Het Christus alle voedsel rein verklaar? Misverstande aangaande Markus 7:19
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah, maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester die waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
Deur te woon in `n eiland nasie, het ek groot geword, nes enige ander kind in ons land, om lief te wees vir ons seekos. Garnale, Krap en Seekat was die norm in ons dieet. `n Maaltyd sonder seekos ten minste een keer per week was ondenkbaar. Met ons land se Hollandse, Portugese & Engelse invloede, het ons ook `n liefde gevind vir vark. Ek was `n liefhebber van Spek en het garnale en seekat gereeld gehad. Ek kon nie dink aan `n lewe sonder Seekos in my dieet nie. Soos ons groot word, was ons vertel dat Yahuwah nou meer liefhebbend is as in die Ou Testament. Hy was uitgebeeld as die “God van Liefde en Genade” in plaas van die Ou Testamentiese weergawe, “God wie `n verterende vuur was.”
Dit het goed uitgewerk vir ons lewens, gemeenskap, en die dieet omdat meeste van wat ons geëet het was wat Yahuwah Sy volk vertel het om nie te eet in die Ou Testament nie (bv., vark, en vis sonder skubbe en vinne, wat garnale, krap, seekat, mossels, kreef, ens., insluit.)
Iets het tot my deurgedring toe ek vir die eerste keer as `n geheel na die Skifte gekyk het, waar geen verse kan teenstrydig wees of `n ander uitkanseleer nie. Beteken dit dat ons steeds kan eet en nie kan eet nie volgens wat Yahuwah in Levitikus 11 gesê het nie? Wat van Paulus se geskrifte? Dit lyk of hy sê dat ons enigiets kan eet, maar wys die Evangelies nie eens dat Messias Yahushua alle voedsel rein verklaar nie?
Voordat ek Paulus aangespreek het, het ek behoefte om te sien of ons Heiland (wie ons behoort te volg) die Voedsel Wette deur Yahuwah gegee, verander het. Die enigste plek waar ek Hom gevind het iets sê na aan “Ons kan enigiets eet wat ons wil” was in Markus 7.
Markus 7:19 was van besonderse belang, daarom het ek deur `n paar Engelse Vertalings van die Bybel gelees. Die meeste van hierdie weergawes sê dat “Yahushua alle voedsel rein verklaar het.” Interessant dat die KJV nie hierdie gedeeltes bevat het nie, terwyl al die ander weergawes dit in hakies het.
- New International Version “Want dit gaan nie in die hart nie maar in die maag, en dan uit die liggaam.” (deur dit te sê, het Yahushua alle voedsel rein verklaar)
- English Standard Version “omdat dit nie die hart nie maar die maag binnegaan, en uitgesit word?” (Sodoende het hy alle voedsel rein verklaar.)
- New American Standard Bible “want dit gaan nie in die hart nie, maar in sy maag, en word uitgeskei?” (Sodoende het Hy alle voedsel rein verklaar.)
- King James Version “omdat dit nie ingaan in sy hart nie, maar in die maag, en dit gaan in die heimlikheid uit en maak al die voedsel rein?”
Waarom het die KJV, een van die ouer vertalings in Engels gemaak in 1611, nie hierdie gedeelte bevat nie? En waarom het die res van die weergawes dit in hakies bevat? Ek het `n interressante stukkie inligting gevind toe ek delf in die kwessie.
Die Oorspronklike Griekse Manuskripte bevat nie “Deur dit te sê, het Yahushua alles rein verklaar” in Markus 7:19 nie.
|
Die Oorspronklike Manuskripte bevat nie “Deur dit te sê, het Yahushua verklaar” in Markus 7:19 nie.
Sommige vertalers het dit later bygevoeg om die verse meer duidelik te maak. Dit was die rede waarom die KJV Bybel nie daardie gedeelte bevat het nie. Omdat dit verduidelik is, moet ek nou seker maak of die besluit deur die Vertalers om (deur dit te sê, Yahushua alle voedsel rein verklaar het)” van waarde was. Of Yahushua duidelik gesê het dat die Voedsel Wette nie meer nodig was nie. Deur te kyk na die konteks van die 7de Hoofstuk van Markus wat lei na vers 19 was essensieël in die maak van die besluit. Kom ons studeer Markus 7, vanaf vers 1, en studeer ons weg af deur die verse onder bespreking.
Markus 7:1-21- Is dit omtrent eet van enige voedsel of eet van voedsel sonder die tradisie van hande was?
Deur Markus 7:1-4 te lees, herken ek dat die verhaal begin met die Fariseërs wat sommige van Yahushua se dissipels beskuldig dat hulle met ongewasde hande brood eet. En dat Markus voortgaan om op te merk hoe die Fariseërs en die Jode nie eet sonder om hul hande te was volgens die “Tradisie van die Oudstes” nie. Hulle eet nie voor hulle nie gewas het na hul koms van die markte nie en het baie tradisies soos was van bekers, potte, koper komme, en tafels.
Sommige sal die Fariseërs assosieer met die Ou Testament en tot die slotsom kom dat hul wassery was uit die Ou Testament Wet van Yahuwah. Maar, loof Yahuwah, ek was bevoorreg om van die Fariseërs te leer en hoe hulle hul Wet en leringe addisioneel gehad het tot Yahuwah se Wet. Dit het die hele verskil gemaak, soos ek verstaan wat Markus bedoel het met “Tradisie van die Oudstes” in vers 3.
