Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite-outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuigings. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lesers nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke wrke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet on snog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig oor ons pad gewerp word. Ons koester die lewe meer as die waarheid self en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
`n Dominante valsheid wat Satan oor die mensdom gebring het is die oortuiging dat mens se siel na die hemel gaan na die dood. Baie mense veronderstel dat die frase Koninkryk van Yahuwah sinoniem is met die hemel. Maar steeds leer die Bybel dat wanneer Yahushua terugkeer, die Koninkryk van Yahuwah gevestig sal word op aarde!
Die Bybel leer dat wanneer Yahushua Christus terugkeer, sal die Koninryk van Yahuwah op aarde gevestig word!
|
Eerstens, let op hoe die Bybel die idee van “na die hemel gaan” na die dood, heeltemal weerlê. Petrus vertel die menigte tydens die Pinksterfees, “Broeders, ek kan vry uit met julle spreek oor die aartsvader Dawid, dat hy gesterf het en ook begrawe is, en sy graf is by ons tot vandag toe…. Want Dawid het nie in die hemele opgevaar nie.” (Handelinge 2:29, 34) Hierdie “man na Yahuwah se eie hart,” is nie in die hemel nie, maar steeds in die graf! Onse Verlosser bevestig dit in Johannes 3:13: En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.”
Die afgestorwe heiliges van die Ou en die Nuwe Testamente is albei rustend in hul grafte, wagtend op die opstanding – bewusteloos (Prediker 9:5,10). Job beskryf wagtend op die opstanding in hierdie wyse: As `n mens sterwe, sal hy weer lewe? Dan sal ek wag al die dae van my stryd totdat my aflossing kom. U sou roep, en ek sou U antwoord …” (Job 14:14-15)
Baie verse verwys na die dood as “slaap,” en hierdie analogie kom van die feit dat wanneer `n persoon diep slaap, baie onverrekende ure verbygaan. Net so, gedurende die tyd van ons dood, sal ons geen bewustheid hê nie, geen gewaarwording. Vele jare mag verloop tussen die tyd van ons dood en ons opstanding, maar ons sal nie bewus wees van die verloop van tyd nie. Dit sal wees asof geknipoog was, en weer lewend is. Dus, van die sienings oogpunt van bewustheid, wil dit voorkom asof ons van die fisiese liggaam na die geestelike onmiddelik gegaan het, tenspyte van baie jare van skeiding tussen die dood en die opstanding.
Paulus leer in 1 Korinthiërs 15 dat die opstanding nie sal plaasvind totdat Yahushua Christus terugkeer – by watter tyd die “dode in Christus” met geestelike liggamme opgewek sal word, en die lewende heiliges na die geestelike verander word “in `n oogwink” (vers 52). Indien die heiliges na die Hemel gaan onmiddelik na die dood, watter behoefte is daar aan `n opstanding? In vers 53 sê Paulus selfs dt die “sterflike” met “onsterflikheid geklee” moet word, wat beteken dat ons dit nie nou het nie (sien ook Romeine 2:7). Slegs Yahuwah het nou onsterflikheid.
In die Saligsprekinge van Matthéüs 5, sê Yahushua dat die armes van gees ontvang die “koninkryk van die hemel,” terwyl die nederiges die “aarde beërwe” (Matthéüs 5:3, 5; sien ook Psalm 37:11). Sal Yahushua die “armes van gees” heiliges skei van die “nederige” heiliges en hulle na verskilllende plekke stuur? As `n heilige nederig en arm van gees is, sal hy die hemel en die aarde beërwe? Nee – hierdie klaarblyklike konundrum los op wanneer ons besef dat Matthéüs die frase “koninkryk van die hemel,” gebruik, terwyl die ander evangelie skrywers verwys na die “koninkryk van Yahuwah.” Die “koninkryk van Yahuwah” beteken nie dat die koninkryk van Yahuwah in Yahuwah geleë is nie, maar dat dit aan Yahuwah behoort. Op dieselfde wyse met die “koninkryk van die hemel” beteken dat die Koninkryk aan “hemel” behoort, waar die troon van Yahuwah is. Die armes van gees sal dieselfde Koninkryk beërwe as die nederiges – en daardie Koninkryk sal op die aarde opgestel word.
Galasiërs 3:29 sê dat as ons aan Christus behoort, ons beskou word as Abraham se nageslag en daarom erfgename van (maar nog nie erfgename) van die beloftes aan hom nie. Wat ook al Abraham is die opstanding beërwe,sal ons ook beërwe. Genesis 13:15 sê dat die erfdeel ewig is, en Romeine 4:13 verduidelik dat die belofte uitgekring het om die hele wêreld in te sluit. “Hemel” dan was nie `n deel van die belofte aan Abraham, Isak en Jakob of aan ons nie.
Die Bybel sê dat die Koninkryk van Yahuwah sal op die aarde opgestel word: “En het ons konings en priesters van onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers!” (Openbaring 5:10). Let op Openbaring 11:15 ook. Wat profeteer, dat Christus se Koninkryk die koninkryke van die aarde sal oorneem:
En die sewende engel het geblaas en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendomme van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid!
Baie eeue van paganistiese tradisie het mense oortuig dat hemel ons “woning” is en die beloning van met hul dood. Nietemin, is die Bybelse verslag duidelik: Yahuwah se koninkryk sal op die aarde opgerig word deur Hom geskep, en dit sal `n ewige Koninkryk wees.
|
Drie keer in die boek van Openbaring, beskryf die apostel Johannes die “heiliges stad,” Nuwe Jerusalem, wat uit die hemel neerdaal, eerder as wat dit in die hemel is. (Openbaring 3:12; 21: 2, 10). Nuwe Jerusalem sal op die nuwe – gereinigde en gelouterde- aarde opgestel word. Yahuwah self sal met die mense woon – nie in die hemel nie maar in Jerusalem op aarde:
En ek het `n nuwe hemel en `n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. En, ek Johannes, het die heilige stad sien neerdaal van Yahuwah uit die hemel, toeberei soos `n bruid wat vir haar man versier is. En ek het `n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk die tabernakel van Yahuwah is by die mense, en hulle sal sy volk wees, en Hy sal by hulle woon, en Yahuwah self sal by hulle wees as hulle God. En Yahuwah sal die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen meer dood wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. … Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom `n God wees en hy sal vir My `n seun wees.” (Openbaring 21:1-4, 7)
Baie eeue van paganistiese tradisie het ense oortuig dat die hemel hul “woning” is en hulle beloning wanneer hulle sterwe. Nietemin, is die Bybelse verslag eenvoudig: Yahuwh se Koninkryk sal op die aarde opgerig word deur Hom geskep, sien Psalm 2:6-8;47:1-9; Jeremia 23:5; Esegiël 37:21-28; Daniël 2:44-45; 7:17-18, 27; Miga 4:1-5; Sagaria 9:9-10; 14:9, 16-17; Openbaring 2:26-27.)
This is a non-WLC article. Source: https://www.truegospel.org/index.cfm/fuseaction/basics.tour/ID/4/Where-Will-Kingdom-Be-Established.htm
We have taken out from the original article all pagan names and titles of the Father and Son, and have replaced them with the original given names. Furthermore, we have restored in the Scriptures quoted the names of the Father and Son, as they were originally written by the inspired authors of the Bible. -WLC Team