Hierdie is `n nie -WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
Die Belangrikheid vir die Insig in Joodse Idiome
Om `n vreemde taal behoorlik te verstaan, is dit belangrik om die idiome wat algemeen tot daardie kultuur is, te verstaan.
|
Om `n vreemde taal behoorlik te verstaan, is dit belangrik om die idiome wat algemeen tot daardie kultuur is, te verstaan. Jy kan jou verbeel hoe iemand wie nie van Amerika is mag optree as hy vertel word “om iemand op te smeer” om hul guns of daardie ete by `n duur restaurant te kry wat “`n arm en been” sal kos. Sonder die ware kennis van sulke frases, sal die oningeligtes dit neem “op gesigwaarde.”
Hierdie wan-kommunikasies kan gebeur wanneer die Skrifte geskryf vanuit `n tradisionele Hebreeuse gedagtegang in Engels vertaal is. Indien die leser onbewus is van die idiome wat gebruik is, mag verwarring volg. Soos een uitvoerende beampte van Bybelsagteware opgemerk het:
Dit is te maklik om Skrifte te lees asof dit gister geskryf is. Maar ons stel ons bloot aan merkwaardige misverstande wanneer ons die Bybel lees deur `n moderne lens. As ons die Bybel wil verstaan, het ons behoefte daaraan om dit te sien deur die oog van iemand van die kultuur waarin dit geskryf is…. Jy kan nie Christelikheid verstaan sonder die behoorlike insig in Judaïsme nie.1
Hoewel daar baie Hebraïsme in die Skrifte te vinde is, sal die fokus punt wees om die volgende idiome te ondersoek: om “in die wêreld te kom,” om te sê iemand of iets is “nie van hierdie wêreld nie,” en om “in die wêreld gestuur te wees.” Hierdie uitdrukkings is dikwels gebruik om die idee te ondersteun dat Yahushua vooraf in die hemel bestaan het voor sy koms na die aarde. Maar soos ons sal sien, beteken dit iets heeltemals anders.
Wat sou eerste-eeuse Jode verstaan het wanneer hulle hoor dat Yahushua “het in die wêreld gekom?”
|
Johannes 3:17 “Want Yahuwah het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.”
1 Johannes 4:9 Hierin is die liefde van Yahuwah in ons geopenbaar, dat Yahuwah sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.
1 Timóthéüs 1:15 Dit is `n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Yahushua in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.”
Omdat ons vertel is dat Yahushua in die hemel vooraf-bestaan het as die logos of woord van Yahuwah voor sy vleeswording in die baarmoeder van Maria, interpreteer baie Christene bogenoemde gedeeltes, en soortgelykes, om te beteken dat Yahushua letterlik gekom het van die boonste atmosfeer binne-in ons aardse ryk. Maar is dit wat die Bybel skrywers wou verkondig? Wat sou eerste-eeuse Jode verstaan het wanneer hulle hoor dat Yahushua “het in die wêreld gekom?”
Vooraf-bestaan vs Vooraf-bestaan
Die Bybelse Hebraïse konsep van vooraf-bestaan-dat dinge vooraf-bestaan het maar slegs in die sin dat hulle bestaan in die denke en voorkennis van Yahuwah-is baie anders as die idee van`n letterlike vooraf-bestaan soos geglo deur die Kerk Vaders. Skrywer en Kerk historikus Kegan Chandler skryf:
Wat ons die klassieke Joodse siening van vooraf-bestaan noem is veel anders [van die letterlike vooraf-bestaan van Griekse filosofie]. Die oudste Hebreeuse konsepsie was nie die letterlike en ontologiese sin van die Grieks nie; maar eerder, dit het slegs bestaan in die “voorkennis” of “voorordinansie” van God. In hierdie sin het betekenisvolle figure, voorwerpe en simbole eers in die hemel by God “bestaan” voordat hulle op hul vasgestelde tye ’n werklikheid geword het. Hierdie dinge het nie letterlik en fisies in een of ander ver-af dimensie gewoon nie, maar was persoonlik gevisualiseer deur God in sy ewige plan vir die heelal.2
Baie van die Kerk Vaders het ingeskryf by die leerstellings van filosowe soos Heraclitus, Plato en Philo, wat geleer het dat alle dinge letterlik vooraf-bestaan het voordat dit bestaan het.
|
Baie van die Kerk Vaders het ingeskryf by die leerstellings van filosowe soos Heraclitus, Plato en Philo, wat geleer het dat alle dinge letterlik vooraf-bestaan het voordat dit bestaan het. Byvoorbeeld, alle siele is onsterflik en het in die hemel bestaan voor vleeswording en na die wêreld gekom het.