In vers 5, vra die Fariseërs Yahushua waarom Sy dissipels nie wandel volgens die “Tradisie van die Oudstes,” deur met ongewaste hande te eet nie.
Yahushua spreek hulle in die volgende verse aan: deur nie te kleef aan die Tradisie van die Oudstes en te eet met ongewaste hande nie.
Hy begin om Jesaja 29:13, aan te haal, wat hul geveinsdheid uitwys, deur te sê dat hulle Yahuwah dien met hul monde, maar hul harte is vér van Hom en dat hulle Hom tevergeefs vereer met hul leringe wat die “Gebooie van Mense is” as “Leerstelling.”
|
In verse 6&7, begin Hy om Jesaja 29:13, aan te haal, wat hul geveinsdheid uitwys, deur te sê dat hulle Yahuwah dien met hul monde, maar hul harte is vér van Hom en dat hulle Hom tevergeefs vereer met hul leringe wat die “Gebooie van Mense is” as “Leerstelling.”
In verse 8-13, bevestig en verduidelik Hy hul fout verder, deur te wys dat hulle Yahuwah se Gebooie opsy sit en vashou aan die Tradisies van Mense, wat was van bekers en potte en ander dinge insluit. Hy sê dat hulle Yahuwah se Gebooie verwerp sodat hulle hul Tradisies kan onderhou en dat hulle Yahuwah se Woord uitkanseleer met Hul Tradisies. Neem notisie hoe Yahushua wys na die verskille tussen Yahuwah se Gebooie en Tradisie van Mense.
Wat is die konteks sover? Is dit voedsel? Of is dit hulle mens-gemaakte tradisies? Handel die hele gesprek nie maar oor die eet van voedsel met ongewaste hande nie, wat die tradisie in fokus was? Laat ons verder lees.
In vers 14 en 15, sê Hy dat niks wat in `n persoon inkom van buite kan hom onrein maak nie. Dit is wat uit `n persoon kom wat hom onrein maak. Wat sê Yahushua as en wanneer ons dit in konteks neem. Sê Hy dat ons nou kan eet wat ons ookal wil?
Wat Yahushua gesê het was nie `n stelling nie maar `n Gelykenis. In vers 17, vra die dissipels wat Hy bedoel het met die Gelykenis.
Nou, kom Hy by die verse onder bespreking. Yahushua antwoord die dissipels in vers 18-23, deur te sê dat wat ookal in die mens ingaan hom nie onrein kan maak nie, maar net dit wat van hom uitgaan, maar net deur sonde wat uitgaan van die binnekant van die mens. Hy sê dat die mens besoedel is deur die sonde inwendig.
Maar sê Hy in dieselfde asem, dat Yahuwah se Voedsel Wette van geen waarde is omdat wat ookal ons eet uitgewerp is deur die maag? Sê dieselfde Yahushua wat die Fariseërs geveinstes genoem het omdat hulle Yahuwah se Wet nietig verklaar het, dat Yahuwah se Voedsel Wette nou nietig verklaar is? Voordat ons oor dit besluit, verkies ek om jou aandag te vestig op Matthéüs 15. In hierdie hoofstuk, doen Matthéüs dieselfde verslag oor die verhaal van Markus 7. (Ek sal nie in bespreking van die hele hoofstuk gaan van die begin nie, deur dit vir jouself te lees sal wys dat dit identies is).
Laat ons lees vanaf Matthéüs 15:15. Net soos in Markus, het die dissipels, Petrus (soos Matthéüs skryf), Yahushua gevra om die gelykenis aan hulle te verduidelik. Yahushua sê dieselfde goed: “Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is díe wat die mens onrein maak.”
Yahushua se hele argument was dat “`n persoon nie onrein word deur met ongewaste hande te eet nie, maar deur die sonde wat uit dieselfde persoon kom.
|
Matthéüs 15: 20 is die Sleutel. Yahushua verduidelik toe vir hulle wat Hy die hele tyd bedoel het. Hy antwoord en sê, “Dit is hierdie dinge wat die mens onrein maak. Maar om met ongewaste hande te eet, maak die mens nie onrein nie.” Verduidelik hierdie enkele vers alles? Wie ookal Markus 17:18,19 gebruik om te sê dat Yahushua ons die vryheid gee om te eet wat ons ookal wil, sal `n harde tyd hê om Matt 15:20 te verduidelik. Yahushua se hele argument was dat “`n persoon nie onrein word deur met ongewaste hande te eet nie, maar deur die sonde wat uit dieselfde persoon kom.
Die feit dat die hele gesprek wentel rondom “eet met ongewaste hande.” Markus 7 en Matthéüs 15 praat van dieselfde geval, en Matthéüs gee verslag van Yahushua se woorde aangaande die saak van “Eet met ongewaste hande.” Daar is geen sprake van Yahuwah se voedsel Wette in hierdie hoofstukke nie, en geen vertaler kan frases invoeg soos “(Deur so te sê, het Yahushua verklaar dat alle voedsel rein is)” met of sonder `n behoorlike begrip van die konteks, nie.
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Bron: https://biblethingsinbibleways.wordpress.com/2013/05/12/did-christ-declare-all-foods-clean-misunderstandings-regarding-mark-719/
Ons het al die paganistiese name van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons in die Skrifte aangehaal al die name van die Vader en Seun herstel soos dit oorspronklik geskryf was deur die geïnspireerde Skrywers van die Bybel. -WLC Span