Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite-outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Byble en WLC huidige Bybelse oortuigings. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lesers nie aan om ander werk van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet on snog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC inhoud/episodes, hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester die waarheid meer as die lewe, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
Nommer 1: “Tog is daar vir ons maar een God, die Vader” 1 Kor. 8:6.
Is jy voorbereid om dit te glo? Dit is presies so: “Het ons nie almal een Vader nie? Het een God ons nie geskape nie?” (Mal. 2:10).
Die meerderheid kerke het hierdie monoteïsme verwerp en gesê, “Ons glo in een God, die Vader, Seun en Heilige Gees.” Geen Bybel vers behalwe die een duidelike, blatante korrupsiein 1 Johannes 5:7 (uitsluitende die moderne vertalings), sê dat die een Vader is God, Seun (“Woord”) en Heilige Gees.
Jesus sê in Johannes 17:3 dat “die Vader is die enige, waaragtige God.” Augustine, gesien (verkeerdelik, dink ons) as `n Christen superster teoloog, het hierdie teks vervals, deur die volgorde van die woorde te verdraai, die betekenis te verander, om dit te laat sê dat die Vader en die Seun die enigste waaragtige God is.
Die woord “God” beteken die Vader in die NT omtrent 1300 keer. Die woord “God” in die Bybel het nooit eenkeer Vader, Seun en Heilige Gees beteken nie. Die Een God is beskryf as `n enkele goddelike Persoon, duisende kere, deur enkelvoudige voornaamwoorde: Ek, My, Myself, Myne, U, Uself, Hy, Hom, Sy, Homself.
Die Kerk het haarself in `n dilemma gevind so gou as sy probeer het om die leerstelling van die Godheid van Jesus en die Vader met monotheïsme geharmoniseer het. Want volgens die Nuwe Testament getuienisse, oor die leerstellings van Jesus in verband met die monoteïsme van die OT en Judaïsme, was daar geen element van verandering hoegenaamd nie.
|
Leidende Drie-eniges het die uiterste onlogika van hul leerstelling toegegee. Kardinaal J.H. Newman het gesê dat die naaste wat ons kom aan die artikulasie van die Drie-eenheid is om te “sê dat een ding twee dinge is” (Select Treatises of Athanasius in Controversy with the Arians, 1985, p. 515)
DR. Hey, in sy lesing te Cambridge aangaande die Drie-eenheid het gesê, “Dit mag neig om moderasie te bevorder, en, aan die einde, instemming, indien ons hardwerkend was in al ons geleenthede om ons eie Leerstelling te verteenwoordig [van die Drie-eenheid] as heeltemal onverstaanbaar” (Lectures in Divinity, Vol. 2, p. 253).
Dr. Martin Werner van Bern, Switserland, het die Drie-eenheid regmatig beskryf as kontrasterend: “Die Kerk het haarself in `n dilemma gevind so gou as wat sy probeer het om die leerstelling van die Goddelikheid van Jesus en die Goddelikheid van die Vader te harmoniseer met monoteïsme. Want volgens die NT getuienis, in die leerstelling van Jesus in verband met die monoteïsme van die OT en Judaïsme, was daar geen element van verandering hoegenaamd nie. Markus 12:29ff. doen verslag van die bevestiging van Jesus homself, sonder enige weerlegging, van die supreme monoteïstiese bekentenis van geloof van Israelitiese godsdiens in haar volle vorm…Die middele waardeur die kerk soek om haar ooreenstemming van haar dogma van die Goddelikheid van beide die Vader en Seun te demonstreer, het nog altyd ernstig onseker en kontrasterend gebly.” (Formation of Christian Dogma, 1957, p. 241).
Drie-eniges misluk om die vers hierbo te glo, wat die een God as die Vader beskrywe (1 Kor. 8:6). Om hul verwarring te ondersteun het hulle verder rondborstig gesê dat Jesus is die “een Here,” en dat hy ook God mag wees! Die verdeling van logika was eenvoudig maar net die feit dat Jesus een here is Christus/ Messias wie nie die een Here God is nie. (Ps. 110:1; Lukas 2:11).
Die Woordeboek van Christus en die Evangelies staaf die eenvoudige feit: Aan die mense in die NT, was God die God van die OT, die lewende God, `n Persoon, liefdevol, energiegewend, op soek na die bereiking van `n ewige doel van genade, die bevrediging van sy eie leifevolle natuur…Die monoteïsme van die OT was nooit abstrak nie, omdat die God van de OT nooit `n konsepsie, of `n substansie [essense] was nie, maar altyd `n Persoon” (Deel 1, p. 807).