Nog `n voorstaander van die letterlike vooraf-bestaan van siele was Justin Martyr, die tweede-eeuse Apostoliese Vader,3 wie die eerste was wat Philo se leerstelling van die ewige, on-persoonlike Logos geïnterpreteer het as in wese die pre-vleesgeworde Yahushua. Maar, vir die vroeë Kerk, het die logos van Yahuwah bestaan uit Yahuwah se gedagtes, idees, planne, doelwitte, wysheid, ens., uitgedruk in woorde. Boonop was die konsep dat Yahuwah homself in die baarmoeder van `n maagd sou vlees word, teenstrydig aan tradisionele Hebraïse denke. The Encyclopedia of Ethics and Religions sê, “Daar is in die Ou Testament geen aanduiding van onderskeiding in die Godheid nie; dit is 'n anakronisme om óf die leerstelling van die Inkarnasie óf dié van die Drie-eenheid in die bladsye daarvan te vind.”4 Verder skryf Michael Goulder, professor en Bybel geleerde:
Dit is die vooroordeel van ortodoksie om voortdurend middelterme oor die hoof te sien. Die vroegste kerk [het Yahushua nie] as God die Seun gesien nie, maar as die mens deur Yahuwah opgewek en [wie aanwys] dat die Heilige Gees oor die kerk uitgestort sal word. (Handelinge 2:33).5
Wat het die eerste-eeuse Jode en Christene dan verstaan onder die frase Yahushua “het in die wêreld gekom,” moes beteken?
Het in die Wêreld gekom
Aan die Bybelse Hebraïse denke, was “het in die wêreld gekom” `n spreekwoord wat beteken het om in bestaan te kom en gebore te word. Byvoorbeeld, Yahushua het hierdie idioom gebruik om die hartseer en vreugde van sy dissipels te vergelyk wat hulle sou ondervind na sy dood met die emosie van `n nuwe moeder.
Aan die Bybelse Hebraïse denke, was “het in die wêreld gekom” `n spreekwoord wat beteken het om in bestaan te kom en gebore te word.
|
Johannes 16:21 “`n Vrou het droefheid wanneer sy baar, omdat haar uur gekom het; maar wanneer die kindjie gebore is, dink sy nie meer aan haar benoudheid nie, om die blydskap dat `n mens in die wêreld gebore is.
Uit die konteks sien ons natuurlik dat “in die wêreld” geassosiëer is met om gebore te word. Volgens Merriam Webster`s Dictionary, word hierdie idioom deesdae deur Engelssprekendes gebruik.”6 Wanneer ons dit egter in samehang met Yahushua lees, is die betekenis standaard dié van die Kerkvaders se Platonies-geïnspireerde siening van Yahushua se letterlike vooraf-bestaan in die hemel.
Ons sien ook die beeldspraak deur Paulus gebruik in sy brief aan Timóthéüs:
1 Timóthéüs 6:7 Want ons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie.
Hier is die betekenis dieselfde: om gebore te wees. In `n ander voorbeeld gebruik Yahushua dieselfde frase wanneer hy voor Pilatus verskyn:
Johannes 18:37 Pilatus sê toe vir Hom: Is U dan tog `n koning? Yahushua antwoord: “U sê dat Ek `n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem.”
In hierdie gedeelte gebruik Yahushua `n letterlike middel bekend as “sinonieme parallelisme” waarvan die Encyclopaedia Britannica sê “behels die herhaling in die tweede deel van wat reeds in die eerste uitgedruk is, terwyl die woorde bloot gevarieër word.”7
Hiervoor is Ek gebore [eerste deel] en hiervoor het Ek in die wêreld gekom [eerste deel herhaal met ander woordkeuse]. Johannes18:37.
Om gebore te word en om in die wêreld te kom is sinonieme.
|
Met ander woorde, om gebore te word en om in die wêreld te kom is sinonieme. Nog `n voorbeeld van hierdie Hebraïsme is te vinde in Yahushua se gesprek met Marta net voordat haar broer Lasarus uit die dood opgewek was.
Johannes 11:25-27 Yahushua sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo sal lewe al het hy ook gesterwe; 26 en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?” 27 Sy antwoord Hom: “Ja, Here, ek glo dat U die Christus is, die Seun van Yahuwah, wat in die wêreld sou kom.
Neem notisie dat Marta Yahushua die Christus (gesalfde een) verklaar het, die Seun van Yahuwah, `n Messiaanse titel. Nes ander tradisionele Jode, het Marta nie aanspraak gemaak op die tweede-eeuse idee aangevoer deur Justin Martyr dat Yahushua vooraf-bestaan het in die hemel voor sy vleeswording nie. Hierdie siening was anachronisties en vreemd vir die Skrifte. Maar Marta het verstaan dat Yahushua die Joodse Messias was wiese tyd aangebreek het, nie dat hy deur die kosmos gereis het na die Aarde nie.
Boonop die menigte van verskeie duisende, deur Yahushua gevoed, het nie die Platoniese siening ondersteun dat vooraf-bestaande siele deur tyd en ruimte reis om op die aarde te wandel nie. Instede daarvan het hulle verstaan dat die profeet wie Yahuwah beloof het om te stuur was gebore en was, selfs nou, in hul midde.
Om “in die wêreld te kom” is ook figuurlik gebruik om “geboorte” van sonde te beskryf.
|
Johannes 6:13-14 Hulle maak toe bymekaar en het twaalf mandjies gevul met brokstukke van die vyf garsbrode wat oorgeskiet het by die wat geëet het. 14Toe die mense dan die tekens sien wat Yahushua gedoen het, sê hulle: Hy is waarlik die profeet wat in die wêreld sou kom.”
