Verwerping van Goddelike lig deur die SDA Kerk: `n Herhalende verskynsel wat sy lot seël. (Deel 3 van 3)
Die kerk geskiedenis wys `n herhaalde, blatante verwerping van goddelike lig tydens sy vroeë ontwikkeling, wat veroorsaak dat sy nie nuwe lig ontvang nie. |
Hoe die SDA Kerk met Dr. Desmond Ford gehandel het wys duidelik sy afsku vir enige leerstelling wat sy gekoesterde teorieë en mens-gemaakte idees ondermyn. Hulle liefde vir tradisie weeg swaar op teen hul liefde vir die waarheid.
Wie is Dr. Desmond Ford?
Hy was `n invloedryke teoloog en voormalige prediker van die SDA Kerk wie `n sentrale figuur in een van die merkwaardigste teologiese vraagstukke in Adventiste geskiedenis geword het. Die wyse waarop die SDA Kerk hom behandel het, veral rondom die 1980 Glacier View byeenkoms en sy nadraai, was deur sommige geleerdes en sommige binne-in die Kerk self as totaal en al onregverdig en hard beskou.
Dr. Ford het die Adventiste leerstelling van die Ondersoekende Oordeel uitgedaag, die oortuiging dat Christus `n spesiale oordeels fase in die hemelse heiligdom in 1844 begin het. Hy het geargumenteer dat die bybelse grondslag vir hierdie leerstelling (primêr gebaseer op Daniël 8:14 en die “2300 dae”profesie) eksegeties swak en teologies ongegrond was. Saam met die verwerping van die Ondersoekende Oordeel, het hy regverdigheid deur geloof en die finaliteit van Christus se versoening aan die kruis, ondersteun, en dus die behoefte vir `n addisionele ondersoekende oordeels fase in 1844 bevraagteken.
Die ongewilde Glacier View Byeenkoms/Inkwisisie van 1980
Die SDA Kerk het 120 teoloë en administrateurs byeengeroep te Glacier View Landgoed in Colorado om Ford se 991 – bladsy dokument, “Daniel 8:14, die Versoen Dag, en die Ondersoekende Oordeel” te hersien. Baie bywonendes het saam gestem dat Ford wettige geleerde sake ophaal; sommige het selfs aangevoer dat die leerstelling behoefte aan hersiening het. Maar, die leierskap, veral Algemene Konferensie President Neal C. Wilson, was vasbeslote om die tradisionele leerstelling hoog te hou. Weereens het die kerk en sy leierskap tradisie verkies oor egte doktrinale leerstelling wat Vader Yahuwah oor hul pad geskyn het, deur die bediening van Dr. Ford.
Die Abjekte Mishandeling van Dr. Ford te Glacier View
Verskeie deelnemers het later aangedui dat die Kerk leierskap alreeds besluit het om Ford te dissiplineer voor die byeenkoms begin het, en sodoende hom die geleentheid ontsê het om sy posisie te verdedig in die sleutel besprekings.
Slegter nog, net twee maande na Glacier View, was Dr. Ford se ministeriële geloofsbriewe herroep, en was hy onthef van onderrig by Pacific Union College, waar hy `n hoogs gerespekteerde teologie professor was. Die SDA Kerk het nie enige pogings aangewend om `n versoenings proses met Dr. Ford aan te gaan nie.
Die gevolge van hierdie uitval
Die kwessie rondom Dr. Ford het gelei na die verlating van duisende Adventiste, insluitende pastore en leerkragte. Sommige skattings stel voor dat rondom 180 pastore bedank het weens die verwerping van Dr. Ford se leerstellings en die kerk se on-Christelike mishandeling van die hele saak. Baie Adventiste historici en teoloë, selfs diegene wie nie met Ford se teologie saam gestem het nie, het erken dat die proses tekort skiet aan regverdigheid, akademiese integriteit, en pastorale sorg.
Dr. Ford se vrou, Gillian Ford, het `n boek gepubliseer getiteld “Desmond Ford: Hervormer Teoloog, Evangelie Herlewer” wat die emosionele en proffesionele tol wat hierdie behandeling op hul familie gehad het, bekend maak. Hoe is sulke behandeling in lyn met `n kerk wat aanspraak daarop maak dat hulle Yahuwah se oorblyfsel kerk is?
