Yahushua se Wederkoms Sal Skielik en Baie Onverwags Wees
Vader Yahuwah se Heilige Gees het ons beïndruk in die behoefte om die historiese metode van interpretasie van Bybelse profesië weer te ondersoek in ons soeke na waarheid. Ons voormalige denominale nalatenskap was deurspek met historisisme, wat ons oriëntasie en begrip oor die eind-tyd gebeure aansienlik beïnvloed het. Maar toe ons hierdie onderwerp weer studeer het, het die skille van ons oë afgeval, en kon ons baie duidelik sien hoe historisisme `n skans was wat ons verhoed het om die Boek van Openbaring en die Olyfberg Diskoerse korrek te verstaan.
Historisisme
Historisisme veronderstel die eind-tyd profesië van Daniël en Openbaring was regdeur die geskiedenis vervul; daarom die naam. Deur afstand te doen van historisisme is ons genoop om honderde artikels, radio episodes, en video`s uit te wis.
Versaking van dwalinge en om dit te vervang met bybelse waarhede is altyd `n vreugde vir opregte waarheid soekers. Maar, die versaking van historisisme het kataklismiese veranderinge in ons geloofsoortuiginge teweeggebring, wat as verlossend beskou word. Ons sê verlossend, omdat historisisme, soos ons daaraan verloof was in die verlede en net so algemeen opgehef was deur die grootste meerderheid van Christen denominasies, verhoed die aanhangers van begrip vir die leerstellings van die Meester Yahushua in die Boek van Openbaring en die Evangelies, veral die Bergpredikasie. Met ander woorde, historisisme is teenstrydig met die duidelike leerstellings van Yahushua.
Historisisme kontrasteer Yahushua se leerstellings in die volgende wyses:
Dit het Christene in alle eeue gelei om Christus se koms in hul tyd te verwag.
Daarom was elke generasie bedag gemaak om uit te kyk vir sekere tekens van die tye wat in hul tyd plaasvind. Sommige in elke generasie het so ver gegaan as om datums vas te stel, soos die Milleriete gedoen het in die 1840s, met die proklamasie van Oktober 22ste, 1844, as die datum vir Yahushua se koms na die aarde. Baie in die 1840s in Amerika, en in `n mindere mate in Europa, en elders het opgewonde geraak en hul lewens daarvolgens ingerig. Sodoende het hulle `n ‘bittere teleurstelling’ deurgemaak toe hulle verwagtinge nie vervul was nie. Hierdie ‘groot teleurstelling’ het die harte van baie spotters verhard en, slegter, gesorg vir die opkoms van `n nuwe denominasie, die Sewende Dag Adventiste Kerk. Instede daarvan om die mislukte historisisme metode van interpretasie van Bybelse profesie, te verwerp, het hierdie denominasie voortgegaan om te bou op haar unieke leerstellings wat miljoene wêreldwyd verhoed het om Yahushua se leerstellings van die Evangelies en die Boek van Openbaring reg te verstaan.
Dit het Christene gelei om ‘kykers vir tekens’ te wees in stede daarvan om die Skrifte te studeer.
Dus is daar gefokus op huidige gebeure en nuus berigte. Elke groot gebeurtenis was geinterpreteer as die tekens van die tye-hetsy aardbewings, hongersnood, oorloë, gerugte van oorloë, siviele onluste, ens. By WLC, het ons ook, geval vir hierdie misleiding en begin om huidige katastrofes as `n teken te sien van die onafwendbare koms van Yahushua. Dit was gedoen omdat ons die Saligsprekinge en die Boek van Openbaring, verkeerd verstaan het. Ons het gedink dat die tekens wat Yahushua gegee het in die Olyfberg Saligsprekinge gedeeltelik toegepas word op die val van Jerusalem, maar dit was essensieël tekens van die tweede koms van Yahushua.
Maar, tog, is so `n insig vals en teenstrydig met wat Yahushua Petrus, Andreas, Jakobus, en Johannes meegedeel het. Die tekens wat Yahushua in die Olyfberg Diskoerse gehad het was tekens van die onafwendbare vernietiging van die Tempel en Jerusalem in 70 A.D. en, dat dit niks te doene het met die Wederkoms van Yahushua nie.
Yahushua het hoegenaamd geen teken van Sy wederkoms gegee nie
Die enigste leidraad wat Yahushua sy dissipels gee was dat dit skielik en sal plaasvind wanneer die minste verwag word.
Verder, anders as die vernietiging van die tempel van Jerusalem, was waar Yahushua spesifieke tekens gegee het en `n raamwerk vir hierdie gebeurtenis, hy het gesê dat nie een (nie eens hyself) ken die dag en die uur van sy terugkoms behalwe die Vader alleen. (Mattheüs 24:36).
Maar Yahushua het aangedui dat sy koms sal talm om te kom. Ons sien hierdie aanduidings in die gelykenisse:
Gelykenis van die Talente: Want dit is soos `n man wat op `n ver reis wou gaan … En ná `n langtyd het die heer van daardie diensknegte gekom en met hulle afgereken. (Mattheüs 25:14)
Gelykenis van die Getroue & Slegte Dienskneg: “My Heer talm om te kom.” (Mattheüs 24:48)
Gelykenis van die Tien Maagde: “Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet… “En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak. “En middernag was daar `n geroep. Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet! (Matthéüs 25:1-6). Die diensmeisies het gedink dat die bruidegom op pad was, en het dus uitgegaan om hom te ontmoet. Maar hy het nie gekom toe hulle hom verwag het nie. Die koms van die bruidegom het langer gevat as wat verwag was. En so het hulle gewag. Maar hoe langer dit geneem het, hoe vaker het hulle geword. Eindelik het hulle ooglede te swaar geword, en hulle almal, (beide die wyses en die dwases) is deur die slaap oorval. Dan, teen middernag, kom hy. In hierdie gelykenis dan, kry ons die moontlikheid van `n talmtyd en die skielikheid van sy koms. Daar was niks tekens van wanneer die bruidegom sou kom nie.
