Die Woord Het Vlees Geword? Waarom Johannes 1:14 Nie Sê Dat Yahuwah Mens Geword Het Nie
Hierdie is `n nie- WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuigings. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lesers nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte, ons koester die waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
Vir baie Drie-eniges of diegene wie glo in die “goddelikheid van Christus,” vorm `n paar woorde van Johannes 1:1 gekombineer met `n paar woorde van Johannes 1:14 die, en ek bedoel die #1 bewys dat Yahushua Yahuwah is en dus daarom op `n sekere wyse Yahuwah `n Drie-eenheid is. Johannes 1:1 sê: Die Woord was God,” en dan spring dit af na Johannes 1:14, “Die Woord het vlees geword.” Dis dit. Yahushua is Yahuwah, letterlik.
Maar hierdie artikel sal fokus op die probleme met die “goddelikheid van Christus” se interpretasie van Johannes 1:14.
Jerusalem, ons het `n Probleem
Probleme met die Drie-eenheid en Goddelikheid van Christus Interpretasie van Johannes 1:14
Goddelikheid van Christus interpretasie mag in die eerste plek aanneemlik lyk. Maar, `n noukeriger ondersoek wys dat die interpretasie net `n dun veneer is en dat daar geen substraat agter die veneer is nie. Die “God wat mens geword het” interpretasie is `n verwarrende web van inkonsekwenthede, teenstellings, en leuens.
Die eerste waarneming omtrent die interpretasie van Johannes 1:1 en Johannes 1:14 deur te sê dat “God mens geword het”:
Geen Drie-eenheid
Die woord “God” Theos verskyn omtrent 1320 keer in die Nuwe Testament, wat nooit die Drie-enigheid beteken het nie.
|
Daar word geen Drie -eenheid beskryf in Johannes 1:14 nie (of Johannes 1:1). As jy `n Trinitariër is, en Johannes 1:14 is jou primêre bewys teks vir jou insig van wie Yahuwah is, beter jy verder kyk omdat daar geen Trinitariër God enigsins naby Johannes 1:1 of Johannes 1:14 is nie, of enigsins êrens anders in die Evangelies van Johannes nie. Die woord “God” Theos verskyn byna 1320 keer in die Nuwe Testament, wat nooit Drie-enigheid beteken nie.
So “God” in die Evangelie van Johannes openbaar die Vader, nie `n Drie-eenheid nie. Die skrywer van die Evangelie van Johannes was nie `n Trinitariër nie. Sedert die skrywer van die Evangelie van Johannes nie geglo het dat God `n Drie-eenheid is nie, sal hy uitgesluit word van die meeste “Christen” kerke van vandag en as `n ketter beskou word.
10 Woorde uit 18,000, “Die Tien Woorde”
Die “goddelikheid van Christus” insig in wie Christus is lees te veel in omtrent ¼ van elke vers. Die Griekse teks van Johannes 1:14 het 23 woorde, en die sinsnede waarvan die goddelikheid van Christus se teologie geskep is is baie belangrik, essensiële insig van die karakter van Yahushua bestaan uit vyf woorde.
Goed, ons moet nog 1/3 vers van Johannes 1:1 byvoeg, nog 4 of 5 woorde. So, volgens die goddelikheid van Christus gelowiges, is die deurslaggewendste waarheid waarop jou en my lotsbestemming afhang net omtrent 5 woorde van Johannes 1:1 en nog vyf meer woorde van Johannes 1:14. Van Johannes 1:1, “en die woord was God…” gaan dan oor na Johannes 1:14, “en die woord het vlees geword…” Dis dit. Vergeet wat beide Moses en Yahushua gesê het in die belangrikste gebod, dat Yahuwah een is (Deut. 6:4, Markus 12:29). Vergeet dat Yahuwah regdeur die Wet, Profete, Geskrifte, en Nuwe Testament een is. Hierdie 10 Griekse woorde, vyf geneem uit Johannes 1:1 en vyf uit Johannes 1:14, het verklaar dat God meer as een persoon is.
