Het Christene die Leerstelling van die Drie-eenheid in die Shema gebed ontdek?
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC af kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah, maar ons raai ons lesers nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
Deur Rabbi Tovia Singer
Vraag:
Ek het `n wedergebore Christen-vriend wat my volgende naweek kom besoek. Sy was baie betrokke in Messiaanse Judaïsme (alhoewel sy Heidens is) en ek weet dat sy `n diep gesprek met my sal hê. Ek wil by magte wees om haar intelligent te antwoord. Ek ken presies die een wat sy na my sal gooi en ek sal hulp waardeer met die antwoord. Sy sal praat oor die tyd in die Bybel (kan nie onthou waar dit is) toe hulle `n voorbeeld van die vrugte van die beloofde land saamgebring het. Blykbaar sê dit dat hulle “echad” druiwe gebring het. Die woord “echad”, alhoewel dit na EEN verwys, praat van `n TROS druiwe. As ons dus van Adonai Echad praat, kan ons van drie gode in een praat.
Niks hiervan klink waar vir my nie, maar ek wil goed bekend wees met dit alles. Asseblief help my So Gou As Moontlik. (Sy sal die komende naweek hier aankom!)
Antwoord:
Ek is baie bly dat jy hierdie vraag gevra het; ek is seker dat vele van ons Joodse lesers verbaas sal wees oor jou dilemma. Verbeel jou die verbaasde reaksie van `n Jood wanneer hy ontdek dat sendelinge sy nasionale geloofsbelydenis koester, “Hoor Israel, die Here onse God is `n enige Here” (Hebreeus: echad), om die leerstelling van die Drie-eenheid te bewys. Tot die verrassing van baie, sal Drie-eniges dikwels hierdie allerheiligste gedeelte gebruik wat die eenheid van God verklaar om hul geloof te ondersteun in `n drieledige natuur van God. Die leerstelling van die Drie-eenheid het geen groter vyand as die verklaring in Deuteronómium 6:4 nie. Kom ons ondersoek hierdie verslete sendings argument noukeriger.
Om hul aanspraak te ondersteun dat daar veelvuldige persone binne-in die godheid is, het sendelinge aangedring dat die Hebreeuse woord echad, “een” beteken, aan die einde van Deuteronómium 6:4 beteken nie `n absolute een nie. Maar, redeneer hulle dat hierdie vers net kan dui op `n “kompakte eenheid,” of baie dinge in een. Hulle sal dikwels twee verse aanhaal om hulle veronderstelling te staaf. Die eerste teks aangehaal is: “Daarop het hulle tot by die dal Eskol gekom en daar `n rank met een tros druiwe afgesny, en twee het dit aan `n draagstok gedra; ook van die granate en van die vye.” (Num 13:23).
Die tweede is Genesis 1:5 wat lees: “En dit was aand en dit was môre die eerste dag (echad).”
Uit hierdie verse, dring hulle aan, dat dit duidelik is dat die Hebreeuse woord echad net `n samesmelting van `n getal in een kan beteken.
Alhoewel hierdie bewering so gebrekkig is soos die leerstelling wat dit ondersteun, vir hulle wie `n elemtêre kennis kortkom van die Hebreeuse taal, kan hierdie argument waarlik verwarrend wees.
Die woord echad in die Hebreeuse taal funksioneer in op presies dieselfde wyse as wat die woord “een” in die Afrikaanse taal doen. In die Afrikaanse taal kan dit gesê word, “Daar is vier stoele en `n tafel om een eetkamerstel te maak,” of alternatiewelik, “Daar is net een sent in my hand.” Deur hierdie twee voorbeelde te gebruik, is dit maklik om te sien hoe die Afrikaanse woord “een” of min dinge of baie in een kan beteken, nes in die geval van die eetkamerstel, of een alleen, soos in die geval van die sent.
Alhoewel die Hebreeuse woord “echad” op dieselfde wyse funksioneer, sal Evangeliese Christene nooit bybelse voorbeelde aanbied waar die woord “een alleen” beteken nie. Om dus net skriftelike verse voor te lê soos Genesis 1:5 en Numéri 13:23, skep dit die illusie aan die beginner dat die woord echad op een of ander wyse sinoniem is met `n kompakte eenheid. Natuurlik kan niks verder van die waarheid wees nie. Byvoorbeeld, Deuteronómium 17:6 lees: “Op die verklaring van twee getuies of drie getuies moet die veroordeelde gedood word; hy mag nie gedood word op die verklaring van een getuie nie.”
Prediker 4:8 lees: “Daar is een (echad) allenig sonder `n tweede, ook het hy geen seun of broer nie …”
In bogenoemde twee verse word presies dieselfde Hebreeuse woord gebruik, en dit is duidelik dat die woord echad verwys na een alleen, nie `n “kompakte eenheid” nie. Daar is `n vraag wat onmiddelik die verstand binnegaan: As die Hebreeuse woord vir echad of `n kompakte eenheid of een alleen aandui is, hoe kan mens sê watter definisie gebruik moet word in die studie van die vers? Die antwoord lê in die konteks, wat altyd vasbeslote is. In presies dieselfde wyse wat die woord “een” verstaan word in die Afrikaanse taal, dit is, in die konteks. “Vier stoele en `n tafel maak een eetkamerstel” wat `n kompakte eenheid is, en “Hoor Israel, Yahuwah onse God is een Here” is suiwer monoteïsme.
I thank you for your question, and may the Merciful One guide you in your conversion process.Ek dank u vir u vraag, en mag die Genadige Een jou lei in jou bekerings proses
Opreg die uwe,
Rabbi Singer
Hierdie is `n nie-WLC artikel deur Rabbi Tovia Singer.
Ons het al die paganistiese name van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel verwyder en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die naam van die Vader en Seun in die Skrif herstel soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is – WLC Span