uit die dorp uitgejaag en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was, om Hom van die krans af te gooi. Maar Yahushua het tussen hulle deurgeloop en weggegaan. Daarna het Hy na Kapernaum toe gegaan, `n dorp in Galilea, en die mense gereeld op die sabbatdag geleer.” (Lukas 4:28-31, 1983 Vertaling)
Die tweede geval was na Phillipus die Ethiopiese amptenaar gedoop het:
Toe hulle uit die water op uitkom, het die Gees van Yahuwah vir Fillipus weggeneem. Die amptenaar het hom nie weer gesien nie en het sy reis met blydskap voortgesit. Fillipus is later in Asdod aangetref. Hy het daarvandaan deur al die dorpe gegaan totdat hy in Sesarea gekom het, en oral het hy die evangelie verkondig. (Handelinge 8:39-40, 1983 Vertaling).
Ons maak ook `n nota van Matthéüs 17:1-9 in wat sommige verwys na as ‘Die Verheerliking op die Berg’ waarin Moses en Elía saam met Yahushua in `n visioen verskyn het.