Dit is die soort interpretasionele metodologie waaruit kulte en mislydings van gemaak is. Die Evangelie van Johannes het oor die 18,000 woorde in die gemiddelde Engelse vertaling. Díe is oor die 184,000 woorde in die Nuwe Testament. Deur te kies en te fokus op `n paar woorde en die konteks van die woorde te ignoreer, kan mens die groot boek van die Bybel laat sê wat jy ookal dit wil laat sê.
Interpretering van die kort sinsnedes in Johannes 1:1 en Johannes 1:14 as beskrywing van `n tweede God, `n “God die Woord” of “God die Seun” of `n “Seun God” “wat mens geword het” `n algehele teenstrydigheid is aan alles wat voorheen in die Bybel gekom het en alles wat agterna kom.
|
Interpretasie van die kort frase in Johannes 1:1 en Johannes 1:14 soos beskrywend van `n tweede God, `n “God die Woord” of “God die Seun” of `n “Seun God” “wat mens word” is `n algehele teenstelling met alles wat voor en na die Bybel was. Daar is geen “God die Seun” in die Bybel nie. Daar is geen “God die Woord” in die Bybel nie. Daar is geen tweede God persoon enige plek in die Boeke van Moses of enige van Israel se profete nie.
Kyk na die verklarings van die apostels van Yahushua in die Boek van Handelinge. Nooit het die apostels gepreek omtrent `n multi-persoon God wanneer hulle omtrent Yahushua gespreek het nie. Hulle het gepreek dat die Messias, die man Yahushua van Nasaret, ter dood veroordeel deur die mense maar weer opgewek was uit die dode deur Yahuwah. (Handelinge 2:22-36, 3:15, 4:10, 5:30, 10:40, 13:30). Luisteraars was gered. Hulle het nooit gehoor of geglo in `n tweede God-persoon, laat staan nog `n Drie-eenheid. Die taal en die idee van `n “God-mens” is vreemd in die Skrifte. Instede daarvan, is die “God-mens” die goed van paganistiese mitologie.
Die Inkarnasie, DIE Grootste Storie NOOIT Vertel
Dit is te betwyfel dat Johannes 1:14 se intensies was om `n inkarnasionele beskrywing van `n voor-af bestaande godheid te wees wat vlees geword het sedert die Evangelie van Johannes nêrens die bevrugting of geboorte van Yahushua beskryf nie. Niks. Daar is nie `n enkele woord omtrent die omstandighede van Yahushua se bevrugting of geboorte nie. Later in hierdie hoofstuk, het die dissipel, Fillipus Yahushua bekendgestel aan Nataniël as die een “van wie Moses in die Wet en ook die profete skryf, Yahushua van Nasaret, die seun van Josef.
Dink hieroor na. Aan die moderne goddelike Christen gelowiges, is die Evangelie van Johannes die leidende Nuwe Testament boek wat veronderstellend ons vertel dat Yahushua verander het, of, menslik geword het. Nogtans, is daar in hierdie Evangelie, geen beskrywing van hierdie veronderstelde belangrike gebeurtenis nie. Die hele teorie wentel om vyf woorde van Johannes 1:14, “so die Woord was (of het) vlees geword.”
Die inkarnasie is die merkwaardigste verhaal nooit vertel nie, ten minste nie in die Bybel nie.
Die Toweragtige Verdwynings Essens, of die Toweragtige Verdwynings Karakter
Drie Persone in Een Essens maar Een Persoon in Twee Karakters
Die Drie-eniges beskryf wie God is deur te sê dat die Drie-eenheid is drie persone in een essens. Dit is hoe drie een kan wees – drie persone in een natuur.
Maar die einste beskrywing van hul God, gegee deur die Drie-eniges, getuig teen hulle kerngeloof dat Yahuwah mens geword het. In die voorsiening van sy beskrywing van die Drie-eenheid, vergeet die Trinitariër dat die essensiële leerstelling getrek uit Johannes 1:1 en 1:14 is dat “God die Woord vlees geword het.”