Lewe op Aarde sal baie normaal wees wanneer Christus skielik sal verskyn.
Dit is `n bizarre stelling wat kom van WLC in die lig van die sensasionele video`s aangaande die basuine en die amok wat hierdie basuine in die wêreld sal veroorsaak, wat uitgewis sal word omdat dit pure spekulasie is direk in kontras met wat Yahushua leer in die Olyfberg Diskoerse.
Laat ons luister na wat Yahushua sê die wêreld se toestand sal wees voor Sy wederkoms.
Soos dit was in die dae van Noag
Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net die Vader alleen. En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. Maar net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het, en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.” Matthéüs 24:36-39
Yahushua het gesê dat sy wederkoms sal wees soos dit was in die dae van Noag. Wat weet ons dan van daardie dae? Hulle wat tye van gruwelike sondes en uiterste geweld. Dít was dae van reuse en Nephilim met die gevalle engele wat gepoog het om die menslike ras te besoedel. Dít was dae van verharde harte teen die waarskuwings boodskappe wat deur Noag gekom het. Yahushua kon al hierdie gevalle gebruik het om Noag se dae te vergelyk met díe van sy wederkoms.
Ons moet elke dag van ons lewens gereed wees vir Yahushua se wederkoms, want Hy kom op `n tyd wat ons nie verwag nie. Ons is meer geneig om te sterf voor Yahushua se koms op `n spesifieke dag. Aangesien ons nie beheer oor wanneer ons sal sterf het nie, betaam dit ons om elke dag van ons lewens altyd gereed te wees,,
|
Maar Hy het nie een van hulle gebruik nie.
Wat het hy gesê het hulle gedoen in Noag se dae, wat dieselfde sal wees soos wanneer hy terugkeer? Hulle het geëet, gedrink, getrou, hulle seuns en dogters in die huwelike uitgegee. In nog `n gedeelte in Lukas 17, spreek hy ook omtrent die dae van Lot. Weereens kon hy maklik gepraat het van booshede en seksuele onkuisheid as hy wou.
Maar Hy het nie.
Hulle het geëet, gedrink, getrou, gekoop, verkoop, geplant en gebou. Dit is hoe dit sal wees wanneer Yahushua terugkeer. So, wat beklemtoon Yahushua? Hy lê daarop klem dat lewe normaal sal wees wanneer hy skielik terugkeer na die Aarde. Mense het geen idee gehad dat oordeel aan`t kom was nie maar het voortgegaan met hul daaglikse lewens. Sekerlik, daar was malle ou Noag met sy gesin besig om `n massiewe boot vir die laaste dekades te bou, maar hulle het hom geïgnoreer en hom gesien as `n ou malman. Net so het mense nie `n idee gehad dat oordele aan`t kom was in die dae van Lot nie. Hulle het gedoen wat hulle altyd lief was om te doen, bv., eet, drink, verkoop, koop, plant en bou. In beide gevalle, was dit die lewe soos gewoonlik totdat die regverdiges na `n veilige plek geneem is, en toe het die toorn gekom. So, wat kan ons van alles hierbo genoem, leer?
Ons moet elke dag van ons lewens gereed wees vir sy wederkoms, want hy kom op `n tyd dat ons dit die minste verwag. Die kanse is groter dat ons eerder enige dag sal sterf as wat Yahushua sal terugkeer op `n spesifieke dag. Sedert ons nie beheer het oor wanneer ons sal sterf nie, noodsaak dit ons om elke dag gereed te wees.
Opsomming
- Yahushua het `n teken gegee vir sy wederkoms
- Yahushua het aanduiding gegee dat daar `n talmtyd sal wees.
- Yahushua het aangedui dat sy wederkoms sal wees wanneer dit die minste verwag word en dít sal die verassing van alle verassings wees
- Ons het nodig om elke dag gereed te wees, met die sterk waarskynlikheid dat ons dood vroeër as sy wederkoms mag wees. Tekens sal nie beide ons skielike dood of sy terugkoms voorafgaan nie.
- Lewe sal normaal op Aarde wees voordat hy skielik terugkeer. Dit is waarom meeste Christene verras sal wees wanneer hy terugkeer. Maar, diegene wie gereed is, sal nie verras word nie.
Sluitings Gebed:
Vader Yahuwah
Dankie vir leiding van WLC se verwerping van historisisme vir goed sodat ons Yahushua se leringe en waarskuwings korrek kan verstaan. Dank U vir vergifnis van ons onkunde en misdrywe uit die verlede, waarvan ons in hoogste graad bekeer. Help ons elke dag sodat ons gereed kan wees om die dood tegemoet te gaan of om Meester Yahushua terug te verwelkom op die aarde. Ons loof u naam vir ewig en altyd weens u oneindige genade en lydsaamheid in u optrede met ons.
In die Naam van Yahushua, bid ons tot u.
Amen.