Om “in die wêreld te kom” is ook figuurlik om “geboorte” van sonde te beskryf. Skryf Paulus:
Romeine 5:12 Daarom dan, soos deur een mens sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het—
Sonde het nie letterlik in een of ander inter-kosmiese spasie gewoon nie, Paulus gebruik eenvoudig maar net die frase as `n metafoor om die intrede van sonde in Yahuwah se ongerepte skepping te illustreer.
Nie van hierdie Wêreld nie
`n Soortgelyke frase aan “in die wêreld kom” wat sommige interpreteer as bewys van Yahushua se letterlike vooraf-bestaan is die frase “nie van hierdie wêreld nie.” Ons sien dit gebruik deur Yahushua in sy sogenaamde “hoë priesterlike gebed.”
"Hulle [die dissipels] is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie." (Johannes 17:16)
|
Johannes 17:14-16 “Ek het hulle U woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. 15 Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar. 16 “Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.
Neem notisie dat daar eintlik geen verwysing na die hemel is in hierdie gedeelte nie. Maar, die konteks openbaar dat Yahushua die frase gebruik het met die bedoeling dat hy nie hoort of werk volgens hierdie wêreld sisteem nie. Hoe weet ons dit? Want in watter wyse ookal Yahushua die frase toepas, geld dit vir ons, want hy het gesê dat sy dissipels is “nie van die wêreld nie nes ons (d.i., op dieselfde wyse). Ek is nie van die wêreld nie.” Daarom, “nie hierdie wêreld nie” kan nie beteken dat Yahushua letterlik van die hemel kom nie, want dit sou beteken dat ons net sowel letterlik van die hemel kon kom.
In die Wêreld Gestuur
Nog `n frase wat soortgelyk is aan die idioom in die wêreld gekom is die frase “in die wêreld gestuur.” Instede daarvan om te beteken dat Yahuwah Yahushua in die wêreld gestuur het van buite (d.i. die hemel), beteken die frase om geografies uit te stuur om `n werk te doen vir Yahuwah. Nes Yahuwah Yahushua in die wêreld gestuur het, is ons ook uitgestuur om die Vader se wil te doen. Yahushua het gebid:
Nes Yahuwah Yahushua in die wêreld gestuur het, is ons ook uitgestuur om die Vader se wil te doen.
|
Johannes 17:18 en 20-21 “Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur… 20 En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees. 21 Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo- 21 dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het.
Yahushua se gebed was dat gelowiges in die wêreld mag gaan “nes” (in dieselfde manier) Yahushua in die wêreld gestuur was. Met ander woorde, hulle was deur Yahuwah bemagtig om die wil van Yahuwah te doen. Ons was inderdaad beopdrag “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die hele skepping.” Markus 16:15.
Ter afsluiting, sekere Joodse idiome soos “het in die wêreld gekom” nes dit deur `n Platoniese filter van `n letterlike vooraf-bestaan gesien word, lyk of dit impliseer dat Yahushua in die hemel vooraf-bestaan voor sy koms na die aarde. Maar met die behoorlike Hebraïse raamwerk in plek, sien ons dat hierdie idiome dra `n meer logiese verduideliking en een wat beter pas met die Skriftelike siening van vooraf-bestaan:
1 Petrus 1:20 wat wel [Yahushua] vooraf geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil.
1 Timóthéüs 1:15 Dit is `n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Yahushua in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.
1 Kaleb Cuevas, “Reading Scripture Through the Proper Lens,” Logos.com, July 21, 2015, accessed 04-29-19, https://blog.logos.com/2015/07/reading-scripture-through-the-proper-lens/
2 Kegan A. Chandler, The God of Jesus in Light of Christian Dogma, (McDonough, GA: Restoration Fellowship, 2016), p. 342.
Die Apostoliese Vaders, moet nie verwar word met die apostels van Yahushua nie, was teoloë wie in die eersteen tweede eeue geleef het. Hulle was “apostolies” genoem omdat van hulle gesê was, bekend met een of meer van die twaalf apostels of deur hulle beïnvloed was.
4“God,” Encyclopedia of Ethics and Religion, ed. James Hastings, (Edinburgh: T. & T. Clark, Vol. 6, 1919), p. 254
5Michael Goulder, Incarnation and Myth: the Debate Continued, (Eerdmans, 1979), p. 143.
6“to come into the world,” Merriam Webster’s Dictionary, online accessed 4-28-19 https://www.merriam-webster.com/dictionary/come%20into%20the%20world
7 “Ketuvim,” Encyclopaedia Britannica, accessed 04-17-19, https://www.britannica.com/topic/biblical-literature/The-Ketuvim#ref1096330
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Bron: https://oneGodworship.com/Jesus-came-into-the-world/
Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verderaan, het ons uit die Skrifte aangehaal al die name van die Vader en Seun, vervang soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is – WLC Span