“Yahushua is drie persone in een essens,” is die aanspraak van die Trinitariër. OK, het dit. Ahh…wag so `n bietjie. Het jy my nie vertel dat Yahushua God is wie menslike vlees geword het nie? Is jou hele geloof nie gebasseer op “God wat mens geword het nie” of God wat die menslike natuur aangeneem het nie?
So, nes `n kulkunstenaar aanpas met vlugheid van die hand, is Trinitarianisme – deur sy eie definisie van wie God is – elimineer die “menslikheid” of die “vlees” van Yahushua die Messias.
|
So, nes `n kulkunstenaar aanpas by die vlugheid van die hand, elimineer Trinitarianisme – deur haar einste definisie van wie God is – die “menslikheid” of die “vlees” van Yahushua die Messias.
Drie-enige wêreld, maak jou besluit. Jy het 1600 jaar gehad. Het God een essens of twee? Net `n minuut, jou God het een essens. Die volgende oomblik, hy (hulle?) het twee essense.
As jy `n Trinitariër is of “godheid van Christus” gelowige, mag ek vra, as God die Seun die vlees aangeneem het, hoeveel nature het die Drie-eenheid? Ek vra nie hoeveel nature “Yahuwah die Seun” het nie, maar hoeveel nature die tri-persoonlike God het? Waarom was die standaard verduideliking vir 1600 jaar dat die Trinitariese God drie persone in een essens is?
As u dink Johannes 1:14 beteken dat Yahuwah vlees geword het, dan het jou Trinitariese God twee nature. Jou teoloë was verkeerd, teenstrydig met hulleself vir honderde jare. Of, is al die “godheid van Christus” teologiese jargon net `n towernaars rookskerm om die vlees van Yahushua Messias te elimineer?
`n Trans-essens Yahuwah
Ek stel voor dat Christene hipokrities is wanneer hulle transgender of lesbiese, of homoseksuele mense veroordeel wie aanspraak maak op `n ander geslag as wat hulle is.
Die transgender persoon gaan deur `n operasie en dring daarop aan: “Ek is nou vroulik,” selfs as hy manlik is.
As `n Trinitariër, dring ek aan dat “God mens geword het.” Dit beteken dat een lid van die tri-persoonlike Yahuwah is trans-natuurlik. Maar selfs as “God die Woord” trans-natuurlik was, dring ek aan dat hy steeds ten volle God en ten volle mens was! Ons “godheid van Christus” maak aanspraak dat “Yahushua twee nature het en selfs verder gaan as die trans-gender aanspraak. Dit sou wees soos `n trans-gender persoon wat daarop aandring: “Ek is ten volle manlike en ten volle vroulik.”
Dis alles `n gruwel vir God Yahuwah en Sy Messias Yahushua van Nasaret.
Christen Trinitariër, is jy nie hipokrities in die veroordeling van transgenders wie aandring hy is vroulik en dat hy aangespreek word in `n vroulike bynaamwoord terselfdertyd nie, jy maak aanspraak daarop dat een van jul tri-persoonlike God lede trans-essens is en dring aan op gebruik van `n enkelvoudige bynaam vir jul tri-persoonlike God?
Geskiedenis is teen jou
Omdat genoeg geskrifte van vroeë heidense “kerk vaders” bewaar was, kan `n historikus ontdek en naspeur hoe en wanneer die idee van `n ewige tweede persoon van die godheid deel van aanvaarde Chrstelikheid geword het.
In die tweede eeu, 100 jaar na Yahushua, was daar geen God in drie persone in die denke van die “kerk vaders” nie.
|
In die tweede eeu, 100 jaar na Yahushua, was daar nie een God in drie persone in die “kerk vaders” se denkwyse nie. Maar, 2de-eeuse kerk vaders het begin om die Griekse filosofiese siening van die Logos (die Woord) aan te neem, beskou as `n sekondêre mindere God, met die aanspraak dat dit die voor-afbestaande Christus was.
