Keer op keer het ateïste en agnostici die beledigende beskuldiging teen Yahuwah en Sy Woord gemaak, “Die God van die Ou Testament is `n volksmoord maniak! Hy het willekeurig baie nasies verdelg vir geen skynbare rede rede nie! Hy is sekerlik nie `n God van liefde nie!” Waarom het Yahuwah `n onderskeid tussen die nasies gemaak? Waarom het Hy die algehele uitwissing van die Kanaäniete aanbeveel. Om die antwoorde van hierdie baie prominente vraagstuk op te los, moet ons terugkeer na die “dae van Noag.” Hy ken die einde van die begin en is regverdig in al Sy weë!
Verwydering van die dodelike suurdeeg! Daar is `n Fariseër in ons ALMAL.
Openhartige Christene het met verlange uitgesien na die “Laat Reëns”, of die beloofde “verkwikking” van die Heilige Gees wat hulle verwag hulle gereed sal kry om die Luide Geroep net voor die Wederkoms te gee. `n Misgekykte vers in Deuteronómium openbaar dat die “Laat Reëns” iets heeltemal verskillend is as wat verwag was en dat sit alreeds uitgestort word!
Hedendaagse Sabbattariërs dring daarop aan dat Saterdag die Sabbat van die Bybel is omdat hulle glo dat die sewe-dae week sonder onderbreking sedert die Skepping gesirkuleer het. Een rede vir hierdie oortuiging is die feit dat toe die Juliaanse kalender na die Gregoriaanse in 1582 verander is, het geen dae van die week verlore gegaan nie. Donderdag, Oktober 4, 1582, op die Juliaanse kalender was deur Vrydag, Oktober 15, op die nuwe Gregoriaanse kalender gevolg. Daarom, word veronderstel, geen dae “verlore” gegaan het met die transformasie van die Juliaanse na die Gregoriaanse nie, is die moderne week identies met die Bybel se week.
Hierdie artikel verduidelik hoe om die maam – son verbinding te bereken, sonder die hulp van ʼn rekenaar of die hedendaagse tegnologie.
Die mees verstommende en skokende inligting word ontsluier wanneer die identiteit van die Verborge god openbaar gemaak word. Jy sal nooit weer op dieselfde manier kyk na Sondag of Saterdag as jy hierdie artikel gelees het.
Nou, nog meer as ooit tevore, dit is noodsaaklik om al die weë na die siel te bewaak waardeur Satan soek om om te verlei en verstrik.
Dit is Hoog Tyd om Reguit te Handel met Seksuele Sondes. Genade is op die punt om af te sluit. Dit sal baie dwaas wees vir hedendaagse Christene om nie die beskikbare wapens te ontplooi in hul stryd teen seksuele onsedelikheid nie.
Baie onafhanklike evangeliebedieninge het ontstaan om die waarheid te verkondig toe verskeie kerke nie daarin geslaag het om nie vorentoe te beweeg met lig. Dit is tragies, dat die meeste en miskien almal van hierdie kerke op dieselfde manier nie daarin geslaag het om toenemende lig te volg. Die Hemel se oproep aan almal is, om weg te staan van enige organisasie wat toenemende waarheid belemmer.
Veronderstellings is gevaarlik – veral wanneer dit gemaak word op die gebied van godsdiens. As ʼn teologiese geloof gegrond is op ʼn verkeerde veronderstelling, sal die praktyk van geloof in verkeerdheid wees. Die mees gevaarlike veronderstelling in die hart van die Christendom: is dat die hedendaagse 7 dae week se siklus ononderbroke was sedert die Skepping. Alhoewel, die feite van die Juliaanse kalender bewys dat hierdie geloof vals is!
Die Jesuïete Orde was die meesterbreins agter sommige van die grootste misleidings in die geskiedenis. Toevallighede van datums, doelstellings en agendas verbind hulle aan die wêreldwye, moderne bedrog van `n bolvormige aarde. Noukerige ondersoek van die Skrifte, argeologie en geskiedenis, verbind hulle ook aan die laaste bedrog van `n leuen wat oor byna 1,700 jaar strek: die wyd verspreide leuen dat Saterdag die sewende-dag Sabbat van die Bybel is.
Hierdie artikel bevat vele skokkende pouslike verklarings en pouslike dokumente, wat u as Bybel gelowige Christene, dit uiters krenkend, en ontstellend mag vind. Ons vertel die waarheid oor die Katolieke se valse godsdiens omdat ons omgee; ons wil nie hê, dat daar voortgegaan moet word om enige van Sy volgelinge te mislei deur hierdie bose sisteem.
Die Skrif is die onfeilbare kern van die Christen geloof. Dit is die asem van Yah wat ingeasem word, en die padkaart vir die ewige lewe. Almal wat met ʼn opregte hart streef na Yahuwah en Sy geregtigheid, sal dit ʼn gewoonte maak om die Bybel te bestudeer, en hulle toewy om die lewendegewende woorde ingeprent te kry in hulle verstand. Om die studie van Yahuwah se woord te verwaarloos is om die dood te verkies bo die lewe. Dit is baie ernstig, as ons nie in die toenemende lig van Sy woord wandel, en word ons gelaat om te sit in die in die toenemende donkerte van die dood se skaduwee.
ʼn Algemene veronderstelling is dat Saterdag die Bybelse Sabbat moet wees, omdat dit die dag is waarop die Jode aanbid. Joodse geleerdes self, en alhoewel hulle erken dat die kalender wat hulle gebruik nie die Bybelse kalender is.
Baie mense wat begeer om te aanbid op die sewende – dag Sabbat, aanbid op Saterdag omdat dit die sewende dag is van die hedendaagse week. Daar is nou ʼn toenemende aantal van mense wat daarin glo dat die ware sewende – dag Sabbat van die Skrif is die Sabbat volgens die maan, en wat bereken moet word volgens die antieke kalender volgens die maan – son kalender. Deeglike ondersoek is nodig vir almal wat begeer om op die Skepper se sewende – dag sabbat te aanbid. Almal moet hierdie onderwerp deeglik vir hul self bestudeer en kies: Saterdag Sabbat? Of die Sabbat volgens die Maan.
Die Hemel het ʼn onstellende boodskap aan die laaste geslag: “Vrees Yahuwah!” Hier kan jy vind ʼn Bybelse ondersoek wat dit beteken om waarlik Yahuwah te vrees.
Die oorsprong van elke sondige handeling word altyd gevind in een of ander sondige tendens in die hart gekoester. Een sonde wat met rasse skrede oor alle ouderdoms kategorië heen pandemiese afmetings bereik, onder getroude paartjies en enkelinge, is pornografie. Diegene wie toegee aan pornografie bewandel die weg wat eindelik sal eindig in algehele verderf van hul siele.
Die Bybelse Nuwejaar: Word dit bereken deur die rypwording van die koring in Israel?...of word dit bereken deur die Lente – ewening? Bybelse Antwoorde!
Die Skepper is baie spesifiek omtrent die tye vir vasgestelde aanbidding. In die begin het Hy `n tydhoudende sisteem ontwerp, waardeur Sy vasgestelde tye bereken word. Wil jy jou trou aan jou Skepper toewy? Verenig saam met die getroues in die hemel en op aarde. Aanbid jou Skepper op Sy aangewese tye, bereken deur Sy horlosie in die hemele.