Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiging. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah, maar raai ons lesers nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
In Matthéüs 5:19 praat Yahushua Christus van “die minste van hierdie gebooie.” … daar kan geen twyfel wees dat, die hele Tien Gebooie wat in respek en eer deur die mense van die wêreld onderhou word, die Sabbat gebod die minste van die tien is nie. Dit is die minste in terme van die wêreld se agting en respek wanneer vergelyk met die ander nege.
Alhoewel amptelik erken dat die [Sabbat] dag in die Bybel aanbeveel word, dink die Katolieke Kerk dat dit die gesag het om dit te verander.
|
Die Katolieke Kerk dink so min daarvan dat sy glo hulle het die outoriteit om dit geheel en al te verwerp. Alhoewel amptelik erken dat die dag in die Bybel aanbeveel is, het die Katolieke Kerk die gesag om dit te verander. Die Protestantse kerke se regverdiging daarvan is om rondom dit te redeneer in `n verdraaide tegniese, wettige grondslag maar hulle verminder dit eintlik as net seremonieël van aard….
Die wêreld dink nie aan immoraliteit in terme van die Sabbat gebod nie, nóg in terme van die oortreding van die eerste, die tweede, die derde of die vierde gebod nie. Hoeveel mense in die kerk dink aan die oortreding van die vierde gebod in terme van immoraliteit? Nietemin is dit immoreel om die vierde gebod te oortree.
Jakobus verwys ook na die koninklike wet as die wet van vryheid. Dit is duidelik as mense die sewende gebod onderhou, sal dit die wêreld vry hou van owerspel en hoerery. As mense die agste gebod onderhou, sal dit die wêreld vry van diefstal hou. As mense die negende gebod onderhou, sal dit die wêreld vry hou van misleiding. Om Yahuwah se gebooie te onderhou, hou mense vry. As mens die Sabbat onderhou, nes die ander gebooie, lei dit tot vryheid. Dit skep vryheid. Yahuwah se wet is een wat bevry.
In ons sterflike, menslike geaardheid laat ons dink dat die onderhouding van die Sabbat ons teëhou, ons terughou, en ons verhoed om dinge te doen. In sommige gevalle, voel ons selfs gevange daarin. Dit is natuurlike menslike denke, maar nie Yahuwah se denke nie. Dit help ons om te verstaan hoe ons denke geword het. Die Sabbat is `n dag, waarvan die oortreding immoreel is, en die onderhouding daarvan sal vryheid bewerkstellig.
Die Tien Gebooie is `n eenheid. Om een te oortree is om almal te oortree, ongeag van die vlak wat mense dink elke gebod op is.
|
Daar was `n tyd dat `n groep mense, die Fariseërs, teenstrydig met die res van die wêreld, geglo het dat die onderhouding van die Sabbat die allerbelangrikste van alle gebooie was. Hulle het honderde wette uitgedink in `n betekenislose poging om mense te verhoed om dit nie te oortree nie, maar hulle het die doel heeltemal gemis. Omdat hulle Esegiël 20, en ook ander dele van die Bybel goed geken het, het hulle geweet dat die rede vir die Jode se ballingskap was weens Sabbat oortreding. Dus was die hervormings wat onder Esra begin was geneem na radikale uiterstes deur die mense na sy dood. Hulle gevolgtrekkinge, alhoewel begin met goeie bedoelings, was wêrelds, en hul onderhouding van die Sabbat, op hierdie wyse, was net so verkeerd as die liberale neigings wat die meeste van die wêreld teenoor die Sabbat het.
Nóg die Fariseërs nóg meeste van die mense wie gelewe het in hierdie wêreld het ooit Yahuwah se idee vir die Sabbat besef.
Die Tien Gebooie is `n eenheid. Om een te oortree is oortreding van almal, ongeag op watter vlak mense dink elke gebod is. Om die vierde gebod te verontagsaam maak ons net so skuldig en waardig vir die dood as om enige van die ander te oortree. Dit is waar ons moet begin. Dit is nie net `n gebod wat ons net opsy kan sit nie; dit kan nie as van selfsprekend aangeneem word as enige ander van die nege nie. Yahuwah se intensies daarvoor is baie belangrik vir ons lewens.
Dit is `n nie-WLC artikel deur John W. Ritenbaugh
Ons het alle paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun in die Skrifte aangehaal herstel soos hulle oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf was. – WLC Span