Maar, daardie Logos was beskou deur die vroeë Heidense kerk vaders as `n mindere God wie sy oorsprong van die een ware God verkry het. Aan die tweede-eeuse kerk vaders, was die logos, nie mede-gelyk of mede-ewig met die Een Allerhoogste Yahuwah nie.
Selfs die gewilde Niceense Belydenis van AD 325 is nie Trinitaries nie. Neem notisie van die eerste stelling in die Belydenis: Ons glo in een God, die Vader, Skepper van alle sigbare en onsigbare dinge.” Christene in AD 325 het steeds aangedring dat hulle monoteïste was deur klem te lê op die opperheerskappy van die een God, die Vader. Dit was nie tot later in die 4de eeu, eers 350 jaar na Yahushua die Messias in Israel geleef het, dat die Heidense “Christene” in hedendaage Turkye verklaar het dat hulle monoteïste is omdat hulle God bestaan uit drie persone in een essens.
As u dink dat Christene altyd Trinitariërs was of dat Christene Yahushua altyd beskou het as mede-gelyk en mede-ewig met die Vader, is jy nie eerlik met die geskiedenis nie. Meeste Christene, veral Protestante, weet nie baie en gee nie veel om oor die kerk geskiedenis nie. Hulle was vertel dat “Christene altyd geglo het dat Yahushua God is een dat God `n Drie-eenheid is.
Ignoreer die Res van die Evangelie van Johannes.
Interpretering van Johannes 1:1 en 1:14 as Yahuwah wat mens word ignoreer die res van die inhoud van die Evangelie van Johannes.
Die Messias wie Yahuwah Verteenwoordig, nie wie Yahuwah Letterlik Is nie
Die Yahushua van Nasaret van die Evangelie van Johannes is nie letterlik Yahuwah nie maar verteenwoordig, openbaar, en is bemagtig deur Yahuwah. Yahuwah het Yahushua gestuur as Yahuwah se verteenwoordiger, soos Yahushua gesê het, “En wie My aanskou, aanskou Hom wat My gestuur het” (Johannes 12:45).
In hierdie Evangelie, onderskei die skrywer Yahushua van Yahuwah, en Yahushua onderskei homself voortdurend van Yahuwah, bv., 3:16, 8:40, 15:1, 14:1, “Glo in Yahuwah, glo ook in my”. Yahushua is afsonderlik van een persoon van die Godheid en alles van Yahuwah. Byvoorbeeld, Yahushua beskryf homself as “iemand wat jou die waarheid vertel het wat ek van Yahuwah gehoor het” Johannes 8:40.
Vader … en dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Yahushua Christus wat U gestuur het.” (Johannes 17:1-3)
|
In die Evangelie, sê Yahushua, oor en oor, dinge soos, “Ek kan uit Myself niks doen nie, ek doen niks in my eie gesag nie, Ek doen niks in my eie mag nie, Ek doen niks in my eie initiatief nie” (5:30). “My leer is nie my eie nie, maar van Hom wat my gestuur het” (7:16). “Vader … dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Yahushua die Messias wat U gestuur het” (17:1-3).
`n Ewige Yahuwah, selfs as hy “vlees geword” het, sou nooit sulke dinge kwyt geraak het nie.
Waarlik, die godheid van Christus proponente wys na `n handjie vol ander stellings in die Evangelie van Johannes om aanspraak te maak op die “godheid van Christus,” soos “Ek en die Vader is een” (10:30) of “my Here en My God” (20:28). Maar dit neem nie baie denke om die probleme te sien dat hierdie kort “proefteks” interpretasies, van dat daar ander, beter maniere is om hierdie stellings te verstaan. Hierdie “proeftekste.” Deur `n handjie-vol kort stellings uit konteks te neem, ignoreer baie van die Evangelie. Ons moet nie vergeet dat meer as 18, 000 woorde in die Evangelie van Johannes om ons Greco-Bizantynse idee te versterk dat die Joodse Messias `n tweede Yahuwah figuur is wie vlees geword het nie.