Murray Harris `n Drie-enige, het gesê: “Dit lyk nie onwettig om `n vraag soos hierdie te stel nie: Na wie het die skrywer van Hebreërs verwys toe hy sê (1:1), ‘Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete’? Dat dit nie deur die Heilige Gees in enige sin hoegenaamd nie is duidelik van die feit dat nog in die OT óf die NT is die Gees uitdruklik “God” genoem word nie. En tenspyte van die feit dat die LXX [Septuagint] ekwivalent van YHVH – kurios [Here] – gereeld toegepas word op Jesus in die NT sodat di tinder `n titel word as `n behoorlike naam, is dit nie moontlik dat o theos [God] in Heb.1:1 Jesus Christs aandui nie, want dieselfde sin (in Grieks) bevat (‘die God wat spreek…) het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun.’ Sedert die skrywer die aaneenlopendheid van die twee fases van goddelike uitspraak beklemtoon (‘God het gespreek …laaste dae tot ons gespreek’), wys hierdie verwysing na `n Seun dar o theos [God] verstaan was as ‘God die Vader.’ [Niemand het ooit gesê ‘God die Seun nie!’]
Later, het die Kerk, na Bybelse tye, finaal haar verstand verloor deur te dreig met verlies van verlossing aan enigeen wie nie onderwerp aan die Drie-ledige definisie van God nie.
|
Dieselfde met die verskil gemaak tussen o theos [God] as die een wie spreek in beide eras [OT en NT] en ‘Seun’ as sy finale middel van spreek wys dat in die gedagte van die skrywer was dit nie `n Die-enige God of Christen teologie wat met die voorouers gespreek het deur die profete. Dit is te sê, want die skrywer van Hebreërs (soos vir alle NT skrywers, kan mens voorstel) ‘die God van ons vaders,’ Yahweh, was geen ander as ‘die God en Vader van onse Here Jesus Christus nie’ (vergelyk Handelinge2:30 en 2:33; 3:13 en 3:18; 3:25 en 3:26; neem ook van 5:30 notisie).
“So `n gevolgtrekking is heeltemal konsekwent met die gewone NT gebruik van o theos [God]. Dit sal onbevoeg wees vir Elohim of YHVH om ooit na die Drie-eenheid te verwys in die OT, wanneer in die NT theos [God] gewoonlik verwys na die Vader alleen en duidelik nooit na die Drie-eenheid nie”1 Dit is waarlik `n konsessie! “God” in die Skrifte het nooit die Drie-ledige God beteken nie!
Die Kerk het later, na Bybelse tye, finaal sy verstand verloor deur te dreig met verlies van verlossing aan enigeen wie nie inval by die Drie-eenheid definisie van God nie. Deur klas te gee oor die Drie-eenheid te Oxford, het Dr. Leonard Hodgson, die Regius professor, `n bietjie humor by die tragiese situasie gevoeg. Hy het geskryf: “Die Athanasiese Geloofsbelydenis is `n baie instruktiewe dokument, want dit wys dat, toe `n poging aangewend was om die Christen geloof te staaf in terme van die metafisiese [filosofie] van die tyd, is al wat gedoen kon word was om `n reeks kontrasteringe neer te stip en te sê dat jy verdoem is indien jy dit nie glo nie [!] … Die eerste indruk geproduseer op die denke deur die aanhoor van hierdie Christen Leerstelling van die Drie-eenheid is dat dit uitsonderlik ongelooflik is.”2
Die waarheid is dat hierdie geloofsbelydenisse die Shema oortree. Vir Jesus, was die Shema die hoof beginsel …Hoe is dit dat as mens inval by Jesus se geloofsbelydenis, kan mens beskou word as `n ketter deur die gevestigde kerk? Hoe is dit dat ons die grootste gebod van almal vernalatig/oortree/gekanseleer het? ‘Die Here onse God is `n enige God’ (Deut. 6:4; Markus 12:29)
Niks van hierdie verwarring, insluitende moord en wanorde en ekskommunikasie sou nodig gewees het, indien no. 1 hierbo geglo was nie! “Vir ons is daar net een God, die Vader” (1 Kor. 8:6).
|
Les Hardin het gesê: ‘Diegene van ons in die Christen geloof het hierdie stelling tradisioneel as `n Drie-enige leerstelling gelees – ons het geglo dat God `n drie-ledigheid is – Vader, Seun en Gees – en hierdie vers weerhou ons daarvan om te glo dat daar drie gode is…Maar kontekstueel, maak dit nie enigsins sin nie, en dit is die teologiese stryd oor die vate drukkers ink wat verspil is.’ Die vermorste ink lyk of dit vervaag in vergelyking met die bloed van die baie lewens wat geneem is omdat hulle staan vir God wat net een en slegs een, die Vader, is.)