Die Kerk leiers het besluit om Dr. Ford as `n bedreiging te beskou teen sy bestaan eerder as om in geleerde dialoog te gaan, tensy hulle gevind word as verwerping van goddelike lig. Deur sulke handelinge, het hulle die ongewilde verklaring van Kajafas die Hoë Priester weerspieël, met sy woorde, ‘dit is beter vir julle dat een mens sal sterwe, as dat die hele nasie sou omkom.’ Johannes 11:50. Vir die leierskap om die maskerade van die kerk struktuur en sy substansiële instelling te behou, was ver meer belangriker as om slaags te raak in `n teologiese dialoog dat, as dit aanvaar word, dit die rede vir sy bestaan skud. Derhalwe, het die Kerk in bestaan gekom gebaseer op die foutiewe insig van Daniël 8:14. Aanvaarding van Ford se leerstelling sou dus alles waarvoor die Kerk staan tot nil en gener waarde maak en `n dodelike uitdaging opstel teen die onderwysinge en aansprake van Ellen White.
As gevolg hiervan, het die leierskap besluit om nie net Dr. Ford behoorlike proses te ontneem nie maar ook betrek by karakter sluipmoord deur hom te bestempel as `n “eksistensiële bedreiging” wat nodig het om verdruk te word. Verbeel jou `n geleerde wie sy lewe toegewy het aan die hoof evangelie boodskap van geregtigheid deur geloof bestempel as `n “bedreiging.” Die leierskap van die SDA Kerk het besluit om van Dr. Ford `n voorbeeld te maak en om hom te onderdruk, en eens en vir altyd, ander potensiële toekomstige andersdenkendes te waarsku.
Ongelukkig het niemand terwyl steeds werknemers van die SDA Kerk, geen leier tot Dr. Ford se verdediging gekom nie. Eers nadat Leraar William Johnson sy pensioen verseker het, voormalige redakteur van die Advent Review, die volgende erkenning neergepen: “Des Ford was reg omtrent baie dinge. Die kerk skuld hom `n verskoning.”
WLC en Dr. Desmond Ford
Ons is baie dank verskuldig aan Dr. Ford se onwankelbare toewyding aan sy ferm gehoude oortuiginge. Hy het die hoogste prys betaal vir daardie oortuigings; werkssekuriteit, karakter sluipmoord, en die groot druk wat sy tol geëis het oor sy familie soos hulle die swaar hand van die magtige leierskap van `n uitermate welgestelde organisasie alleen in die gesig gestaar het. Hy kon maklik gekompromiteer het met die leierskap om sy werkssekuriteit te beskerm as `n baie gesogte teologie professor en sy pensioen verseker het. Maar sy getrouheid aan die waarheid het swaar opgeweeg teen enige geldelike oorweginge.
Dr. Ford het geweier om te aanvaar dat die siening van Ellen White se interpretasie van die Skrifte goddelike gesag bevat. Terwyl hy Ellen White baie gerespekteer het, het hy haar rol beperk tot `n pastorale posisie.
Hy was `n onbeskaamde Trinitariër. Ons glo dat hy so verdiep was in die teologiese stryd waarin hy betrokke was dat tyd en ruimte nie vir hom beskikbaar was om vir homself die onderwerp van die Godheid te ondersoek nie. Weereens glo ons ferm, dat aan hierdie kant van die ewigheid, sal ons nooit `n platvorm vind wat 100% foutloos is nie [WLC ingesluit]. Die kritiese toets vir ons almal is nie om enige geleentheid te verwerp om ons oortuiginge te ondersoek wanneer nuwe strale van goddelike lig oor ons weg geskyn word nie.
Ons verwerp die “heilige” SDA leerstelling van die Ondersoekende Oordeel met venyn, alle dank veral aan Dr. Ford se werk verskuldig. Niemand het ons gehelp in die Evangelie Boodskap van Geregtigheid deur Geloof soveel soos Dr. Ford nie. Ons sal ewig aan hom dank verskuldig wees.
By WLC, sal ons voortgaan om baie van sy artikels te publiseer wat in lyn is met ons insig van waarheid, veral oor die beeldskone en allerbelangrike onderwerp van Regverdigheid deur Geloof. Kliek hier om na een van ons gunsteling preke te luister oor hierdie onderwerp deur Dr. Desmond Ford, laat in sy lewe gelewer. Hy was verbied om uit SDA preekstoele te preek, maar die magtige Loma Linda Universiteits Kerk het hom uitgenooi, en het hý hierdie klassieke preek gelewer.