Ignorering van die Konteks van die Voorwoord: Konteks, Konteks, Konteks
Insig in Johannes 1:14 as `n verwysing na `n inkarnasie bevrugting en geboorte van Yahuwah is kronologies uit plek uit na Johannes 1:6-13 die mede-bediening van Yahushua en Johannes die Doper opsom.
Die profeet Johannes die Doper het alreeds as `n volwassene die getuienis dat Yahushua die ware lig (1:6-8) was, verkondig. Dit maak nie historiese en letterlike kontekstuele sin om te dink dat na bekendstelling en opsomming van die verhouding en bediening van Yahushua en Johannes die Doper in verse 1-13, dat die skrywer meteens, omswaai na `n paar woorde omtrent die inkarnasie van een persoon van `n tri-persoonlike God nie.
Alle inkarnasie interpretasies van Johannes 1:14 ignoreer dat die mens Yahushua, van wie die Evangelie spreek, verteenwoordig word in `n inleidende en opsommende manier in verse 1-13.
Deur Johannes 1:14 as “Yahushua is Yahuwah” te interpreteer, ignoreer en kontrasteer die volgende paar verse in Johannes se voorwoord, nie die minste van wat die stellings net maar vier verse later dat “Niemand het ooit Yahuwah gesien nie” (1:18). Yahushua was deur duisende mense gesien, maar geeneen het ooit Yahuwah gesien nie.
Ignorering en Kontrastering van die Woorde van Yahushua
Maar wat sê Yahushua? Maak hy ooit daarop aanspraak om Yahuwah te wees? Maak hy ooit daarop aanspraak as “God die Seun”? Sê hy, “Wanneer julle my sien, sien julle God die Seun?”
Die deïste Christus interpretasie van Johannes 1:14 kontrasteer wat beskou kan word as die sentrale tema van die Evangelie en die woorde van Yahushua opgeteken in die einste Evangelie.
|
Nie “God die Seun nie.” Yahushua het gesê wanneer julle hom sien, sien julle die Vader. Die deïste interpretasie van Johannes 1:14 kontrasteer wat beskou kan word as die sentrale tema van die Evangelie en die woorde van Yahushua opgeteken in dieselfde Evangelie. Yahushua openbaar die Vader.
Yahushua sê vir hom: “Hy wat My gesien het, het die Vader gesien…Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie, maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.” (Johannes 14:9-10). Daar is geen “Yahuwah die Seun” in Yauhushua nie. Die God wat in Yahushua verklaar word, is die Vader.
Kontrastering van die Doelstelling van die Skrywer
Interpretering van Johannes 1:1 en 1:14 as Yahuwah wat mens geword het ignoreer die stelling van die outeur van hierdie Evangelie. Die skrywer vertel ons dat die opgetekende tekens dat Yahushua so gedoen het sodat ons glo dat Yahushua die “Messias, die Seun van Yahuwah is” (Johannes 20:31). Seun van Yahuwah is die titel vir die Messiaanse koning gebore uit Dawid. Die outeur vertel ons nie dat hy die tekens opgeteken het sodat ons moet glo dat Yahushua Yahuwah is, of, “God die Seun” nie. Ons moet Johannes 1:14 nie interpreteer as kontrastering van die outeur se gestaafde stelling nie. Dink ons dat ons beter weet as die outeur waarom hy die boek geskryf het?
Dit Raak Erger – Yahushua is Nie `n Menslike Persoon Nie.
Maar die ergste van alle redes dat die godheid van Christus se interpretasie van Johannes 1:14 verkeerd is is omdat die interpretasie verwerp dat Yahushua, die Messias van Nasaret, `n menslike wese is.