“Hardin is reg in bevraagtekening van watter sin daar te vinde is in die gesegde dat God drie-ledig is. Heldhaftige siele deur die eeue het die moed gehad om die logika te bevraagteken. Sommige het gelewe om daaroor te skryf…Sê ons dat die Meester Logikus, die Een van wie alle intelligensie voortkom, wat eintlik waarde gee aan `n onsinnige teorie van wie Hy werklik is? Werklik?”3
Niks oor die verwarring, moord en wanorde en ekskommunikasie, sou nodig gewees het indien no. 1 geglo was nie! “Vir ons is net een God, die Vader” (1 Kor. 8:6).
En niks hiervan sou nodig gewees het indien kerkgangers na Jesus sou geluister het wie gesê het dat “die Here onse God is een Here” (Markus 12:29). Een Here beteken een Persoon. God is een Persoon nes no. 1 hierbo sê. Dit sou genoegsaam gewees het om alle kwessies omtrent wie die een God is, af te handel: “Vir ons is net een God, die Vader”
Hoekom gee jy nie jou ernstige aandag aan wat Jesus gesê het nie, wie maak jy aanspraak op vir wie jy volg, beskryf as “die grootste van alle gebooie”? het Jesus aan die einde van Sy bediening gesê: “Die Here onse God is een Here” (Markus 12:29).
“Een Here” beteken “een Persoon” niks meer nie! (Vra jou drie-jarige!) Om te sê dat God werklik “drie Persone” is, verontagsaam die Skrifte.
|
Dit is presies soos aangehaal uit die Griekse vertaling (LXX) van die Ou Testament en in die Nuwe Testament. “Een Here” beteken een Persoon, niks meer nie! (Vra jou driejarige!) Om te sê dat God werklik “drie Persone” is, verontagsaam die Skrifte. Die vriendelik Joodse skrifgeleerde het die eienste woorde van Jesus verstaan en uitgeleef, dat daar geen ander is behalwe Hy nie.” (= een Persoon, Markus 12:32). Die Joodse skrifgeleerde het sy eie definisie van God gerugsteun, ten volle in ooreenstemming met Jesus, deur Deuteronómium 4:35,39 by te voeg: “En daar is naas Hom nie `n ander nie”
Die geval is dit: Stem jy ooreen met Jesus, of is jou getrouheid aan Jesus en jou definisie van God nie duidelik aan God en die mens nie? Christene moet klink soos Jesus en moet dieselfde gedagtegang het as hy (1 Kor 2:16). Ons stem almal ooreen met die gebed: “Onse Vader” Maar verkondig ons met gelykmatige oortuigings “die Here se geloofsbelydenis,” sy definisie van God en ons “gelofte van samewerking” met God en Sy Messias?
Die stelling van Paulus dat “dat daar net een God, die Vader is” (1 Kor 8:6) herhaal eenvoudig net wat deur Jesus en die Skrifte duisende male bevestig word, dat God `n enkele “Hy, Hom,” is, een enkele, genadevolle Vader. Natuurlik is Jesus die een heer Messias/Christus” honderde male; wat begin met Lukas 2:11. Jesus is die mens Messias” van 1 Timothéüs 2:5, nog een van Paulus se geloofsbelydenis verklarings.
Psalm 110:1 is die mees aangehaalde vers uit die Ou Testament in die Nuwe Testament. Geen wonder dat Jesus, die meester rabbi en onderwyser (Johannes 13:13), onmiddelik voortgaan om sy gewilde laaste vraag te opper omtrent die twee heres in daardie Psalm 110:1. YHVH die Here God, is natuurlik in daardie Psalm die een en enigste Here God, wie `n godspraak aan die tweede heer spreek, die Messias, wie uitdruklik nie God is nie, maar “my [menslike] heer,” nie “my Heer.” Nie. Die hoofletter in die tweede heer van Psalm 110:1 is misleidend; sien RSV, NET, NIV vir die regstelling.
1 Murray Harris, Jesus as God, p. 47, footnote 112.
2 Christian Faith and Practice, p. 78, 80.
3 Barbara Buzzard, “Praying Like Jesus: The Shema,” Focus on the Kingdom, August 2020.
Dit was verkort uit `n nie-WLC artikel geskryf deur Sir Anthony Buzzard
Die name en titels wat WLC oor die algemeen probeer vermy (bv. God, Jesus ens.) was ongeskonde gelaat nes hulle gebruik was deur die skrywer in die oorspronklike artikel, omdat hulle baie dikwels in breër konteks van `n aanhaling gebruik was in `n poging om die valsheid van die drie-enigheidsleerstelling te illustreer. Vir `n verduideliking van waarom WLC die gebruik van “Yahuwah” vir die Vader en “Yahushua” vir die Seun voorstaan, verwys asseblief na die volgende: Waarom Yahuwah en Yahushua Alleenlik.