Ek weet dat die meeste Christene dit nie besef nie. Indien jy `n Trinitariër is of deïs van Messias gelowige, dink jy klaarblyklik, “Nee, ek ontken nie dat Yahushua `n menslik persoon is nie.” Maar ontken jy. Jy moet net. Anders het jy twee persone wat rondloop in Yahushua. En die kerk het lankgelede reeds vir jou besluit dat Yahushua nie twee persone, maar een persoon is, die ewige goddelike persoon “God die Seun.” Nes die Raad van Chalcedon in Konstantinopel in A.D. 451 verklaar het – omtrent vier honderd jaar na die Joodse Messias Yahushua op aarde was – die menslike en God nature van Yahushua het bestaan “in een Persoon en een Persoonlikheid, nie geplit of verdeel in twee persone nie.”
Dit is baie eenvoudig. Veronderstel daar was net een persoon in Yahushua, en die kerk teoloë en dogma oor die eeue heen het gesê dat een persoon is, die “ewige God persoon”. In daardie geval, is Yahushua nie `n menslike persoon nie.
Die deïs interpretasie van Christus van Johannes 1:14 dring daarop aan dat Yahushua “ten volle” mens is, maar hy is nie `n mens nie.” Of dat “Yahushua ten volle menslik is, maar hy is nie menslik nie.” Is iets “volledig mens” as dit net menslike natuur is en nie `n menslike persoon is nie? Klink sulke spekulasie soos goeie bybelse leerstelling of paganisties Griekse filosofie, of `n fee verhaal?
Ter afsluiting
Wat as daardie vyf woorde in Johannes 1:14 iets anders in Joodse, Hebreeuse konteks beteken het vergelykend tot hoe hulle verstaan was honderde jare gelede later deur Heidene met `n anderste kulturele en filosofiese wyse van denke?
Hoe ons `n vers soos Johannes 1:14 interpreteer hang beduidend af van watter voorafopgestelde idee ons na die teks bring. As, soos Westerse denkende Grieks-Romeinse Bizantynse filosowe, ons dink dat daar so iets soos “nie menslike natuur” is, wat verpersoonlik kan word deur iemand wat nie menslik is nie, mag ons Johannes 1:14 interpreteer op `n wyse hoe tradisionele Christene gedoen het.
Die beste wyse om die boek van Johannes te interpreteer is binne die agtergrond en kultuur van die 1ste-eeuse Judaïsme.
|
Maar ons moet besef dat die beste wyse vir die interpretasie van die boek van Johannes is binne die agtergrond en kultuur van 1 ste-eeuse Judaïsme. Die 1ste-eeuse Joodse outeur het taal en metafore gebruik wat verstaan sou word deur Jode van die 1ste eeu maar kon verkeerd verstaan en her-interpreteer word deur nie-Jode binne die mistieke ryk van die Grieks-Romeinse-Bizantynse wêreld. Johannes skryf nie oor `n mistieke God-Mens nie, maar omtrent die Messias Yahushua van Nasaret, `n menslike persoon wie ter dood veroordeel is en toe opgewek was uit die dood deur sy God, die God van Israel.
In aggenome, al die bogenoemde probleme en teenstrydighede wat ons opgemerk het met die interpretasie van Johannes 1:14 as `n stelling dat “God” mens geword het,” is daar ander wyses om te verstaan wat Johannes 1:14 sê? Kan die skrywer ons vertel dat die Woord, die uitsonderlike wyse hoe Yahuwah kommunikeer, was die menslike wese, die man Yahushua van Nasaret?
“En die naam wat hy genoem was was die Woord van Yahuwah.” Hmmm. Klink bekend.
Die koste vir die interpretasie van Johannes 1:1 en Johannes 1:14 as “God wat mens geword het” elimineer die menslike persoon, Yahushua van Nasaret. Is u seker u wil die koste betaal?
En herinner my weereens, hoeveel nature het die Trinitariese God?
Dit is `n nie-WLC artkel deur Bill Schlegel.
Ons het alle paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die naam van die Vader en die Seun in die Skrif herstel soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is. – WLC Span